Vega

Vega is die helderste ster in die sterrebeeld Lier (Lyra) en die vyfde helderste ster in die lugruim.

Dit is redelik naby: net 25 ligjare van die Aarde af. Sy Bayer-naam is Alpha Lyrae, afgekort as α Lyr.

Vega
Die ligging van Vega in die sterrebeeld Lier.
Die ligging van Vega in die sterrebeeld Lier.
Sterrebeeld Lier
Bayer-naam α Lyrae
Spektraaltipe A0V
Soort Hoofreeksster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 18h 36m 56,33635s
Deklinasie +38° 47′ 01,2802″
Skynmagnitude (m) 0,03
Besonderhede
Massa (M) 2,135
Radius (R) 2,362
Ligsterkte (L) 0,58
Ouderdom (jaar) 455 miljoen
Temperatuur (K) 9 602
Afstand (ligjaar) 25,04
Ander name
Lucida Lyrae, 3 Lyr, GJ 721, HR 7001, BD +38°3238, HD 172167, GCTP 4293.00, LTT 15486, SAO 67174, HIP 91262
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die ster is al deeglik deur sterrekundiges bestudeer en dit het daartoe gelei dat dit al "die belangrikste ster naas die Son" genoem is. Dit was omstreeks 12000 v.C. die noordelike poolster en sal dit omstreeks 13727 n.C. weer wees, wanneer sy deklinasie +86°14' sal wees. Vega was die eerste ster naas die Son wat gefotografeer is en die eerste waarvan die spektrum gemeet is. Dit was ook een van die eerste sterre waarvan die afstand gemeet is.

Eienskappe

Vega is net sowat ’n tiende so oud soos die Son, maar omdat dit 2,1 keer so groot is, is sy verwagte leeftyd ook net ’n tiende van die Son s’n. Albei sterre is tans naby die middel van hul leeftyd. Vega het ongewoon min elemente met ’n hoër atoomgetal as dié van helium. Daar word vermoed dit is ’n veranderlike ster waarvan die magnitude effens kan wissel. Dit draai vinnig teen ’n spoed van 274 km/s by sy ewenaar. Dit veroorsaak dat die ewenaar uitbult en daarom wissel die temperatuur van plek tot plek, met ’n maksimum by die pole. Van die Aarde af sien ’n mens Vega uit die rigting van een van sy pole.

Gebaseer op die groot mate van infrarooilig wat uitgestraal word, lyk dit of daar ’n stofskyf om die ster is. Dit is waarskynlik die gevolg van botsings tussen voorwerpe in ’n gordel om Vega wat ooreenstem met die Kuiper-gordel in die Sonnestelsel. Onreëlmatighede in die skyf dui ook op die moontlike teenwoordigheid van minstens een eksoplaneet, waarskynlik so groot soos Jupiter, wat om Vega wentel.

Name

Die ster se Bayer-naam is "Alpha Lyrae". Die eienaam, "Vega" (vroeër "Wega"), kom van die Arabiese wāqi‘, "vallende" of "landende" via die frase an-nasr al-wāqi‘, "die vallende arend". In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Vega" vir die ster goedgekeur.

Verwysings

Eksterne skakels

18h 36m 56.3364s, +38° 47′ 01.291″

Tags:

Vega EienskappeVega NameVega VerwysingsVega Eksterne skakelsVegaAardeBayer-naamLier (sterrebeeld)LigjareSterSterrebeeld

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rina HugoKoekie (rekenaarwetenskap)NarkoseGlenys LynneGeelslangKnieVaginale kankerGeskiedenis van erotiese afbeeldingsBela-BelaKarpaletonnelsindroomBynierNigerBahreinMarkenJoaquin PhoenixAustraliëInnes en Franna BenadéAnrich HerbstPous Gregorius XVIWortelWoordKoppeltekenAreolaAnilingusTheodore RooseveltBrjansk-oblastWayback MachineDoziErica BoyerAmerikaanse BurgeroorlogLouis Trichardt, LimpopoJapanSeeWillie JoubertThe SimpsonsKrimpvarkieCharles DickensEwenaarChirurgieHerpes simplexWiskundige terminologieSponsdierHoenderrasseKhanyi MbauOeigoerePeniskankerKekerertjieVisGoddelike KomedieNarsismeWladimir WisotskiSelfbeeldLourierboomArgeologieLandbouWikimedia-stigtingFidjiNew OrleansDeon GrootPaasfeesValéry Giscard d’EstaingHomoTallinnRomeinse RykRanger 5Kommunistiese Party van die SowjetunieGodsdiensPokkeNederlandse WikipediaLys van hoërskole in die Wes-KaapGesinsdagTale in Suid-AfrikaMediaWiki🡆 More