Die bibcode is ’n bepaler wat deur ’n aantal astronomiese datastelsels gebruik word om geskrifte aan te dui.
Die kode het ’n vasgestelde lengte van 19 karakters en het die vorm
,
waar YYYY die jaartal van die geskrif is en JJJJJ aandui waar dit gepubliseer is. In die geval van ’n joernaalverwysing is VVVV die volume, M die seksie van die joernaal (bv. L vir die Briewe-seksie), PPPP gee die bladsynommer en A is die eerste letter van die skrywer se van. Leestekens (.) word gebruik om leë velde aan te dui of velde langer te maak wat te kort is; dit word gedoen aan die regterkant vir die publikasiekode en aan die linkerkant vir die volume en bladsynommer.
Voorbeelde:
Bibcode | Reference | |
1974AJ.....79..819H | Heintz, W. D. (1974). "Astrometric study of four visual binaries". The Astronomical Journal. 79: 819–825. doi:10.1086/111614. | |
1924MNRAS..84..308E | Eddington, A. S. (1924). "On the relation between the masses and luminosities of the stars". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 84: 308–332. | |
1970ApJ...161L..77K | Kemp, J. C.; Swedlund, J. B.; Landstreet, J. D.; Angel, J. R. P. (1970). "Discovery of circularly polarized light from a white dwarf". The Astrophysical Journal Letters. 161: L77–L79. doi:10.1086/180574. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bibcode, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.