Sirius

Sirius is die helderste ster aan die naghemel en in die sterrebeeld Groot Hond (Canis Major).

Met sy skynbare helderheid van -1,46, is dit byna twee keer so helder as Canopus, die tweede helderste ster. Die naam Sirius is afgelei van die Antieke Griekse Σείριος (seirios: "gloeiend" of "skroeier"). Dit word ook Alpha Canis Majoris (α CMa) genoem. Wat vir die blote oog soos ’n enkele ster lyk, is inderwaarheid ’n dubbelster – dit bestaan uit ’n wit hoofreeksster van spektraaltipe A1V, genoem Sirius A, en ’n dowwe witdwerg van spektraaltipe DA2, genoem Sirius B. Die afstand tussen die twee sterre wissel tussen 8,1 en 31,5 AE.

Sirius
So lyk Sirus aan die nagruim.
So lyk Sirus aan die nagruim.
Sterrebeeld Groot Hond
Bayer-naam α Canis Majoris
Spektraaltipe A0mA1 Va / DA2
Soort Dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 6h 45m 8,9173s
Deklinasie -16° 42′ 58,017″
Skynmagnitude (m) −1,47 / 8,3
Besonderhede
Massa (M) 2,02 / 0,978
Radius (R) 1,711 / 0,0084
Ligsterkte (L) 25,4 / 0,026
Ouderdom (jaar) 2–3 × 108
Temperatuur (K) 9 940 / 25 200
Afstand (ligjaar) 8,6
Eienskappe
Veelvoudigheid Dubbelster
Ander name
Stelsel: Hondster, 9 Canis Majoris (9 CMa), HD 48915, HR 2491, BD −16°1591, GCTP 1577.00 A/B, GJ 244 A/B, LHS 219, ADS 5423, LTT 2638, HIP 32349.
B: EGGR 49, WD 0642-166
Sirius
Sirius
Die ligging van Sirius (in die rooi sirkel).
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Oorsig

Sirius lyk helder vanweë beide sy helderheid en sy nabyheid aan die Aarde. Op ’n afstand van 8,6 ligjare is die Sirius-dubbelster een van die naaste sterre aan die Aarde. Dit beweeg geleidelik nader aan die Sonnestelsel en sal dus oor die volgende 60 000 jaar algaande helderder word. Daarna sal dit wegbeweeg, maar dit sal steeds vir die volgende 210 000 jaar die helderste ster aan ons naghemel wees.

Sirius A se massa is omtrent twee keer dié van die Son en dit het ’n absolute magnitude van 1,42. Dit is 25 keer so helder soos die Son, maar sy ligsterkte is nie so groot as ander helder sterre soos Canopus of Rigel nie. Die stelsel is tussen sowat 200 en 300 miljoen jaar oud. Dit het oorspronklik uit twee blouerige sterre bestaan. Die een met die grootste massa, Sirius B, het sy gas opgebruik en ’n rooireus geword voordat dit sy buitenste lae verloor, ingeplof en sowat 120 miljoen jaar gelede ’n witdwerg geword het.

Sirius word ook soms die Hondster genoem omdat hy so prominent in die sterrebeeld Groot Hond is. Sy herverskyning aan die horison ná ’n afwesigheid van 70 dae het in Antieke Egipte die oorstroming van die Nyl aangedui en in Antieke Griekeland die warm dae met die hoogste humiditeit. In die Suidelike Halfrond was dit die begin van die winter vir die Polinesiërs. Dit was vir laasgenoemde ook ’n belangrike ster vir navigasie op die Stille Oseaan.

Sigbaarheid

Sirius 
Foto deur Hubble, met die witdwerg links onder.

Sirius is van byna elke bewoonde gebied op aarde sigbaar, met net mense in dele noord van 73 grade wat dit nie kan sien nie. Dit styg egter nie hoog soos gesien van sommige noordelike stede nie – byvoorbeeld net tot 13° bo die horison in Sint Petersburg.

Vroeg in Julie in die Suidelike Halfrond kan Sirius beide in die aand gesien word wanneer dit ná die Son ondergaan en in die oggend wanneer dit voor die Son opkom. Vanweë presessie en eiebeweging sal Sirius ál verder suid beweeg. Vanaf 9000 n.C. sal dit nie meer van Noord- en Sentraal-Europa af sigbaar wees nie en in 14000 n.C (wanneer Vega naby die Noordpool is) sal sy deklinasie -67º wees en dus permanent sigbaar in Suid-Afrika en die grootste dele van Australië.

Sirius kan ook in daglig gesien word onder gunste sigtoestande. Die lug moet baie helder wees en die waarnemer op ’n aansienlike hoogte, die ster moet oorhoofs verbybeweeg en die Son moet laag teen die horison wees. Dit is makliker sigbaar in die Suidelike Halfrond vanweë die ster se suidelike deklinasie.

Vanweë die wentelbaan-beweging van die twee sterre is hul naaste afstand van mekaar (periastron) 3 boogsekondes en die verste afstand (apastron) 11 boogsekondes. Wanneer hulle op hul naaste aan mekaar is, is uitstekende sigtoestande en ’n goeie teleskoop nodig om hulle van mekaar te onderskei. ’n Periastron het in 1994 plaasgevind en die sterre het sedertdien verder van mekaar af beweeg, dus is dit nou weer makliker om hulle met ’n teleskoop te onderskei.

Name

Die ster se Bayer-naam is "Alpha Canis Majoris". Die eienaam, "Sirius", kom van die Latynse sīrius, wat weer kom van die Griekse σείριος (seirios, "gloeiend" of "skroeier"). ’n Skakel met die Egiptiese god Osiris is ook al voorgestel. In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) dié naam vir die ster goedgekeur.

Verwysings

Eksterne skakels

06h 45m 08.9173s, −16° 42′ 58.017″

Tags:

Sirius OorsigSirius SigbaarheidSirius NameSirius VerwysingsSirius Eksterne skakelsSiriusAECanopusDubbelsterGrieksGroot Hond (sterrebeeld)HoofreeksMagnitudeSpektraaltipeSterSterrebeeldWitdwerg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerkleurmannetjieKonsentrasiekampKlimaatsverandering in Suid-AfrikaTrevor NasserBoelieryCleopatra VIIPretoriaGevolge van aardverwarming op oseaneMondVersamelnaamMuishondEkonomiese sektorKameelperdTatoeëermerkWynand StrydomVrymesselaryApostoliese GeloofsbelydenisSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieGetalWebblaaierHoofstadVlag van Suid-AfrikaDoelwitNicola HanekomJesus van NasaretSeksposisieElektrisiteitsvoorsieningSikloonWêreld- Ekonomiese ForumLieweheersbesieMaatskaplike verantwoordelikheidLika BerningSuikerbekkiesGautengGroot DepressieMiddeloorontstekingArmoedeverligtingAborsie in Suid-AfrikaNelson MandelaRenteHeidelberg, GautengNylrivierLys van Suider-Afrikaanse soogdiereWerkloosheidOopbroninhoudModeontwerpLuislangeBreinvliesontstekingCristiano RonaldoLys van elemente volgens simboolKoolhidraatSatellietfotoAprilSelfoonPseudowetenskapIngrid JonkerMonopolieVoëlAgtervoegselHibernasieEmfiseemGawes van die Heilige GeesVingerseksWindEjakulasieApartheidSharpeville-slagtingVoorvoegselHoofkarakterSuid-Afrikaanse WeermagGrondsoorteGasAtoomDagga🡆 More