Afrikaans Wiki 2023: Spesiaal:Soek
AFWiki Tiếng ViệtWiki English

Groenlands (kalaallisut, [kaˈlaːɬːisut]) is 'n Eskimo-Aleoetiese taal en sedert 2009 die amptelike taal van Groenland, 'n land binne die Koninkryk van Denemarke. Die tekste van Groenland se nasionale leuse en volkslied, Nunarput utoqqarsuanngoravit en Nuna asiilasooq onderskeidelik, is in Groenlands. Groenlands is nouverwant aan die Inuïtiese tale, maar word anders as hulle sedert die Deense kolonisasie in die 1700's met die Latynse alfabet geskryf.

Groenlands
kalaallisut 
Uitspraak:[kaˈlaːɬːisut]
Gepraat in:Vlag van Denemarke Koninkryk van Denemarke
Gebied:Arktika
Totale sprekers:57 000[1]
Taalfamilie:Eskimo-Aleoeties
 Eskimo
  Inuïties
   Groenlands 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Flag of the Nordic Council 2016.svg Nordiese Raad

Vlag van Denemarke Koninkryk van Denemarke

Gereguleer deur:Groenlandse Taalsekretariaat Oqaasileriffik
Taalkodes
ISO 639-1:kl
ISO 639-2:kal
ISO 639-3:kal 
Verspreiding van Groenlands
Verspreiding van Groenlandse dialekte:

   Inuktun

   Upernavik-dialek

   Kangaatsiaq-Uummannaq-dialek

   Sentraalwes-Groenlands (Kalaallisut)

   Paamiut-dialek

   Nanortalik-Narsaq-Qaqortoq-dialek

   Kaap-Farvel-dialek

   Tunumiisut

Groenlands het sowat 57 000 moedertaalsprekers en is die taal van Groenland se inheemse Inuïete. Dit is verreweg die belangrikste van die Inuïtiese tale en die enigste wat amptelike status geniet. Groenlands bevat drie dialekte (volgens moedertaalsprekers): Kalaallisut (Wes-Groenlands, sowat 44 000), Tunumiisut (Oos-Groenlands, sowat 3 000) en Inuktun of Avanersuaq (Noord-Groenlands, sowat 800). Naas Groenland word Groenlands nog deur emigrante in Denemarke gepraat, waar dit 'n erkende minderheidstaal is.

Bekende Afrikaanse leenwoorde uit Groenlands sluit anorak (aannoraq, afgelei van anori vir "wind") en kajak (qajaq) in. Groenlands is nes soos Afrikaans en Duits bekend vir die skepping van lang woorde. Nuwe woorde word gewoonlik uit Groenlandse wortels saamgevoeg, maar veral in die moderne taalgebruik word hulle uit Deens of Engels ontleen.

Verwysings

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Greenlandic" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2020. Besoek op 28 Maart 2019.

Eksterne skakels

Sien gerus Wiki se uitgawe in Groenlands

This article uses material from the Wikipedia article Groenlands, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 3.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
#Wikipedia® is a registered trademark of the Wikimedia Foundation, Inc. Wiki (duhoctrungquoc.vn) is an independent company and has no affiliation with Wikimedia Foundation.