Plaattektoniek

Plaattektoniek is die teorie wat die geografiese ligging van kontinente, oseane, berge en ander strukture in die aardoppervlak verklaar.

Dit dek ook die voorkoms van aardbewings, vulkane, oseaantrôe en mid-oseaanriwwe.

Plaattektoniek
Die huidige plate

Volgens die teorie is die buitenste laag van die Aarde, die litosfeer (sowat 100 km dik), verdeel in tektoniese plate wat onafhanklik van mekaar oor die aardoppervlak beweeg.

Die plate

Daar is sewe groot tektoniese plate.

  1. Noord-Amerikaanse plaat
  2. Eurasiese plaat
  3. Afrika-plaat
  4. Suid-Amerikaanse plaat
  5. Pasifiese plaat
  6. Australiese plaat
  7. Antarktiese plaat

Daar tussen in is 'n paar kleiner plate:

  1. Scotiaplaat
  2. Nazcaplaat
  3. Juan de Fuca-plaat
  4. Cocosplaat
  5. Karibiese plaat
  6. Filippynse plaat
  7. Indiese plaat
  8. Arabiese plaat

Aardbewings, vulkane, berge en oseaniese trôe kom aan die grense van hierdie plate voor, wat tussen 0 mm en 100 mm per jaar skuif.

Geskiedenis

Alfred Wegener het in die twintigerjare reeds begin om die teorie van plaattektoniek te ontwikkel. Hy het dit kontinentverskuiwing genoem. Hy het veral na die kontinente se vorms gewys. Afrika en Suid-Amerika het byvoorbeeld kusvorms wat min of meer aanmekaar pas. Ongelukkig kon hy nie verduidelik hoe hele kontinente oor duisende kilometers kon verskuif nie en sy teorie is deur die meeste geoloë verwerp. Dit was veral die vooraanstaande Amerikaanse geoloë Bailey Willis en Charles Schuchert wat in 1932 die teorie met minagting verwerp het. Alexander du Toit in Suid-Afrika was 'n uitsondering. Hy het voortgegaan om die geologie van Suid-Amerika en Suider-Afrika te bestudeer en te vergelyk en het opmerklike ooreenkomste gevind en gepubliseer. Maar in die geologiese wêreld is geen notisie van sy werk geneem nie.

In die jare 1960–'70 het dit verander. Magnetiese navorsing van die bodem van die Atlantiese Oseaan het aangetoon die mid-oseaniese rif is die jongste deel van die bodem en dat die vorming van meer bodem die kontinente aan die kant skuif. Die spoed waarmee dit gebeur, kan gemeet word. Die meganisme is nou ook bekend. Dit word veroorsaak deur die konveksie wat in die Aarde se mantel plaasvind.

Verwysings

Tags:

AardbewingBergGeografieKontinentMid-oseaanrifOseaanOseaantrogVulkaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

CAkira ToriyamaPenisverlengingSeksualiteitToorbergAmalia UysTurkyeAarverkalkingJo BlackWiskundeLys van Afrikaanse televisiereekseKrampWaldimar PelserSpysverteringstelselGeskiedenis van AfrikaansJagluiperdBTWModernismeLikkewaanKuberkrakerNoord-AmerikaNAVOStrandbeestWallisMarsVerenigde State van AmerikaDiepaartromboseMuskeljaatkatWynand du ToitRoekelose DadePiet ByleveldAfrikaanse naguilVolhoubaarheidRooiwaterSuid-Afrikaanse WeermagNarsismeVarkgriepSteve HofmeyrChristeneVyfsterKrokus Stadsaal-aanvalKoue OorlogGesinsdagKaapstadMagda van BiljonPolisieLys van lande volgens bevolkingKlankverskynselsRussiesUniversiteit StellenboschVoorsetsel2024 Australiese Grand PrixDikdermDroomAnale seksPieter BiewengaAalwynAfrikaansMaselsLiewe HeksieDuitse maselsOnderwys in Suid-AfrikaWhitey BassonJada FireMenseregtedagBeroerteZack du PlessisAsiëOrkney Snork NieOnderwys (geskiedenis)Staat PalestinaCobus Rossouw🡆 More