Wynand Du Toit: Suid-Afrikaanse skrywer

Wynand du Toit (gebore 1958, Wes-Kaap) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en oud-soldaat van die SAW.

Hy skryf meestal in Afrikaans.

Du Toit het op 'n koringplaas in die Wes-Kaap grootgeword. In 1977 het hy permanent by die SAW aangesluit. Nadat hy sy B.Mil-graad (Baccalaureusgraad in militêre wetenskap) verwerf het, het hy suksesvol keuring en opleiding by die spesialemagte-eenheid ondergaan. Hy het 'n see-gebaseerde operateur geword by 4 Verkenningsregiment in Langebaan in die Kaap, vanwaar hy aan verskeie operasies deelgeneem het. Hy is later gevange geneem tydens 'n aanval op die olieryke eksklawe van Cabinda, Angola. Nadat hy twee en 'n half jaar in afsondering in 'n Angolese gevangenis deurgebring het, is hy vrygelaat tydens 'n uitgebreide uitruiling van gevangenes in Maputo, Mosambiek. Hy het op 31-jarige ouderdom uit die weermag afgetree met die rang van luitenant-kolonel.

Hy het uitgeblink as 'n openbare en motiveringspreker, en het boerderybedrywighede in Suid-Afrika, Namibië en Angola begin terwyl hy met verskeie ander projekte besig was, soos onder andere vervoerdienste na Angola, veiligheidsdienste en kommersiële konstruksiewerk.

Sy tyd as huursoldaat in Angola na die einde van die Grensoorlog het daartoe gelei dat hy bande gesmee het en verbintenisse opgedoen het met van sy voormalige vyande. Hy het as voorsitter van die Kalkplato Boerevereniging in Namibië gedien, en het die vereniging as 'n arbeids-afgevaardigde by die Namibiese-boereunie verteenwoordig. Hy was 'n lid van die Gautengse Meesterbouersvereniging, en het by die ontstaan van die ondersoek na boerderymoontlikhede in die Republiek die Kongo die vise-president van Kongo-Landbou geword. Hy boer tans deeltyds op sy plaas Belle Terre in die Republiek die Kongo (Brazzaville).

Hy het sy lewensverhaal in twee boeke verwoord getiteld Judasbok en Josefskleed. Hierdie lewensgetroue verhale is gevolg deur nog drie oorlogsfiksie-boeke. Hy skryf meestal in Afrikaans maar ook in Engels, met sy boek Judasbok wat in Engels vertaal is onder die titel Judas Goat. Agt boeke het reeds uit sy pen verskyn naamlik, Judasbok, Josefskleed, The long lost Grave, S-98, Destiny, Pelindaba Protokol – Die asem van Allah, Soldaat en Kaplyn – waar ons weer ontmoet.

Hy skryf tans voltyds wanneer hy nie besig is met plaasbedrywighede in die Kongo nie.

Du Toit het in Februarie 2014 die Nasionale Orde van Verdienstelikheid van die Republiek die Kongo ontvang. Hy is getroud met Frances du Toit (née Mostert) en het twee kinders, 'n seun en 'n dogter. Hy het ook twee kinders uit sy vorige huwelik. Sy eggenote Frances is in KwaZulu-Natal gebore en het in Pretoria grootgeword waar sy aan Hoërskool Waterkloof gematrikuleer het. Hulle is in September 2006 getroud. Frances is Wynand se persoonlike assistent en sy bestuur ook die bemarking en verkope van sy boeke.

Publikasies

  • Judasbok (in Engels vertaal onder die titel Judas Goat)
  • Josefskleed
  • The long lost Grave
  • S-98
  • Destiny
  • Pelindaba Protokol – Die asem van Allah
  • Soldaat
  • Kaplyn – waar ons weer ontmoet
  • Kompas

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

1958AfrikaansSkrywerSuid-Afrikaanse WeermagWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nicola HanekomGroepsgebiedewetKlimaatsverandering in Suid-AfrikaBorskankerHernubare energieAarverkalkingAlice MunroHemelvaartsdagCutt GlasKaapstadse waterkrisis 2015-2018Maatskaplike verantwoordelikheidRieldansSwitserlandHelga UysBeroerteGroot DepressieTrekarbeidBynierArmoedeVlagterminologieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994InfeksieAkwariumGeelsugRuslandFisioterapieSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureKameelperdNemunasKolorektale kankerVolhoubare ontwikkelingNasionalismeNag van die lang messeHorlosieSwartwitpensTradisionele literatuurNadia ValvekensSowjetunieToestand van materieKrapMusiekLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameCovid-19-pandemieFopnuusProteïenLys van musiekinstrumenteViëtnamBalletPaarl GimnasiumBobby AngelRutenium(III)chloriedLys van veltoestandeNaaldekokerMangelontstekingRina HugoLika BerningAardverwarmingAnilingusReënvalbepalingGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaIngenieursweseHoofkarakterPlaasjapieSkoolPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNelson MandelaGeskiedenis van AfrikaansKlawers (speelkaarte)WiskundeGlobaliseringWikiParkinson se siekteOrkney Snork Nie🡆 More