Driehoeksterrestelsel: Spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Driehoek

Die Driehoeksterrestelsel (ook bekend as onder meer Messier 33 en NGC 0598) is ’n sterrestelsel sowat 3 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Driehoek.

Dit is die derde grootste sterrestelsel in die Plaaslike Groep, wat die Melkweg, Andromeda en sowat 30 ander, kleiner stelsels insluit. Dit is een van die verste permanente voorwerpe wat met die blote oog gesien kan word.

Driehoeksterrestelsel
Messier 33, die Driehoeksterrestelsel.
Messier 33, die Driehoeksterrestelsel.
Soort stelsel Spiraalsterrestelsel
Sterrebeeld Driehoek
Messier-naam Messier 33
Tipe SA(s)cd
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 01h 33m 50,02s
Deklinasie +30º 39' 36,7"
Skynmagnitude 5,72
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 2,38-3,07 miljoen
Skynbare grootte  70,8' × 41,7'
Aantal sterre 40 biljoen (4×1010)
Ander name NGC 0598, MCG +05-04-069, 1ES 0131+303, RX J0133.8+3039, PGC 005818
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Geskiedenis en waarneming

Driehoeksterrestelsel: Geskiedenis en waarneming, Verwysings, Eksterne skakels 
NGC 604 in die Driehoeksterrestelsel.
’n Infrarooi foto van M33 geneem deur die Spitzer-ruimteteleskoop.
’n Ultraviolet-foto van M33 deur die Galex-sterrewag.

Die Driehoeksterrestelsel is waarskynlik voor 1654 ontdek deur die Italiaanse sterrekundige Giovanni Battista Hodierna. Hy het dit beskryf as ’n newelagtige voorwerp "naby die Driehoek". Die sigbare helderheid stem ooreen met dié van M33 en dit is dus heel waarskynlik ’n verwysing na die Driehoeksterrestelsel.

Charles Messier het dit op 25–26 Augustus 1764 onafhanklik ontdek en dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Toe William Herschel sy uitgebreide katalogus van newels saamgestel het, was hy versigtig om nie die meeste voorwerpe wat deur Messier geïdentifiseer is, te noem nie. M33 was egter ’n uitsondering en hy het dit op 11 September 1784 as H V-17 gekatalogiseer.

Herschel het ook die grootste en helderste H II-gebied in die Driehoek afsonderlik in sy katalogus opgeneem as H III.150. Dit het eindelik die nommer NGC 604 gekry. Soos van die Aarde af gesien, is NGC 604 noordoos van die sterrestelsel se sentrale kern geleë. Dit is een van die grootste bekende H II-streke, met ’n deursnee van byna 1 500 ligjare en ’n elektromagnetiese spektrum soortgelyk aan dié van die Orion-newel. Herschel het ook drie ander, kleiner H II-gebiede waargeneem (NGC 588, 592 en 595).

Lord Rosse het die stelsel in 1850 as ’n "spiraalnewel" geklassifiseer. In 1922–'23 het John Charles Duncan en Max Wolf veranderlike sterre in die sterrestelsel ontdek. Edwin Hubble het in 1926 gevind dat 35 van hierdie sterre Cepheïede is, en dit het hom in staat gestel om hul afstand te bereken. Die resultaat het ooreengestem met die konsep dat spiraalnewels onafhanklike galaktiese stelsels van gas en stof is, eerder as newels in die Melkweg.

Met ’n deursnee van sowat 50 000 ligjare is die Driehoek die derde grootste sterrestelsel in die Plaaslike Groep, wat ook die Melkweg insluit, en dit kan deur swaartekrag verbind wees aan die Andromeda-sterrestelsel, ook in die Plaaslike Groep. Die Driehoekstelsel kan tot 40 miljard sterre bevat, in vergelyking met 400 miljard in die Melkweg en 1 biljoen in Andromeda.

Ligging en struktuur

Ramings van die afstand van die Driehoeksterrestelsel wissel van 2 380 tot 3 070 ligjare (730 tot 940 parsek), met die meeste ramings sedert die jaar 2000 in die middel daarvan. In 2006 het ’n groep sterrekundiges aangekondig dat hulle ’n verduisterende dubbelster in die Driehoeksterrestelsel ontdek het. Deur die verduisterings van die twee sterre te bestudeer, kon hulle hul groottes meet. As die grootte en temperatuur van sterre bekend is, kan hul absolute magnitude bereken word, en wanneer die absolute magnitude bekend is, kan hul afstand bereken word. Hulle het bereken die sterre lê 3 070 ± 240 kilo-ligjare (940 ± 74 kilo-parsek) van hier.

In die Franse sterrekundige Gérard de Vaucouleurs se hersiene Hubble Sandage (VRHS)-stelsel van klassifikasie is die Driehoeksterrestelsel tipe SA(s)cd. Die "S" dui aan dat dit ’n skyfvormige sterrestelsel is met prominente arms van gas en stof wat van die kern af uitspiraal – dit is algemeen bekend as ’n spiraalsterrestelsel. Die "A" dui aan die kern het nie ’n staafstruktuur in die middel soos by staafspiraalsterrestelsels nie. Die "(s)" beteken die arms kom direk uit die sentrale deel en die "cd" dui aan dat die spiraalarms nie baie dig is nie.

Dit is ’n geïsoleerde sterrestelsel en daar is geen aanduiding van onlangse samesmeltings of interaksies met ander stelsels nie. Hoewel die Driehoek geklassifiseer word as ’n staaflose stelsel, dui ondersoeke daarop dat daar wel ’n swak staaf-tipe struktuur in die kern kan wees. Die kern is ’n H II-gebied en dit bevat ’n ultrahelder X-straalbron met ’n emissie van 1,2 × 1039 erg s−1, wat die helderste bron van X-strale in die Plaaslike Groep van sterrestelsels is.

Stervorming

’n Groter mate van stervorming vind in die Driehoekstelsel plaas as in Andromeda: daar is ’n toename van sowat 0,45 ± 0,1 sonmassas per jaar. Dit is onseker of dié tempo toeneem of konstant bly.

Die vier helderste H II-gebiede word NGC 588, 592, 595 en 604 genoem. Laasgenoemde is die helderste en kon sowat 3 miljoen jaar gelede ’n uitbarsting van stervorming ondergaan het. Dit is die tweede helderste H II-gebied in die Plaaslike Groep.

Die geraamde tempo van supernova-ontploffings in die Driehoeksterrestelsel is 0,06 tipe Ia- en 0,62 tipe Ib- en Ic-supernova per eeu. Dit kom neer op ’n gemiddeld van een supernova-ontploffing elke 147 jaar. Sedert 2008 is altesaam 100 supernova-oorblyfsels in die sterrestelsel ontdek, die meeste in die suidelike helfte. Dieselfde asimmetriese voorkoms geld vir H I- en H II-gebiede en vir helder streke met O-tipe hoofreekssterre.

Sowat 54 bolvormige sterreswerms is in die sterrestel geïdentifiseer, maar daar is vermoedelik 122 of meer. Die swerms wat geïdentifiseer is, kan ’n paar miljard jaar jonger wees as dié in die Melkweg, en dit lyk of swermvorming die afgelope 100 miljoen jaar toegeneem het. Dit word toegeskryf aan ’n invloei van gas na die middel van die sterrestelsel.

In 2007 is ’n swartkolk van sowat 15,7 sonmassas waargeneem. Die kolk, M33 X-7, wentel om ’n metgesel-ster en verduister dit elke 3,5 dae. Dit is die grootste bekende swartkolk wat veroorsaak is deur die inploffing van ’n massiewe ster.

Verhouding met Andromeda

Daar is vermoedelik ’n verbinding tussen die Driehoek- en die Andromeda-sterrestelsel. Dit dui op ’n interaksie tussen die twee stelsels tussen 2 en 8 miljard jaar gelede, en ’n gewelddadiger botsing oor sowat 2,5 miljard jaar.

Die toekoms van die Driehoekstelsel is onbekend, maar dit lyk of dit beïnvloed sal word deur die groter Andromeda. Voorgestelde toekomstige scenario's wissel van ’n uiteenskeuring en opname deur Andromeda, waardeur hy baie waterstof van Andromeda sal kry om nuwe sterre te vorm of al sy gas (en dus sy vermoë om nuwe sterre te vorm) sal verloor, tot ’n deelname aan die botsing tussen die Melkweg en Andromeda, waarna dit waarskynlik om die saamgesmelte stelsels sal wentel en later daarmee saamsmelt. Twee ander moontlikhede is ’n botsing met die Melkweg voor laasgenoemde met Andromeda bots, of ’n uitwerping uit die Plaaslike Groep.

Verwysings

Eksterne skakels

01h 33m 50.9s, 30° 39′ 36″

Tags:

Driehoeksterrestelsel Geskiedenis en waarnemingDriehoeksterrestelsel VerwysingsDriehoeksterrestelsel Eksterne skakelsDriehoeksterrestelselAardeAndromeda-sterrestelselDriehoek (sterrebeeld)LigjareMelkwegPlaaslike GroepSterrebeeldSterrestelsel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SelfoonVeeartsLeierPerdebyeMaatskappyAlice MunroVlagterminologieAfleiding (taalkunde)Tropiese sikloonNaaldekokerMIVPornografieJo BlackNederduitsch Hervormde KerkMierleeuSkildklierKoggelmanderJana CilliersWaterpokkiesWiskundige terminologieJakkalsGalblaasKrugerwildtuinMuskeljaatkatWaarheid-en-versoeningskommissieIranNatuurlike hulpbronStres in hoërskoolAtoomAfrikaansKnieMauritiusVolhoubare ontwikkelingSelBlaarKolorektale kankerSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieBobby AngelAkroniemKameelPeach van PletzenDataverwerkingNag van die lang messeVerkoueSpelerposisies in rugbyElektriese geleierVoorsetselJazzMynbouKaapstadIndiese OseaanHeuningbyDaggaMuskietKatoenBaälCarles PuigdemontNeologismeLetterlike en figuurlike taalgebruikJodeMondVerenigde KoninkrykJan van HunksKragopwekkingLika BerningGeldEkonomiese sektorApartheidPapierKarlien van JaarsveldKatVerkragtingInternet🡆 More