Wyehoeklens

’n Wyehoeklens verwys in fotografie en kinematografie na ’n lens waarvan die fokusafstand aansienlik kleiner is as by ’n normale lens.

Dit laat die fotograaf toe om ’n groter deel van die toneel op film vas te lê; dit is veral nuttig in argitektuur-, binnneshuise en landskapfotografie waar die fotograaf dalk nie in staat is om ver genoeg van die toneel af te beweeg om ’n spesifieke voorwerp in sy geheel in sy visier te kry nie.

Wyehoeklens
’n Foto wat met ’n wyehoeklens geneem is om soveel moontlik van die wolke af te neem.
Wyehoeklens
Een van Canon se gewildste wyehoeklense is die 17-40 mm f/4 L-retrofokus-zoemlens.

Nog ’n gebruik is om die verskil in grootte of afstand tussen voorwerpe op die voor- en agtergrond te beklemtoon; nader voorwerpe lyk baie groter as verder afgeleë voorwerpe. Dié verskynsel kan gebruik word om voorwerpe op die voorgrond te laat uitstaan, terwyl die agtergrond ’n groot gebied dek.

By ’n normale lens in stilfotografie is die fokusafstand min of meer so groot soos die diagonale lengte van die filmraampie of beeldsensor. Vir 35 mm-kameras is die diagonale lengte van die film 43 mm en ’n tipiese "normale" lens het ’n fokusafstand van 50 mm. ’n Wyehoeklens se fokusafstand is 35 mm en korter.

In kinematografie word ’n fokusafstand van dubbel die diagonaal as "normaal" beskou.

Verwysings


Wyehoeklens  Fotografie

Beeldsensor • Beligting • Daguerreotipe • Digitale kamera • Donkerkamer • EF-lenspassing • Enkellensreflekskamera • F-nommer • Film • Filmspoed • Fokus • Fokusafstand • Intreepupil • Kamera • Lensopening • Lensopeningprioriteit • Pentaprisma • Professionele videokamera • Reël van derdes • RGB-kleurmodel • Sluiterprioriteit • Sluiterspoed • Telefotolens • Veelvoudige beligting • Velddiepte • Wyehoeklens

Geomerking • Groepering • Holografie • Natuurfotografie • Selfie • Snelreeksfotografie • Wildfotografie

35 mm ekwivalente fokuslengte • CMYK-kleurmodel • Kleurtemperatuur • Rooi-oogeffek • Swart-en-wit • Zoemlens

Wysig hierdie sjabloon

Tags:

FokusafstandFotografie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JodeBorskankerEpilepsiePersoonlikheidLys van nedersettings in Suid-AfrikaWikiElandréWayde van NiekerkSirkelOutismeOos-KaapKewerByKunsSkilpadWêreld- Ekonomiese ForumElektrisiteitsvoorsieningKasteel die Goeie HoopOnse VaderKameelSkerpioenWebblaaierPampoentjiesAce MagashuleSwemOnomatopeeBlourokkeInstagramVaginale kankerMaagsweerMolekuulSwawelWaterSkoenlapperStilleweKoolstofSonnestelselGeelsugVratLikkewaanKoolhidraatEugenetikaWeer (meteorologie)KorrupsieElzette MaarschalkWaterstofWikipediaKoringNeurenberg-verhoreKunsmisParkinson se siekteInfeksieHulpwerkwoordSteve BikoVoëlWes-KaapOorlogBokmakierieRina HugoWoestynPaasfeesMenstruasieOnderwerp (taalkunde)SuiwelprodukNarsisme7de LaanEskomAfrikaanse TaalmonumentSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024HartaanvalSelfoonAardeAustraliëSeksismeOvulasieInternet🡆 More