Lys Van Grootste Sterre: Wiki lysartikel

Hierdie lys van grootste sterre is gerangskik volgens hul radius.

Die meeteenheid is ’n sonradius (sowat 695 500 km). Sterre met 'n radius van tot 1 000 sonradiusse word aangedui, met 'n paar ander ter vergelyking.

Lys Van Grootste Sterre: Sien ook, Verwysings, Eksterne skakels
Relatiewe groottes van die planete van die Sonnestelsel en verskeie bekende sterre, onder meer van die grootstes bekend: VY Canis Majoris, NML Cygni en UY Scuti.
  1. Mercurius < Mars < Venus < Aarde
  2. Aarde < Neptunus < Uranus < Saturnus < Jupiter
  3. Jupiter < Proxima Centauri < Son < Sirius
  4. Sirius < Pollux < Arcturus < Aldebaran
  5. Aldebaran < Rigel < Antares < Betelgeuse
  6. Betelgeuse < VY Canis Majoris < NML Cygni < UY Scuti

Die presiese volgorde van die sterre is nie honderd persent vasgestel nie:

  • Daar is taamlike onsekerhede oor geraamde waardes en groottes;
  • Die afstand na die verskillende sterre is nie oral ewe seker nie en dit beïnvloed die meting van die groottes;
  • Sommige sterre het ’n uitgebreide atmosfeer, is omring deur stof of pulseer, sodat hul radius nie presies bereken kan word nie;
  • Verskeie ander faktore kan ook die meting van die groottes beïnvloed.

Op dié lys is verskeie voorbeelde van sterre in uiters verre sterrestelsels, wat effens verskillende eienskappe het as die huidige grootste bekende sterre in die Melkweg. Sommige rooisuperreuse in die Magellaanse Wolke het byvoorbeeld na verwagting effens ander beperkende temperature en ligsterktes. Sulke sterre kan perke oorskry deur oor slegs ’n paar maande (of jaar) groot ontploffings of ’n verandering in hulle spektraaltipe te ondergaan.

Die grootste ster wat waarskynlik nog ontdek is, is Stephenson 2-18. As dit in die plek van die Son geplaas word, sal dit tot anderkant Saturnus se wentelbaan strek.

Lys

Grootste sterre in die Melkweg
Sternaam Sonradius
(Son = 1)
Notas Verwysings
Stephenson 2-18 2 150 Geleë naby die massiewe oop sterreswerm Stephenson 2, waar 26 rooisuperreuse voorkom.
Die radius hier bo is groter as wat sterevolusie voorspel en kan dus onbetroubaar wees
Saturnus se wentelbaan 1 940 - 2 169 Aangedui vir grootteverwysing
Grootste sterre? ~1 500 Teoreties die limiet van stergroottes in die Melkweg
RSGC1-F01 1 450 - 1 530 Geleë in die oop sterreswerm RSGC1.
VY Canis Majoris 1 420 ± 120 Is voorheen as die grootste bekende ster beskryf gebaseer op ’n radius van 1 800 - 2 100 sonradiusse.
CM Velorum 1 416
AH Scorpii 1 411 ± 124
RSGC1-F06 1 382 Geleë in die oop sterreswerm RSGC1.
CD-26 5055 1 280
AS Cephei 1 263
RSGC1-F10 1 246 Geleë in die oop sterreswerm RSGC1.
Westerlund 1-237
(Westerlund 1 BKS B)
1 241
IRC-10414 ~1 200
V517 Monocerotis ~1 196
PZ Cassiopeiae 1 190
BC Cygni 1 187 'n Ouer studie met meer besonderhede gee 'n waarde van 1 081 - 1 375 vir die jaar 2000, en 1 303 - 1 553 vir die jaar 1900.
MY Cephei 1 135 Ouer ramings was tot 2 440 sonradiusse, gebaseer op baie koeler temperature.
RSGC1-F02 1 128 Geleë in die oop sterreswerm RSGC1.
Jupiter se wentelbaan 1 114 - 1 115 Aangedui vir grootteverwysing
V766 Centauri Aa 1 110 'n Seldsame veranderlike geelsuperreus.
RW Cygni 1 103
RSGC1-F04 1 100 - 1 500 Geleë in die oop sterreswerm RSGC1.
RT Carinae 1 090
V384 Persei 1 088
UU Persei 1 079
R Fornacis 1 078
V396 Centauri 1 070 - 1 145,31
HD 126577 1 066
V1300 Aquilae (IRC-10529) 1 059
HaroChavira 1 1 058
V602 Carinae 1 050
WX Piscium 1 044
KU Andromedae (IRC +40004) 1 044
RSGC1-F11 1 032 Geleë in die oop sterreswerm RSGC1.
KY Cygni 1 032 - 1 420
RW Leonis Minoris 1 028
V346 Puppis 1 025
RSGC1-F13 1 017 - 1 430 Geleë in die oop sterreswerm RSGC1.
CK Carinae 1 013 - 1 060
KW Sagittarii 1 009
RSGC1-F07 1 006 Geleë in die oop sterreswerm RSGC1.
V349 Carinae 1 002
Die volgende sterre met groottes onder 1 000 sonradiusse word aangedui ter vergelyking
RW Cephei 940
LL Pegasi 869
BI Cygni 851 - 1 240
UY Scuti 825 - 1 708 Die hoogste skatting vir UY Sct is hoër as wat volgens sterevolusie voorspel word. Die rede hiervoor is nie duidelik nie.
Betelgeuse (α Orionis) 764 - 1 021 Tiende helderste ster in die naglug.
Antares A (α Scorpii) 680 Veertiende helderste ster in die naglug.
Mira A (ο Ceti) 541
Mars se wentelbaan 322 - 323 Aangedui vir grootteverwysing
Pistoolster (V4647 Sagittarii) 306
Rasalgethi A (α Herculis) 284 - 264
Aarde se wentelbaan (1 AE) 214 Aangedui vir grootteverwysing
Enif (ε Pegasi) 210,4 - 210,7
Deneb (α Cygni) 203 Agttiende helderste ster in die naglug.
Mercurius se wentelbaan 82,9 - 84,6 Aangedui vir grootteverwysing
Vega (α Lyrae) 2,726 - 2,418 Die vyfde helderste ster in die naglug.
Son 1 Die grootste voorwerp in die Sonnestelsel.
Aangedui vir grootteverwysing
Grootste sterre in die Magellaanse Wolke
Sternaam Sonradius
(Son = 1)
Sterrestelsel Notas Verwysings
WOH G64 1 540 Groot Magellaanse Wolk Die ster is omring deur 'n groot stofwolk.
WOH S170 1 461 Groot Magellaanse Wolk
HD 269551 1 439 Groot Magellaanse Wolk
HV 12463 1 420 Groot Magellaanse Wolk
W60 B90 (WOH S264) 1 390 Groot Magellaanse Wolk Nadere ondersoek is nodig om die helderheid en radius met groter sekerheid vas te stel.
HV 888 1 374 Groot Magellaanse Wolk
LMC 23095 1 280 Groot Magellaanse Wolk
OGLE BRIGHT-LMC-LPV-52 1 275 Groot Magellaanse Wolk
LMC 145013 1 234 Groot Magellaanse Wolk
HV 5618 1 163 Groot Magellaanse Wolk
LMC 25320 1 156 Groot Magellaanse Wolk
SMC 18592 1 129 Groot Magellaanse Wolk
SP77 21-12 1 103 Groot Magellaanse Wolk
[W60] D44 1 063 Groot Magellaanse Wolk
Grootste sterre in M31 en M33
Sternaam Sonradius
(Son = 1)
Sterrestelsel Notas Verwysings
LGGS J013414.27+303417.7 1 479 Driehoeksterrestelsel (M33) Die radius van al die sterre in dié sterrestelsels is bereken volgens bolometriese helderheid en effektiewe temperatuur
LGGS J004514.91+413735.0 1 324 Andromeda-sterrestelsel (M31)
LGGS J004125.23+411208.9 1 302 Andromeda-sterrestelsel
LGGS J013350.62+303230.3 1 283 Driehoeksterrestelsel
LGGS J003951.33+405303.7 1 272 Andromeda-sterrestelsel
LGGS J004124.80+411634.7 1 240 Andromeda-sterrestelsel
LGGS J004035.08+404522.3 1 230 Andromeda-sterrestelsel
LGGS J013409.63+303907.6 1 182 Driehoeksterrestelsel
LGGS J013352.96+303816.0 1 182 Driehoeksterrestelsel
LGGS J004047.22+404445.5 1 162 Andromeda-sterrestelsel
LGGS J004428.48+415130.9 1 130 Andromeda-sterrestelsel
LGGS J013335.90+303344.5 1 104 Driehoeksterrestelsel
LGGS J013358.54+303419.9 1 103 Driehoeksterrestelsel
LGGS J013336.64+303532.3 1 102 Driehoeksterrestelsel
LGGS J013241.94+302047.5 1 083 Driehoeksterrestelsel
LGGS J004059.50+404542.6 1 071 Andromeda-sterrestelsel
LGGS J013430.75+303218.8 1 067 Driehoeksterrestelsel
LGGS J013314.31+302952.9 1 067 Driehoeksterrestelsel
LGGS J013412.27+305314.1 1 063 Driehoeksterrestelsel
LGGS J013328.17+304741.5 1 063 Driehoeksterrestelsel
LGGS J013233.77+302718.8 1 085 Driehoeksterrestelsel
LGGS J013307.60+304259.0 1 081 Driehoeksterrestelsel
LGGS J013305.48+303138.5 1 046 Driehoeksterrestelsel
LGGS J013351.47+303640.3 1 034 Driehoeksterrestelsel
LGGS J013303.54+303201.2 1 027 Driehoeksterrestelsel
LGGS J004047.82+410936.4 1 010 Andromeda-sterrestelsel
LGGS J013344.10+304425.1 1 007 Driehoeksterrestelsel

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Lys Van Grootste Sterre Sien ookLys Van Grootste Sterre VerwysingsLys Van Grootste Sterre Eksterne skakelsLys Van Grootste SterreSonradius

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AalwynLewerVerkoueSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994AardbewingPseudowetenskapReddingskakeDesmond TutuWolkDoziLidwoordEierstokKewerGenadedoodLys van medisinale kruieJudaïsmeMonoloogBaarmoederVerkleinwoordEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaVolhoubaarheidMotorvoertuigAsemhalingGeografie van Suid-AfrikaBergImpakte van toerismeMensHindoeïsmeCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaStollingsgesteenteStadKoue OorlogWikimedia-stigtingLongontstekingVenda (taal)VingerseksBloedsomloopstelselKoolhidraatg8ftoEerste WêreldoorlogAngina pectorisPornhubSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieIndonesiëOrale seksRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Nasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyWortelkanaalVryheidsdagKomplementêre kleureEkonomiese VryheidsvegtersAprilLys van landeFiela se kindAfrikaanse TaalmonumentHomoniemRookgewoonteKaapstadse waterkrisis 2015-2018JagluiperdBelastingLeestekenNarkoseSkoenlapperGeskiedenis van AfrikaansKommunismeWitstinkhoutSpelerposisies in rugbyWes-KaapSwart nasionalisme20ste eeuMetaalFrankrykPlae van EgipteMobutu Sese SekoKrugerwildtuin🡆 More