Sterrebeeld Perseus: Sterrebeeld

Perseus is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim.

Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit bevat die bekende veranderlike ster Algol (β Per) en die radiant (oënskynlike uitstralingspunt) van die jaarlikse Perseïdes-meteoorreën.

Perseus
Sterrebeeld Perseus: Ruimtevoorwerpe, Mitologie, Verwysings
Latynse naam Perseus
Genitief Persei
Afkorting Per
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 3h
Deklinasie 45º
Grootte 615 vk. grade (24ste)
Kwadrant NQ1
Besonderhede
Hoofsterre 6, 22
Helderste ster Alpha Persei (Mirfak)
Naaste ster GJ 3182
Sterre helderder as 3 m 5
Sterre met planete 7
Messier-voorwerpe 2
Bayer-/Flamsteed-sterre 65
Meteoorreëns Perseïede, September-Perseïede
Aangrensende sterrebeelde
Ram, Bul, Koetsier, Kameelperd, Kassiopeia, Andromeda, Driehoek
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Ruimtevoorwerpe

Alpha Persei (Mirfak) is die helderste ster van die sterrebeeld. Dit is ’n superreus van spektraaltipe F5 Ib met ’n oënskynlike helderheid van 1,79 mag en is sowat 590 ligjare van die Aarde af.

Algol (β Per) is wel nie die helderste ster nie, maar beslis die bekendste een in Perseus. Algol (van die Arabies al-Ghul, wat "monster-ster" beteken) verteenwoordig die oog van die Gorgo Medusa. Dit is die prototipe van ’n hele groep veranderlike sterre. Sy oënskynlike helderheid wissel tussen 2,12 en 3,39 mag met ’n periode van net 2,867 dae. Dit is ’n driedubbele ster, waarvan die helderste komponent van spektraaltipe B8 V is.

Sterrebeeld Perseus: Ruimtevoorwerpe, Mitologie, Verwysings 
Die Perseus-swerm.

NGC 869 en NGC 884 is twee voorwerpe in die naghemel wat met ’n verkyker of teleskoop gesien kan word. Hulle word soms die Dubbelswerm genoem. Albei is sowat 7 000 ligjare van die Aarde en ’n paar honderd ligjare van mekaar af. Die swerm is die eerste keer aangeteken tydens die bewind van die Chinese koning Tsung-K'ang van die Hsia-dinastie (2858-2146 v.C.).

Die spiraalvormige sterrestelsel NGC 1260 bevat die tweede helderste bekende voorwerp in die heelal, die supernova SN 2006gy.

Die Perseus-swerm (Abell 426) is ’n enorme melkwegswerm sowat 250 miljoen ligjare van die Aarde af. Dit is die naaste groot swerm aan die Aarde. NGC 1275, ’n komponent van die swerm, het ’n aktiewe kern wat massiewe borrels produseer wat die sterrestelsel omring. Die Perseus-swerm bevat ook klankgolwe wat daardeur beweeg. Dit word deur die borrels veroorsaak en is die laagste noot wat nog in die ruimte gehoor is: 57 oktawe laer as middel-C. Nog ’n lid van die Perseus-swerm is NGC 1275, wat ’n samesmelting van verskeie sterrestelsels is. Sy aktiewe kern is ’n sterk bron van radiogolwe.

Mitologie

Sterrebeeld Perseus: Ruimtevoorwerpe, Mitologie, Verwysings 
Perseus dra die kop van Medusa die Gorgo, soos uitgebeeld in Urania's Mirror, ’n stel sterrebeeldkaarte wat omstreeks 1825 in Londen gepubliseer is.

In die Griekse mitologie was Perseus die seun van Danaë. Hy is deur koning Poludektes gestuur om Medusa dood te maak – die Gorgo wat so boos was dat almal wat na haar gekyk het, versteen het. Hy het haar in haar slaap doodgemaak en daarna Medusa se kop gebruik om prinses Andromeda van ’n seemonster te red. Hy het ook Poludektes en sy volgelinge met die kop versteen en Diktus die visserman koning gemaak.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Sterrebeeld Perseus RuimtevoorwerpeSterrebeeld Perseus MitologieSterrebeeld Perseus VerwysingsSterrebeeld Perseus BronneSterrebeeld Perseus Eksterne skakelsSterrebeeld PerseusMeteoorreënPerseïdesPtolemeusSterrebeeldVeranderlike ster

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Reg tot ‘n gesonde omgewingVaginale kankerChemiese elementNeerslagSlawernyKartografieLeestekenOnderhoudJudaïsmeKappie (skryfteken)Christiane JaccottetUniegebouHeupVoorvoegselJeugdagBTWWaterstofDesimale breukeWekkerHokkieGeboorteChloorBloedsomloopstelselVoornaamwoordXenofobieLys van Griekse mitologiese figureInligtingNederlandVerenigde KoninkrykCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaLandbou in Suid-AfrikaDoelwitBlourokkeIngrid JonkerMenstruasieMieliestronkDiepaartromboseRonelda KamferDistrik SesPaulus van TarsusAsemhalingItaliëWitbloedselLiefdeMangelontstekingKunsmatige intelligensieSimon PetrusEreksieSimboolLys van elemente volgens simboolVakbondGemeenskapsorganisasieByRooibokGeografie van Suid-AfrikaMeningsverskil oor aardverwarmingEmo AdamsStaatstoelaeJan van TonderAnale seksSlag van BloedrivierKolonoskopieAborsieOogErektiele disfunksieHerfsWeervoorspellingMierRacheltjie de BeerSiya KolisiAtoomKontinentWatersuiweringPolisieMuskietWet op Naturellengrond🡆 More