Stephenson 2-18

Stephenson 2-18 (St2-18), ook bekend as Stephenson 2 DFK 1 of RSGC2-18, is ’n rooisuperreusester in die sterrebeeld Skild.

Dit lê naby die oop sterreswerm Stephenson 2, wat sowat 20 000 ligjare van die Son af is en is vermoedelik een van ’n groep sterre op min of meer dieselfde afstand. Dit is een van die grootste bekende sterre, indien nie die grootste nie, en een van die rooisuperreuse met die grootste ligsterkte. Dit het ’n geraamde radius van sowat 2 150 keer die Son s'n, wat beteken sy volume is amper 10 miljard keer dié van die Son. As dit in die Sonnestelsel geplaas sou word, sou sy fotosfeer verby Saturnus se wentelbaan strek.

Stephenson 2-18
St2-18 en sy sterreswerm, Stephenson 2 (links bo), soos gesien deur 2MASS.
St2-18 en sy sterreswerm, Stephenson 2 (links bo), soos gesien deur 2MASS.
Sterrebeeld Skild
Spektraaltipe ~M6
Soort Rooisuperreus
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 18h 39m 02.3709s
Deklinasie -06° 05′ 10.5357″
Skynmagnitude (m) Nie sigbaar
Besonderhede
Radius (R) 2 150
Ligsterkte (L) 437 000
Temperatuur (K) 3 200
Afstand (ligjaar) 18 900
Ander name
Stephenson 2 DFK 1, RSGC2-18, 2MASS J18390238-0605106, IRAS 18363-0607
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Waarneming

Stephenson 2-18 
’n Vergelyking van die groottes van die geëvolueerde rooisuperreus Stephenson 2-18, die uiterse hiperreus VY Canis Majoris en die helder rooisuperreus UY Scuti.

Die oop sterreswerm Stephenson 2 is in 1990 deur die Amerikaanse sterrekundige Charles Bruce Stephenson ontdek in data wat in ’n diepinfrarooi-opname verkry is. Die swerm, ook bekend as RSGC2, is een van verskeie massiewe oop swerms in die Skild wat elk verskeie rooisuperreuse bevat.

Die helderste ster in die omgewing van die sterreswerm het die aanwyser 1 gekry in die eerste ontleding van die lede van die swerm. Dit word egter nie as lid van Stephenson 2 beskou nie omdat dit ’n entjie daarvan lê en vanweë sy buitengewone ligsterkte en effens ongewone eiebeweging. In ’n latere studie het dié ster die aanwyser 18 gekry en is dit toegewys aan ’n ander groep sterre bekend as Stephenson 2 SW – dit is vermoedelik op dieselfde afstand van ons af as die eerste swerm.

Die afkorting St2-18 (vir Stephenson 2-18) word dikwels gebruik na aanleiding van die nommerstelsel van Deguchi (2010). Om verwarring daarvan te verminder dat dieselfde nommer vir verskillende sterre en verskillende nommers vir dieselfde ster gebruik word, kry name van Davis (2007) dikwels die voorvoegsel DFK of D by, byvoorbeeld Stephenson 2 DFK 1.

Eienskappe

St 2-18 toon die eienskappe van ’n uiterse rooisuperreus met ’n groot ligsterkte en van spektraaltipe M6, wat ongewoon vir ’n superreus is. Dit plaas die ster in die boonste regterkantse hoek van die Hertzsprung-Russell-diagram.

Die ster het ’n geraamde ligsterkte van amper 440 000 L en ’n effektiewe temperatuur van 3 200 K, wat ooreenstem met ’n baie groot radius van 2 150 R – dit is aansienlik groter en helderder as teoretiese modelle van die grootste en helderste moontlike rooisuperreuse (onderskeidelik rofweg 32 000 L en 1 500 R). As die ster as deel van die sterreswerm beskou word, word ander waardes verkry.

Sien ook

Verwysings

Skakels

  • Stephenson 2-18  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

18h 39m 02.3709s, −-06° 05′ 10.5357″

Tags:

Stephenson 2-18 WaarnemingStephenson 2-18 EienskappeStephenson 2-18 Sien ookStephenson 2-18 VerwysingsStephenson 2-18 SkakelsStephenson 2-18FotosfeerLigjareLigsterkteLys van grootste sterreRadiusSaturnusSkild (sterrebeeld)SonSonnestelselSterreswermSuperreus

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VersamelnaamAkkedisKoos du PlessisNoordwes-UniversiteitNagmaalByvoeglike naamwoordVerenigde NasiesWesley SneijderShaanxiVergelykings (taalkunde)GetalWynand du ToitDarwinismeAmerikaanse BurgeroorlogRoebelWhatsAppWladimir WisotskiNeroSonnestelselBosluisbytkoorsRuan JoshEmiraat DirijaPuberteitRugbywêreldbeker 2003Wes-AfrikaNederduitsch Hervormde KerkJosef SukLys van bekende Suid-AfrikanersVerenigde StateJan BlohmEngelse nasionale sokkerspanGlenys LynneSterLily CarterRina HugoSluipmoordAbstraksie (rekenaarwetenskap)Steenkool in Suid-AfrikaKnieSaoedi-Arabiese Grand PrixTandbederfCobus RossouwViëtnamSeksGurbanguly BerdimuhamedowGriepKrampVaginaWes-GhatsJodeLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaSonsverduisteringGeoffrey HintonAnilingusRaymond KurzweilAstanaJoodse kalenderBloemhofdamAnrich HerbstAirbus A340MenseregtePaaseierChristiaan VI van DenemarkeGroenlandsSkaapZazakiSannie Uys (skrywer)HemelvaartsdagAstronoomHartBolsjewisRuslandGiovanni di BicciMondKameeldoring🡆 More