Ceres

Ceres is 'n groot dorp aan die Dwarsrivier in die Warm Bokkeveld, 127 km noordoos van Kaapstad, 16 km vanaf Wolseley en 10 km vanaf Prince Alfred Hamlet.

Ceres pronk daarnaas ook met die grootse vrugteverpakkingsfabriek in die Suidelike Halfrond.

Ceres
Ceres se hoofstraat in die winter
Ceres se hoofstraat in die winter
Ceres is in Wes-Kaap
Ceres
Ceres
Ceres Ceres se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°22′S 19°19′O / 33.367°S 19.317°O / -33.367; 19.317 19°19′O / 33.367°S 19.317°O / -33.367; 19.317
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikKaapse Wynland
MunisipaliteitWitzenberg
Stigting1854
Oppervlak
 • Totaal80,7 km2 (31,2 vk. myl)
Hoogte
450 m (1 480 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal33 224
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense8.5%
 • Indiërs/Asiërs0.4%
 • Bruin mense61.4%
 • Swart mense28.7%
 • Ander1.0%
Taal (2011)
 • Afrikaans 70.2%
 • Xhosa 23.0%
 • Sotho 2.9%
 • Engels 2.1%
 • Ander 1.9%
Skakelkode023

Ceres is die tweede belangrikste dorp in die Breederivierstreek na Worcester en die administratiewe en ekonomiese sentrum van die Witzenberg Plaaslike Munisipaliteit. Baie mense beskou dit as een van die mooiste kleiner dorpe in Suid-Afrika.

Geskiedenis

Die dorp is in 1854 deur Jan Frederick Munnik gestig en dit word 'n munisipaliteit in 1864. Die hoeksteen van die eerste NG kerkgebou is op 7 Mei 1854 deur die heer C. Piers, landdros van Tulbagh gelê. Die gemeente is op 21 Maart 1855 amptelik gestig en die eerste kerkgeboutjie op 5 Mei daardie jaar ingewy. In 1951 besluit die kerkraad om die derde gebou in die geskiedenis van die gemeente te bou.

Op 29 September 1969 het 'n aardbewing Ceres getref. Byna 70 persent van alle geboue in die dorp is beskadig; selfs die toring van die NG Kerk het na benede gestort.

Oorsprong van die naam

Meeste mense sê die nedersetting is na die Romeinse godin Ceres vernoem vanweë die vrugbaarheid van die grond en is 'n belangrike vrugteverbouingsentrum en die plek waar die gelyknamige vrugtesap vervaardig word.

Ander sê die nedersetting is vernoem na die gelyknamige dorp Ceres, in Fife, Skotland.

Klimaat

Ceres lê in die Kaapse wintereënstreek met sy tipiese Mediterreense klimaat. Januarie en Februarie is die warmste maande met 'n gemiddelde maksimum van 29,9 °C in Februarie, terwyl temperature in die winter tot 'n gemiddelde minimum van 2,4 °C in Julie daal. Die gemiddelde jaarlikse reënval is 1 088 millimeter, met 'n gemiddelde maandelikse maksimum van 200 millimeter in Julie.

Sneeuval kom gereeld in die hoër geleë berggebiede voor. Veral die Matroosberg-gebied bly vir langer periodes met sneeu bedek, en 'n plaaslike skiklub het 'n berghut vir wintersport-geesdriftiges op die bergspits opgerig.

Ceres is welbekend vir vrugtesappe wat wêreldwyd uitgevoer word wat die dorp se naam dra. Dit is ook plaaslik bekend vir wintersneeu en kersies: Inwoners van Kaapstad stroom gedurende die winter na die dorp om te ski of bloot in die sneeupoeier te speel - iets van 'n rariteit vir die andersins sagte klimaat waaraan hulle gewoond is - terwyl mense in die somer kersies kom pluk op die Klondyke-plaas.

Wapens

Munisipaliteit — Ceres se munisipale raad het in 1928 'n skynheraldiese "wapen" in gebruik geneem. Die skild toon 'n koringgerf, 'n brug oor 'n rivier, 'n boom en 'n horing van oorvloed. Die wapenspreuk was "Loci dulcedo nos attinet". Die raad het in 1948 'n behoorlike wapen aangeneem. Die wapen, wat deur Ivan Mitford-Barberton en H. Ellis Tomlinson ontwerp is, is in 1974 by die Buro vir Heraldiek geregistreer.

Afdelingsraad — Die Witzenberg-afdelingsraad (d.w.s die plaaslike owerheid vir die landelike gebiede buite die dorpsgrense) het in 1982 'n wapen by die Buro geregistreer. Die helmteken was 'n horing van oorvloed en die wapenspreuk "Fructu noscitur".

N'duli — Die Swart woongebied N'duli het van 1983 tot 1996 sy eie plaaslike owerheid gehad.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Ceres GeskiedenisCeres KlimaatCeres WapensCeres Sien ookCeres VerwysingsCeresDorpDwarsrivier (Ceres)KaapstadPrince Alfred HamletSuidelike HalfrondWarm BokkeveldWolseley

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OutismeBalletRob HersovEkostelselAnneli van RooyenWaterstofKoue OorlogMierHoedPuntVlag van Suid-AfrikaKleurKonsentrasiekampDramaBruin huisslangCheslin KolbePaarl GimnasiumVaginale kankerBesnydenisSlag van BloedrivierKaapstadVaste stofLys van myne in Suid-AfrikaMusiekJan van RiebeeckMandalaPornografiese akteurSportDuitse maselsDrinkwatervoorsieningRenosterLugbesoedelingSelfieSpinnekopAngolaSpelerposisies in rugbyIngenieursweseRassisme in AfrikaLikkewaanVergelykings (taalkunde)ApartheidBreinvliesontstekingChatGPTAardbewingBeëdigde verklaringKunsmatige intelligensieKarpaletonnelsindroomKlimaatLandbouAppelAfrikaanse TaalmonumentLys van Afrikaanse televisiereekseNasiebouNiemetaalOnbemande vliegtuigToringHorlosieDeon GrootKoorsblaarNasionale lied van Suid-AfrikaVeerSonTegnologieSoogdierPeriodieke tabelBesoedelingVolhoubaarheidMenseregteDolfynAssonansieRobbeneilandVlekvrye staalKunsWêreld- Ekonomiese ForumKriek🡆 More