Laniakea-Superswerm: Plaaslike superswerm

Die Laniakea-superswerm is die superswerm waarin die Melkweg, Sonnestelsel en Aarde hulle bevind.

Dit is in September 2014 geïdentifiseer toe ’n groep sterrekundiges, onder andere R. Brent Tully van die Universiteit van Hawaii en Helene Courtois van die Universiteit van Lyon in Frankryk, ’n nuwe manier publiseer om superswerms te definieer volgens die relatiewe snelhede van sterrestelsels. Laniakea word ook die Plaaslike Superswerm genoem en die vorige Plaaslike Superswerm, Virgo, maak nou deel van die groter superswerm uit.

Laniakea-Superswerm: Eienskappe, Ligging, Naam
’n Kaart van die naaste superswerms binne 500 miljoen ligjare. Laniakea is die lang reeks stelsels wat die Centaurus-muur en die superswerms Virgo, Hydra-Centaurus en Pavo-Indus insluit.

Eienskappe

Die Laniakea-superswerm bevat 100 000 sterrestelsels oor ’n gebied van 520 miljoen ligjare. Dit het die geraamde bindingsmassa van sowat 1017 sonmassas, of honderdduisend keer dié van die Melkweg. Dit bestaan uit vier onderdele, wat voorheen beskou is as vier aparte superswerms:

Die sterrestelselswerms met die grootste massa in Laniakea is Virgo, Hydra, Centaurus, Abell 3565, Abell 3574, Abell 3521, Fornax, Eridanus en Norma. Die hele superswerm bevat sowat 300 tot 500 bekende sterrestelselswerms en -groepe. Dit kan veel meer wees omdat baie van hulle tans aan die ander kant van die Melkweg is, waar hulle feitlik onwaarneembaar is (in die Sone van Ondeursigtigheid).

Superswerms is van die grootste strukture in die heelal en hul grense is moeilik om te bepaal, veral van binne af. Die span het radioteleskope gebruik om die bewegings van ’n groot groep plaaslike sterrestelsels uit te stippel. In ’n gegewe superswerm sal al dié bewegings na binne wees, in die rigting van die massamiddelpunt. In Laniakea se geval is dié swaartekrag-fokuspunt die Groot Aantrekker, en dit beïnvloed die beweging van onder meer die Plaaslike Groep van sterrestelsels waarin die Melkweg lê. Anders as die sterrestelselswerms waaruit dit bestaan, word Laniakea nie deur swaartekrag bymekaargehou nie en lyk dit of die superswerm uitmekaargeskeur word deur donker energie.

Ligging

Die superswerms wat Laniakea omring, is die Shapley-, Hercules-, Coma- en Perseus-Pisces-superswerm. Die grense van dié swerms en van Laniakea was nog nie presies bekend toe Laniakea geïdentifiseer is nie.

Laniakea is self deel van die Pisces-Cetus-superswermkompleks, 'n galaktiese filament.

Naam

Die naam "Laniakea" beteken "onmeetbare hemel" in Hawais, van lani vir "hemel" en akea vir "ruim" of "onmeetbaar". Dit is ter ere van Polinesiese navigators wat kennis oor die hemel gebruik het om die Stille Oseaan te verken.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Die Aarde se posisie in die heelal

Tags:

Laniakea-Superswerm EienskappeLaniakea-Superswerm LiggingLaniakea-Superswerm NaamLaniakea-Superswerm Sien ookLaniakea-Superswerm VerwysingsLaniakea-Superswerm Eksterne skakelsLaniakea-SuperswermAardeFrankrykMelkwegRadiale snelheidSonnestelselSterrestelselSuperswermUniversiteit van HawaiiUniversiteit van LyonVirgo-superswerm

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Bergen-Belsen-konsentrasiekampKaapstadHeupvervangingGraatjiemeerkatRenaissanceKlein-KarooPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSirkusMensNasiebouLetterlike en figuurlike taalgebruikJazzSelfoonNasionale PartyAppendiksPaasfeesBysteekBuffelHoërskool OuteniquaDramaLys van lande volgens bevolkingAnneli van RooyenMartin Luther King jr.BeesvleisSebraEugenetikaSaldanhabaaiWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaKindermishandelingLongBrugOrkney Snork NieTrappe van vergelykingGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaKookpuntCristiano RonaldoMenseregtedagPlae van EgipteSowjetunieSharpeville-slagtingGeldNarsismeAgtervoegselOos-KaapSophie SchollJakobKompasMeervoudMiltJaarJavaScriptMetamfetamienSpringbokkeJeugdagTussenwerpselHerpes simplexHeuningbyIndiese OseaanPubiese hareYouTubeBynierVerenigde KoninkrykAkroniemKatMaagsweerEkonomieKokketielAfro-AmerikanersVaalrivierTatoeëermerkBlaarInternetKlavierLabia (geslagsdele)Wynand StrydomNedersetting🡆 More