Sterrebeeld Jaghonde: Sterrebeeld

Die Jaghonde (Latyn: Canes Venatici) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim.

Dit is in die 17de eeu deur Johannes Hevelius geskep. Dit word dikwels in illustrasies uitgebeeld as die honde van die Veewagter, ’n aangrensende sterrebeeld.

Jaghonde
Sterrebeeld Jaghonde: Geskiedenis, Ruimtevoorwerpe, Verwysings
Latynse naam Canes Venatici
Genitief Canum Venaticorum
Afkorting CVn
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 13h
Deklinasie -40º
Grootte 465 vk. grade (38ste)
Kwadrant NQ3
Besonderhede
Hoofsterre 2
Helderste ster Cor Caroli (α CVn)
Naaste ster DG Canum Venaticorum (DG CVn)
Sterre helderder as 3 m 1
Sterre met planete 3
Messier-voorwerpe 5
Bayer-/Flamsteed-sterre 21
Meteoorreëns Canes Venaticids
Aangrensende sterrebeelde
Groot Beer, Veewagter, Berenike se Hare
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Geskiedenis

Die sterre van die Jaghonde is nie helder nie. In die klassieke tyd het Ptolemaeus hulle in die sterrebeeld Groot Beer ingesluit. In die Middeleeue is die honde as die Veewagter se honde geïdentifiseer weens ’n verkeerde vertaling van die woord "knuppel". (Sekere sterre van die Veewagter is aanvanklik geïdentifiseer as die Veewagter se knuppel.)

Johannes Hevelius was in die 17de eeu die eerste sterrekundige wat besluit het om dié sterre ’n afsonderlike sterrebeeld te maak. Hy het die noordelike hond Asterion ("klein ster") en die suidelike hond Chara ("vreugde") genoem. Hy het hulle is sy steratlas as die Jaghonde aangedui.

Ruimtevoorwerpe

Sterrebeeld Jaghonde: Geskiedenis, Ruimtevoorwerpe, Verwysings 
Die Draaikolk-sterrestelsel en sy kleiner metgesel, NGC 5195, in die sterrebeeld Jaghonde.

Die sterrebeeld bevat geen helder sterre nie; α en β CVn is net 3 en 4 mag onderskeidelik. Die helderste ster is Cor Caroli (α² CVn), wat genoem is na Karel I, die afgesette koning van Engeland. La Superba (Y CVn) is ’n veranderlike ster wat in 158 dae wissel tussen 4,7 en 6,2 mag.

Die Jaghonde bevat vyf Messier-voorwerpe, insluitende vier sterrestelsels. Een van die bekendstes is die Draaikolk-sterrestelsel (M51 of NGC 5194), ’n spiraalstelsel 37 miljoen ligjare van die Aarde af. Dit word dikwels beskou as een van die mooiste sigbare galaktikas. Dit het baie stervormende streke en newels in sy arms wat hulle pienk en blou verkleur in teenstelling met die ouer, geel kern. M51 het ’n kleiner metgesel, NGC 5195, wat baie min stervormende streke het en dus geel vertoon. Dit beweeg agter M51 verby en kan die rede wees vir die groter sterrestelsel se ontsaglike stervorming.

Messier 94 (of NGC 4736) is ’n sterrestelsel sowat 15 miljoen ligjare ver. Dit het ’n helder kern en spiraalvormige arms. Die buitestreke van die stelsel is besonder helder in die ultraviolet vanweë ’n ring van nuwe sterre om die kern wat 7 000 ligjare in deursnee is.

Sterrebeeld Jaghonde: Geskiedenis, Ruimtevoorwerpe, Verwysings 
Y Canum Venaticorum, 'n halfreëlmatige wisselster, staan ook bekend as La Superba weens die sonderlinge kleur daarvan. Dit is een van die rooiste sterre bekend, en een van die helderste rooireus-koolstofsterre.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Sterrebeeld Jaghonde GeskiedenisSterrebeeld Jaghonde RuimtevoorwerpeSterrebeeld Jaghonde VerwysingsSterrebeeld Jaghonde Eksterne skakelsSterrebeeld JaghondeJohannes HeveliusLatynSterrebeeldVeewagter (sterrebeeld)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HokkiePaarl GimnasiumWet op NaturellengrondVarkSpysverteringstelselKolonoskopieWapen van Suid-AfrikaOranjerivierDepressie (gemoedstoestand)Slag van BloedrivierSeksposisieKrieketVioolBeeldspraakKriekSwartrenosterLys van medisinale kruieSmaakVierde Industriële RevolusieAprilCovid-19-pandemieJohn Samuel SchlesingerSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Leah van NiekerkGoogleLenteKnysnaRob HersovDeon GrootVolstruisErosietipesDieregeluideNelson MandelaLys van NG gemeentesKoos du PlessisAfrikaanse WikipediaSuider-AfrikaSuid-Afrikaanse randMynbouVoornaamwoordNatuurCeresJagluiperdKlimaatsverandering in AfrikaEugenetikaTandbederfWet op Bantoe-onderwysVerkoueAfrikaanse Taalmonument (Welkom)KarakteriseringBybelDriedimensioneelGesonde dieetEben EtzebethSokkerKoerantMadison IvyKlem-in-die-kaakVryheidsmanifesTrigeminale neuralgieVaginaBestaansboerderyToerismeBlack SashEendbekdierWaterbesparing in Suid-AfrikaNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyBywoordStaatstoelaeWaterstofMusiekElon MuskDesmond TutuGeografie van Suid-Afrika🡆 More