Die Plaaslike Groep is die groep sterrestelsels wat ons Melkweg insluit.
Dit bestaan uit meer as 50 stelsels (insluitende dwergsterrestelsels) en sy swaartekragmiddelpunt lê iewers tussen die Melkweg en die Andromeda-sterrestelsel. Die sterrestelsels van die Plaaslike Groep het ’n deursnee van 10 miljoen ligjare en ’n geraamde massa van 1,29±0,14 ×1012 sonmassas (M☉). Die groep is deel van die Plaaslike Superswerm, ook genoem die Virgo-superswerm.
Die grootste twee lede van die groep is die Melkweg en die Andromeda-sterrestelsel, albei spiraalvormige stelsels met ’n eie stelsel satellietgalaktikas.
Die ander lede van die groep is wat swaartekrag betref afgesonder van hierdie groot subgroepe: IC 10, IC 1613, Phoenix-dwerg, Leo A, Tucana-dwerg, Cetus-dwerg, Pegasus-dwerg, Wolf-Lundmark-Melotte, Aquarius-dwerg en Sagittarius-dwerg.
Die term "Plaaslike Groep" is die eerste keer deur Edwin Hubble gebruik in hoofstuk VI van sy boek The Realm of the Nebulae. Hy het aanvanklik 12 lede van die groep genoem, maar teen 2003 het dit tot 36 toegeneem nadat feitlik twee dosyn sterrestelsels met ’n lae ligsterkte ontdek is.
Spiraalvormige sterrestelsels | |||
---|---|---|---|
Naam | Soort | Sterrebeeld | Notas |
Andromeda (M31, NGC 224) | SA(s)b | Andromeda | Grootste lid van die groep. Het dalk ’n kleiner massa as die Melkweg. |
Melkweg | SBbc | Tweede grootste, maar het dalk grootste massa. | |
Triangulum (M33, NGC 598) | SA(s)cd | Driehoek | Derde grootste, moontlik satelliet van Andromeda. |
Ovaalvormige sterrestelsels | |||
Naam | Soort | Sterrebeeld | Notas |
M110 (NGC 205) | E6p | Andromeda | Satelliet van Andromeda |
M32 (NGC 221) | E2 | Andromeda | Satelliet van Andromeda |
Onreëlmatige sterrestelsels | |||
Naam | Soort | Sterrebeeld | Notas |
Wolf-Lundmark-Melotte (WLM, DDO 221) | Ir+ | Walvis | |
IC 10 | KBm of Ir+ | Cassiopeia | |
Klein Magellaanse Wolk (SMC, NGC 292) | SB(s)m pec | Toekan | Satelliet van Melkweg |
Canis Major-dwerg | Irr | Groot Hond | Satelliet van Melkweg |
Pisces-dwerg (LGS3) | Irr | Visse | Satelliet van Triangulum? |
IC 1613 (UGC 668) | IAB(s)m V | Walvis | |
Phoenix-dwerg | Irr | Feniks | |
Groot Magellaanse Wolk (LMC) | Irr/SB(s)m | Swaardvis | Vierde grootste lid van die groep, satelliet van Melkweg |
Leo A (Leo III) | IBm V | Leeu | |
Sextans B (UGC 5373) | Ir+IV-V | Sekstant | |
NGC 3109 | Ir+IV-V | Noordelike Waterslang | |
Sextans A (UGCA 205) | Ir+V | Sekstant | |
Ovaalvormige dwergsterrestelsels | |||
Naam | Soort | Sterrebeeld | Notas |
NGC 147 (DDO 3) | dE5 pec | Cassiopeia | Satelliet van Andromeda |
Sagittarius-dwerg | IB(s)m V | Boogskutter | |
NGC 6822 (Barnard se Sterrestelsel) | IB(s)m IV-V | Boogskutter | |
Pegasus-dwerg (DDO 216) | Irr | Vlieënde Perd | |
Sferoïdale dwergsterrestelsels | |||
Naam | Soort | Sterrebeeld | Notas |
Boötes I-dwerg | dSph | Veewagter | |
Cetus-dwerg | dSph/E4 | Walvis | |
Canes Venatici I en II | dSph | Jaghonde | |
Andromeda III | dE2 | Andromeda | Satelliet van Andromeda |
NGC 185 | dE3 pec | Cassiopeia | Satelliet van Andromeda |
Andromeda I | dE3 pec | Andromeda | Satelliet van Andromeda |
Sculptor-dwerg (E351-G30) | dE3 | Beeldhouer | Satelliet van Melkweg |
Andromeda V | dSph | Andromeda | Satelliet van Andromeda |
Andromeda II | dE0 | Andromeda | Satelliet van Andromeda |
Fornax-dwerg (E356-G04) | dSph/E2 | Oond | Satelliet van Melkweg |
Carina-dwerg (E206-G220) | dE3 | Kiel | Satelliet van Melkweg |
Antlia-dwerg | dE3 | Lugpomp | |
Leo I-dwerg (DDO 74) | dE3 | Leeu | Satelliet van Melkweg |
Sextans-dwerg | dE3 | Sekstant | Satelliet van Melkweg |
Leo II-dwerg (Leo B) | dE0 pec | Leeu | Satelliet van Melkweg |
Ursa Minor-dwerg | dE4 | Klein Beer | Satelliet van Melkweg |
Draco-dwerg (DDO 208) | dE0 pec | Draak | Satelliet van Melkweg |
Sagittarius-dwerg | dSph/E7 | Boogskutter | Satelliet van Melkweg |
Tucana-dwerg | dE5 | Toekan | |
Cassiopeia-dwerg (Andromeda VII) | dSph | Cassiopeia | Satelliet van Andromeda |
Pegasus-dwerg (Andromeda VI) | dSph | Vlieënde Perd | Satelliet van Andromeda |
Ursa Major I- en Ursa Major II-dwerg | dSph | Groot Beer | Satelliet van Melkweg |
Identifikasie onseker | |||
Naam | Soort | Sterrebeeld | Notas |
Virgo-sterrestroom | dSph (oorblyfsel)? | Maagd | Besig om met die Melkweg saam te smelt |
Willman 1 | Dwergsterrestelsel of sterreswerm? | Groot Beer | 147 000 ligjare ver |
Andromeda IV | Irr? | Andromeda | Waarskynlik nie ’n sterrestelsel nie |
UGCA 86 (0355+66) | Irr, dE of S0 | Kameelperd | |
UGCA 92 (EGB0427+63) | Irr of S0 | Kameelperd | |
Moontlike nie-lede | |||
Naam | Soort | Sterrebeeld | Notas |
GR 8 (DDO 155) | Im V | Maagd | |
IC 5152 | IAB(s)m IV | Indiër | |
NGC 55 | SB(s)m | Beeldhouer | |
Aquarius-dwerg (DDO 210) | Im V | Waterdraer | |
NGC 404 | E0 of SA(s)0- | Andromeda | |
NGC 1569 | Irp+ III-IV | Kameelperd | |
NGC 1560 (IC 2062) | Sd | Kameelperd | |
Camelopardalis A | Irr | Kameelperd | |
Argo-dwerg | Irr | Kiel | |
ESO 347-8 (2318–42) | Irr | Kraanvoël | |
UKS 2323-326 | Irr | Beeldhouer | |
UGC 9128 (DDO 187) | Irp+ | Veewagter | |
Sextans C | |||
Voorwerpe in die Plaaslike Groep wat nie meer as sterrestelsels beskou word nie | |||
Naam | Soort | Sterrebeeld | Notas |
Palomar 12 (Capricornus-dwerg) | Steenbok | ’n Sterreswerm voorheen ingedeel as ’n dwergsterrestelsel | |
Palomar 4 (oorspronklik Ursa Major-dwerg) | Groot Beer | ’n Sterreswerm voorheen ingedeel as ’n dwergsterrestelsel |
Die Aarde se posisie in die heelal |
---|
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Plaaslike Groep, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.