Gould-Gordel: Gedeeltelike ring sterre in die Melkweg

Die Gould-gordel is ’n gedeeltelike ring sterre in die Melkweg, sowat 3 000 ligjare breed, wat sowat 16 tot 20 grade skuins lê met die galaktiese vlak.

Dit bevat baie klas O- en B-sterre, en kan die plaaslike spiraalarm verteenwoordig waarvan die Son deel is – die Son is sowat 325 ligjare van die arm se middel geleë. Die gordel is vermoedelik tussen 30 en 50 miljoen jaar oud en van ’n onbekende oorsprong. Dit is genoem na die Amerikaanse sterrekundige Benjamin Gould, wat dit in 1879 geïdentifiseer het.

Gould-Gordel: Gedeeltelike ring sterre in die Melkweg
’n Donker wolk 1 000 ligjare weg in die sterrebeeld Arend, wat deel is van die Gould-gordel.

Die gordel bevat baie helder sterre in baie sterrebeelde, onder meer (min of meer in ’n oostelike rigting) Kefeus, Akkedis, Perseus, Jagter, Groot Hond, Agterdek, Seile, Kiel, Suiderkruis, Sentour, Wolf en Skerpioen. Die Melkweg beweeg ook deur die meeste van hierdie sterrebeelde, maar effens suidoos van die Wolf.

Volgens ’n teorie wat omstreeks 2009 voorgestel is, het die Gould-gordel sowat 30 miljoen jaar gelede gevorm toe ’n stuk donker materie met die molekulêre wolk in ons streek gebots het. Daar is ook bewyse van soortgelyke Gould-gordels in ander sterrestelsels.

Verwysings

Eksterne skakels

Die Aarde se posisie in die heelal

Tags:

LigjareMelkwegSonSterSterreklassifikasieVSA

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Meningsverskil oor aardverwarmingWitbloedselMaanLongAandagstreepNederlandWeskusBysteekRobbeneilandKongo-krisisHoofpynLidwoordOranje-VrystaatWaterstofFacebookLewerAspoestertjieSamestellingKankerKunselementeKaapstadChemiese elementBloemfonteinAsemhalingSwartbewussynsbewegingDiskriminasieMenseregteApostoliese GeloofsbelydenisVryheid van spraakDuitse maselsHeuningTandbederfWaterHartGroepsgebiedewetTrigeminale neuralgieKoerantHamburgerRymVormMielieGloeilampLetterkundeGenitale vratEkonomieMangelontstekingSwawelReënvalbepalingLieweheersbesieDermpoliepAkademiaGrondwet van Suid-AfrikaAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKasteel die Goeie HoopAardverwarmingGesondheidHaelRugbySelfstandige naamwoordWetenskaplike metodeAtlantis, Wes-KaapMagneetDolfynGrondbewerkingDriedimensioneelBrongitisProstaatklierVlag van Suid-AfrikaBrasiliëRassismeElektroniese of digitale mediaBrandmondsindroomHomofoonSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Ensiklopedie🡆 More