Magnitude

Magnitude beteken letterlik grootte of omvang.

In sterrekunde word dit gebruik om aan te dui hoe helder ’n ster is. Dit is belangrik om te onthou dat hoe hoër die magnitude, hoe dowwer die ster is. 'n Ster van magnitude 1 is bv. 100 keer so helder as een van magnitude 6, en besonder helder sterre het selfs ’n negatiewe waarde.

Magnitude
Die dubbelster Sirius het ’n magnitude van -1,46

Die (skynbare) helderheid van sterre is in die antieke tyd in getalle aangegee: die helderste sterre het ’n waarde van 1 gekry en die dofste sterre ’n waarde van 6. Later is onderskei tussen die skynbare magnitude (m) van ’n hemelliggaam en die absolute magnitude (M) – laasgenoemde is die helderheid van hemelliggame indien hulle van dieselfde afstand (10 parsek) van die aarde af gesien sou word. Albei waardes is vir lig wat by sigbare golflengtes uitgestraal word.

Die stelsel is ook verfyn sodat die presiese magnitude van ’n ster gemeet kan word. Sterrekundiges kan nou verskille meet van tot ’n honderdste van ’n magnitude. Ons son het byvoorbeeld 'n skynbare magnitude van −26.74, Sirius -1,46, Arcturus -0,04, Aldebaran +0,85, Spica +1,04 en Procyon +0,34. Onder die antieke stelsel sou die laaste vyf almal ’n waarde van 1 kon gehad het. Daarteenoor is die absolute magnitude van Sirius +1.4, en die van ons son +4.8.

Sterre met magnitudes van tussen 1,5 en 2,5 word tweedemagnitude-sterre genoem en die sowat 20 sterre met ’n skynbare magnitude helderder as 1,5 staan bekend as eerstemagnitude-sterre.

Bolometriese magnitude neem die energie in ag wat in alle golflengtes uitgestraal word, dit wil sê oor die hele elektromagnetiese spektrum.

Sigbaar vir
tipiese
menseoog
Skynbare
magnitude
Helderheid
relatief
tot Vega
Getal sterre
helderder as
skynbare magnitude
Ja −1.0 250% 1
0.0 100% 4
1.0 40% 15
2.0 16% 48
3.0 6.3% 171
4.0 2.5% 513
5.0 1.0% 1 602
6.0 0.40% 4 800
6.5 0.25% 9 096
Nee 7.0 0.16% 14 000
8.0 0.063% 42 000
9.0 0.025% 121 000
10.0 0.010% 340 000

Kyk ook

Verwysings

Tags:

SterSterrekunde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MuskietRookgewoonteMateriaalRomeinse RykSonAvbobBrandstofVoorvoegselKlitorisRuan PienaarHematurieAssonansieVoëlWetenskapRoesMaanKangogrotteLeierOopbroninhoudWêreld- Ekonomiese ForumSeekoeiBesnydenisJagluiperdKlavierGrondVerenigde State van AmerikaNasionale lied van Suid-AfrikaSekondêre sektor van die ekonomieBywoordAtoomHeuningbySpeelkaartUniversele Verklaring van MenseregteMantisKlimaatveranderingSkoolSportErosietipesVarkgriepSeisoenWikipediaGeweldEugenetikaKameelperdOlifantKweekhuisgasBloemfontein24 AprilLetterkundeVerenigde KoninkrykKommunikasieAkademiaInleiding tot die genetikaOrthopteraMenslike seksuele gedragFinale OplossingPlae van EgipteBoelieryNasionalismeDigitale en analogiese tydKarpaletonnelsindroomBipolêre gemoedsteuringGloeilampLys van Afrikaanse skrywersSwemHector PietersonChatGPTVrugbaarheidWaterpokkiesGroepsdrukPankreasLewerAardbewingBurgerregteNeo-Nazisme🡆 More