Rooireus

’n Rooireus is ’n helder reusester met ’n lae of gemiddelde massa (rofweg 0,5–10 sonmassas) in ’n laat stadium van sterevolusie. Die buitenste atmosfeer is uitgesprei en yl – daarom is die radius groot en die oppervlaktemperatuur laag, vanaf sowat 5 000 kelvin en laer. Die ster lyk geel-oranje tot rooi en sluit in spektraaltipes K en M, maar ook S- en koolstofsterre.

Beskrywing

Rooireus 
Die huidige grootte van die Son (geel; nou in die hoofreeks) in vergelyking met sy geskatte grootte wanneer hy in die toekoms sy rooireusfase sal bereik.

Daar word geglo hoofreekssterre van spektraaltipe A tot K (soos die Son, 'n tipe G-hoofreeksster) ontwikkel in rooireuse. Tydens sy hoofreeksfase verbrand ’n ster langsamerhand waterstof in sy kern en sit dit om in helium; sy hoofreeksfase eindig wanneer byna al die waterstof in die kern opgebruik is en hy betree dan die rooireusfase op die Hertzsprung-Russell-diagram (regs).

Die meeste rooireuse se buitekant sit steeds waterstof in helium om, terwyl die kern uit onaktiewe helium bestaan. Hierdie fase duur net ’n paar miljoen jaar en is dus kort in vergelyking met die miljarde jare van die ster se bestaan.

Die Son se hoofreeksfase is sowat 10 miljard jaar; groter sterre het ’n korter leeftyd en kleiner sterre ’n langer leeftyd.

Prominente helder rooireuse aan die naghemel sluit in Aldebaran (Alpha Tauri), Arcturus (Alpha Bootis) en Gamma Crucis (Gacrux), terwyl die nog groter Antares (Alpha Scorpii) en Betelgeuse (Alpha Orionis) rooi superreuse is.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ivan ZimmermannKolitisMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaNasionale PartyOseaanRobbie WesselsKriekBoelieryNuwe TestamentLys van bekende Suid-AfrikanersProvinsies van Suid-AfrikaABreinvliesontstekingRookgewoonteLandbouApostelWilna SnymanWet op Bantoe-onderwysLys van chemiese elemente volgens atoomgetalTranspirasieNeerslagReg tot ‘n gesonde omgewingBestuiwingVlekvrye staalPseudowetenskapRonelda KamferAarverkalkingBosluisbytkoorsHarry PotterWikipediaMenslike seksuele gedragGeelsugKankerVarkgriepBlaarCounter-Strike (videospeletjie)Vaste stofSonnestelselKlein vyf diereLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesSeksismeSuikerbekkiesNommertekenSuid-Afrikaanse randLika BerningAfrikaansSwartbewussynsbewegingLys van medisinale kruieDesmond TutuDiepaartromboseGeslagsregister vanaf Adam tot JesusXenofobieNederduitse Gereformeerde KerkRoossenekalAborsie in Suid-AfrikaWayback MachineIngrid JonkerSigaretOnderwys in Suid-AfrikaOlifantJeugdagMetamfetamienVerdampingRudi ClaaseOligopolieWindMunhwa Broadcasting CorporationGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaAfrikaanse woordelys en spelreëlsBetonPersoonlikheidArmoedeverligting🡆 More