Sterrebeeld Kefeus: Sterrebeeld

Kefeus is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim.

Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Kefeus
Sterrebeeld Kefeus: Ruimtevoorwerpe, Mitologie, Verwysings
Latynse naam Cepheus
Genitief Cephei
Afkorting Cep
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 22h
Deklinasie 70º
Grootte 588 vk. grade (27ste)
Kwadrant NQ4
Besonderhede
Hoofsterre 7
Helderste ster Alpha Cephei
Naaste ster Kruger 60
Sterre helderder as 3 m 1
Sterre met planete 1
Messier-voorwerpe 0
Bayer-/Flamsteed-sterre 43
Simboliek Koning Kefeus (Griekse mitologie)
Aangrensende sterrebeelde
Swaan, Akkedis, Kassiopeia, Kameelperd, Draak, Klein Beer
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Ruimtevoorwerpe

Sterrebeeld Kefeus: Ruimtevoorwerpe, Mitologie, Verwysings 
NGC 6946, die Vuurwerk-sterrestelsel.

Gamma Cephei is ’n dubbelster sowat 50 ligjare van die Aarde af. Dit bestaan uit ’n oranje subreusester en ’n rooi dwerg. Vanweë die beweging van die aarde se as (presessie) sal gamma Cephei die noordelike poolster wees tussen die jare 3000 en 5200 n.C. – dit sal omstreeks die jaar 4000 die naaste aan die noordelike hemelpool wees.

Delta Cephei is ’n veranderlike ster waarvan die veranderlikheid in 1784 deur John Goodricke ontdek is. Dit wissel tussen 3,5 mag en 4,3 mag oor ’n tydperk van sowat 5,4 dae.

NGC 188 is ’n oop sterreswerm en is een van die oudstes, asook die naaste een aan die noordelike hemelpool, en die Vuurwerk-sterrestelsel (NGC 6946) is ’n melkweg waarin nege supernovas waargeneem is, meer as in enige ander melkweg. Die newel NGC 7538 huisves die grootste protoster wat nog ontdek is.

Mitologie

Kefeus was in die Griekse mitologie die koning van Aithiopië. Hy was die man van Kassiopeia en die pa van prinses Andromeda, na wie albei ook sterrebeelde genoem is. Kassiopeia is glo in die lug geplaas omdat sy gespog het Andromeda is mooier as die Nereïdes.

Verwysings

  • Ian Ridpath and Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, Londen. ISBN 978-0-00-725120-9. Princeton University Press, Princeton. ISBN 978-0-691-13556-4.
  • Staal, Julius D.W. (1988), The New Patterns in the Sky: Myths and Legends of the Stars (2nd ed.), The McDonald and Woodward Publishing Company, ISBN 0-939923-04-1 

Eksterne skakels

Tags:

Sterrebeeld Kefeus RuimtevoorwerpeSterrebeeld Kefeus MitologieSterrebeeld Kefeus VerwysingsSterrebeeld Kefeus Eksterne skakelsSterrebeeld KefeusPtolemeusSterrebeeld

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Steenkool in Suid-AfrikaWêreld- Ekonomiese ForumSkaapWitbloedselKlimaatveranderingEiffeltoringGordelroosLeestekenDistrik SesVakbondOorstromingKunsmisKuberkrakerNatuurrampLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)RoofvoëlXenofobieSosiale ordeKnopiespinnekopBrasiliëInternetSamestellende afleidingAntoniemKoperOnderhoudBateBewussynGriekwa-AfrikaansWikiLetterkundeKaapse florarykKoolhidraatWaterstofPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaDriedimensioneelAppel23 AprilBywoordGeskiedenis van Suid-AfrikaGesondheidVaginaKrugerwildtuinMadison IvyNiersteenToestand van materieKrokodilChristendomOlimpiese SpeleEtniese groepChemiese reaksieNatuurwetenskapSkoolNierWiskundige terminologiePlae van EgipteMuskeljaatkatEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaPrimêre sektor van die ekonomieApostoliese GeloofsbelydenisDramaOrthopteraRuslandBorskankerLAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidOogproblemeJan-Willem BreureJansenvilleShakaSkildklierWieg van die MensdomMenslike seksuele gedragOranje-VrystaatHipoteseChemiese elementKonflik (proses)🡆 More