Groot Magellaanse Wolk

Die Groot Magellaanse Wolk (GMW) is ’n satellietsterrestelsel van die Melkweg.

Op ’n afstand van sowat 163 000 ligjare is dit die naaste sterrestelsel aan die Melkweg naas die Sagittarius- Elliptiese en die moontlike Canis Major-dwergsterrestelsel (onderskeidelik 65 000 en 25 000 ligjare van hier). Gebaseer op die sigbare sterre en ’n massa van sowat 10 miljard sonmassas (M), is die deursnee van die GMW sowat 14 000 ligjare; dit is rofweg ’n honderdste van die Melkweg se deursnee. Dit maak die GMW die vierde grootste sterrestelsel in die Plaaslike Groep (naas die Andromeda-sterrestelsel, die Melkweg en die Driehoek-sterrestelsel).

Groot Magellaanse Wolk
Groot Magellaanse Wolk
Sterrebeeld Swaardvis en Tafel
Tipe SB(s)m
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 05h 23m 34.5s
Deklinasie -69° 45′ 22″
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 163 000 (49 970 parsek)
Skynbare grootte 10,75° × 9,17°
Massa 1010
Ander name LMC, ESO 56- G 115, PGC 17223,
Lugkoördinate
05h 23m 34.5s, −69° 45′ 22″
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die GMW word geklassifiseer as ’n Magellaanse spiraalstelsel. Dit bevat ’n staaf sterre wat geometries weg van die middel lê, wat daarop dui dat dit ’n dwergspiraalstelsel met ’n staaf was voordat sy spiraalarms versteur is, moontlik deur wisselwerkings met die swaartekrag van die Klein Magellaanse Wolk (KMW) en die Melkweg.

Met ’n deklinasie van sowat -70° is die GMW vanuit die Suidelike Halfrond as ’n dowwe "wolk" sigbaar. Dit lê in die sterrebeelde Swaardvis en Tafel en het in donker gebiede weg van ligbesoedeling ’n skynbare lengte van sowat 10° vir die blote oog, 20 keer die deursnee van die Maan.

Daar word voorspel dat die GMW en die Melkweg oor sowat 2,4 miljard jaar sal bots.

Waarnemingsgeskiedenis

Groot Magellaanse Wolk 
’n Klein deel van die GMW.

Hoewel die Groot en Klein Magellaanse Wolk albei in die voorgeskiedenis al maklik uit die Suidelike Halfrond sigbaar was, word die GMW die eerste keer omstreeks 964 n.C. deur die Persiese sterrekundige Al Soefi genoem in sy Boek van Vaste Sterre.

Die volgende rekord van ’n waarneming was in 1503-1504 in ’n brief deur Amerigo Vespucci. Hy noem drie "gewelwe, twee helder en een onduidelik"; "helder" verwys na die twee Magellaanse Wolke en "onduidelik" na die Koolsaknewel.

Groot Magellaanse Wolk 
’n Foto van die GMW deur die ESO se VISTA-teleskoop.
Groot Magellaanse Wolk 
Twee gloeiende GMW-gaswolke wat baie verskillend lyk.

Ferdinand Magellaan het die GMW in 1519 tydens ’n reis gesien en dit het in die Weste bekend geraak danksy sy skrywes daaroor. Die sterrestelsel is later na hom genoem. Volgens metings deur die Hubble-ruimteteleskoop wat in 2006 aangekondig is, beweeg die Magellaanse Wolke dalk te vinnig om om die Melkweg te wentel.

Meetkunde

Die Groot Magellaanse Wolk het ’n prominente sentrale staaf en spiraalarm. Dit lyk of die sentrale staaf gebuig is, sodat die oostelike en westelike punte nader aan die Melkweg is as die middel. In 2014 is met metings deur Hubble bepaal die rotasieperiode is 250 miljoen jaar.

Die GMW is lank beskou as ’n vlaksterrestelsel wat op ’n enkele afstand van die Sonnestelsel af lê, dus met ’n skuinste van 0°. Sedertdien is deur drie groepe vasgestel dit lê teen ’n skuinste van ~35°.

Wat die verspreiding van sterreswerms in die GMW betref, het Schommer et al. die snelhede van sowat 80 swerms gemeet en bevind die kinetika van die GMW se swermstelsel stem ooreen met swerms se beweging in ’n skyftipe verspreiding.

Eienskappe

Soos baie onreëlmatige sterrestelsels is die Groot Magellaanse Wolk ryk aan gas en stof, en ondergaan dit tans lewendige stervorming. Dit bevat die Tarantula-newel, die aktiefste stervormingstreek in die Plaaslike Groep.

In die Groot Magellaanse Wolk is talle voorwerpe en verskynsels wat dit ’n "sterrekundige skatkis" maak, asook ’n groot "laboratorium" vir die bestudering van die groei en evolusie van die sterre, aldus die Amerikaanse sterrekundige Robert Burnham jr. In opnames van die sterrestelsel is 60 bolswerms, 400 planetêre newels en 700 oop sterreswerms gevind, asook honderdduisende reuse- en superreusesterre. Supernova 1987a – die grootste supernova in afgelope jare – was in die GMW.

’n Brug gas verbind die Groot en Klein Magellaanse Wolk, wat dui op getywisselwerkings tussen dié sterrestelsels. Die twee stelsels het ’n gesamentlike omhulsel van neutrale waterstof, wat daarop dui dat hulle lank reeds swaartekraggebonde is. Die gasbrug is ’n stervormingsgebied.

Groot Magellaanse Wolk 
NGC 1783 is een van die helderste bolswerms in die GMW.
NGC 1783 is een van die helderste bolswerms in die GMW.  
Groot Magellaanse Wolk 
’n Wyehoekbeeld van die GMW.
’n Wyehoekbeeld van die GMW.  
Groot Magellaanse Wolk 
Die Klein en Groot Magellaanse Wolk bo die Paranal-sterrewag in Chili.
Die Klein en Groot Magellaanse Wolk bo die Paranal-sterrewag in Chili.  

Verwysings

Skakels

  • Groot Magellaanse Wolk  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Groot Magellaanse Wolk WaarnemingsgeskiedenisGroot Magellaanse Wolk MeetkundeGroot Magellaanse Wolk EienskappeGroot Magellaanse Wolk VerwysingsGroot Magellaanse Wolk SkakelsGroot Magellaanse WolkAndromeda-sterrestelselCanis Major-dwergsterrestelselDriehoek-sterrestelselLigjareMelkwegPlaaslike GroepSagittarius- Elliptiese DwergsterrestelselSatellietsterrestelselSonmassa

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Vrye FranseMilitêre geskiedenis van Suid-AfrikaWerkersdagNasionale VrouedagPalestyneSeksuele opwekkingMateriaalWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaLys van Afrika-landeVeelvuldige skleroseWet op Afsonderlike GerieweWolkLemoenJesus van NasaretKarlien van JaarsveldGemeenskapBernice WestHemelvaartsdagTarentaleTrigeminale neuralgieAdolf HitlerPenisBlomSlangVoëlKlinkerTierboskatVoegwoordVolksmoordKlavierMpumalangaVrugLys van landeMagneetNylsvley-natuurreservaatDie Stem van Suid-AfrikaJode in Suid-AfrikaKlimaatveranderingDurbanSwangerskapLas (rekeningkunde)SenuweestelselDonderstormGetalSonnestelselGiuseppe GuarneriXenofobieKrugerwildtuinWoordeboek van die Afrikaanse TaalMarkus JoosteAngssteuringShakaVersoeningsdagIdioomMonopolieOndernemingsvormSkoenlapperLugbesoedelingErfenisdag (Suid-Afrika)TierYslandGrondsoorteVingerseksMenstruasieJupiterPesachBloemfonteinKlein vyf diereKnieImpakte van toerismePseudowetenskapVaginale kankerSlag van BloedrivierTweede VryheidsoorlogNieuwoudtvillePussy Riot🡆 More