Die Rooikat (Latyn: Lynx) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim wat in die 17de eeu deur Johannes Hevelius geskep is.
Dit is ’n baie dowwe sterrebeeld waarvan die helderste sterre ’n sigsag-lyn vorm.
Rooikat | ||||
Latynse naam | Lynx | |||
Genitief | Lyncis | |||
Afkorting | Lyn | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 8h | |||
Deklinasie | 45º | |||
Grootte | 545 vk. grade (28ste) | |||
Kwadrant | NQ2 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 4 | |||
Helderste ster | Alpha Lyncis (α Lyn) | |||
Naaste ster | LHS 1963 | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 5 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 42 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Groot Beer, Kameelperd, Koetsier, Tweeling, Kreef, Leeu (hoek), Klein Leeu | ||||
|
Die enigste ster in die konstellasie met ’n naam is Alsciaukat, van die Arabiese woord vir "doring". Dit is ook bekend as 31 Lyncis of κ Lyncis.
Die sterreswerm NGC 2419, ook bekend as die Intergalaktiese Swerwer, is een van die verstes van die Aarde af. Dit lyk of dit in ’n wentelbaan om die Melkweg is – een omwenteling duur drie miljard jaar.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Rooikat (sterrebeeld), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.