Gurbanguly Berdimuhamedow

Gurbanguly Mälikgulyýewiç Berdimuhamedow (* 29 Junie 1957 in Babarap, rajon Gökdepe, oblast Asjchabat, Turkmeense SSR, Sowjetunie, tans provinsie Ahal welaýaty, Turkmenistan) is 'n Turkmeense politikus en die huidige voorsitter van die Volksraad van Turkmenistan.

Hy het vanaf 2006 tot 2022 as die tweede president van Turkmenistan gedien. In 2022 het hy 'n magsdelingsreëling met sy seun Serdar, die huidige president, aangegaan.

Gurbanguly Berdimuhamedow
Gurbanguly Berdimuhamedow
Berdimuhamedow in 2017

Voorsitter van die Volksraad van Turkmenistan
Ampsbekleër
Termynaanvang
14 April 2021
Voorafgegaan deur Amp hervestig

2de President van Turkmenistan
Ampstermyn
14 Februarie 2007 – 19 Maart 2022
Waarnemend: 21 Desember 2006 – 14 Februarie 2007
Vise Raşit Meredow
Voorafgegaan deur Saparmyrat Nyýazow
Opgevolg deur Serdar Berdimuhamedow

Leier van die Demokratiese Party van Turkmenistan
Ampstermyn
4 Augustus 2007 – 18 August 2013
Waarnemend: 21 Desember 2006 – 4 Augustus 2007
Voorafgegaan deur Saparmyrat Nyýazow
Opgevolg deur Kasymguly Babaýew

Persoonlike besonderhede
Gebore 29 Junie 1957 (1957-06-29) (66 jaar oud)
Babarap, rajon Gökdepe, oblast Asjchabat, Turkmeense SSR, Sowjetunie (tans provinsie Ahal welaýaty, Turkmenistan)
Politieke party Onafhanklik (sedert 2013)
Demokratiese Party van Turkmenistan (voor 2013)
Ouers Mýalikguly Berdimuhamedow (vader)
Ogulabat Kurrayeva (moeder)
Eggenoot/-note Ogulgerek Berdimuhamedowa
Kind(ers) 4
Alma mater Turkmeense Staat Mediese Instituut

Militêre Diens
Lojaliteit Turkmenistan
Diens/Tak Turkmeense Grondmagte
Rang Generaal van die Weermag (sedert 2007)

Biografie

Berdimuhamedow is op 29 Junie 1957 tot Mälikguly Berdimuhamedowiç Berdimuhamedow (1932–2021) en Ogulabat Kürräýewna Kürräýewa (1937-2023) in Babarap, in die huidige Gökdepe-distrik, Ahal-provinsie, gebore. Hy is die enigste seun in 'n gesin van ses kinders. Berdimuhamedow se vader het as 'n senior beampte van die ministerie van binnelandse sake in 'n gevangeniswag-afdeling gewerk. Hy het as 'n kolonel in die polisie afgetree. Sy oupa, Berdimuhamed Annaýew, was 'n plaaslike onderwyser wat in die Rooi Leër gedien het tydens die Tweede Wêreldoorlog as deel van die 748ste Geweerregiment van die 206ste Geweerafdeling van die 2de Oekraïense Front. In September 1943 was sy eenheid een van die eerstes wat die Dnjeprriver oorgesteek het. Hy is later in die 1948 Ashgabat-aardbewing dood.

Berdimuhamedow het in 1979 aan die Turkmeense Staat Mediese Instituut gegradueer en 'n loopbaan in tandheelkunde betree. Hy het ook 'n PhD in mediese wetenskappe in Moskou ontvang. Teen 1992 het hy deel geword van die tandheelkunde fakulteit by die Mediese Instituut. Tydens die bewind van Saparmyrat Nyýazow, het hy in 1995 hoof van die tandheelkundesentrum van die Ministerie van Gesondheid en Mediese Nywerheid geword.

Politieke loopbaan

Hy is in 1997 as die Minister van Gesondheid aangestel. In 2001 is hy as een van verskeie Adjunkvoorsitters van die Kabinet van Ministers aangewys (ook na verwys as Adjunk Eerste Minister, ten spyte van die gebrek aan 'n Eerste Ministerspos in Turkmenistan). Hy was verantwoordelik vir gesondheid, wetenskap, onderwys en sport. In April 2004 het Nyýazow Berdimuhamedow se salaris vir drie maande opgeskort omdat gesondheidsorgwerkers nie betaal geword het nie.

Die ministerie van gesondheid was verantwoordelik vir die uitvoering van Nyýazow se opdrag om alle hospitale buite die nasionale en provinsiale hoofstede in 2005 te sluit.

Presidentskap

Ná Nyýazow se dood in Desember 2006 het die Staatsveiligheidsraad van Turkmenistan vir Berdimuhamedow as waarnemende president aangestel. Die Raad het in sy aankondiging verklaar dat Öwezgeldi Ataýew, wat as voorsitter van die Vergadering van Turkmenistan die waarnemende president sou word, nie aangestel is nie "in die lig van die feit dat die aanklaer-generaal strafregtelike verrigtinge teen hom ingestel het".

Artikel 60 van die Turkmeense Grondwet het bepaal dat die waarnemende president “nie vir verkiesing tot die Presidensie mag staan nie”, wat Berdimuhamedow sou verhinder het om aan die 2007 presidensiële verkiesings deel te neem. Op 24 Desember 2006 het die Volksraad egter gestem om hierdie bepaling te verwyder, wat hom verkiesbaar gemaak het om aan die verkiesings deel te neem. Berdimuhamedow is deur die politieke elite ondersteun, en die amptelike uitslae het getoon dat hy 89% van die stemme gewen het. Berdimuhamedow se aanstelling as tussentydse president en daaropvolgende verkiesing vir president het egter die grondwet geskend.

In Februarie 2022 is dit deur Reuters berig dat Berdimuhamedow van plan om na vroeë presidensiële verkiesing op 12 Maart te bedank, wat bespiegelings aangevuur het dat hy besig was om sy seun Serdar voor te berei hom as president op te volg. Berdimuhamedow het nie aan die verkiesing deelgeneem nie, wat later deur Serdar gewen is, en het Turkmenistan as die eerste Sentraal-Asiatiese land gevestig wat mag dinasties oorgedra het van vader na seun. Serdar is op 19 Maart as president ingehuldig. Berdimuhamedow is daarna as hoof van die Volksraad verkies.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Gurbanguly Berdimuhamedow BiografieGurbanguly Berdimuhamedow Politieke loopbaanGurbanguly Berdimuhamedow PresidentskapGurbanguly Berdimuhamedow VerwysingsGurbanguly Berdimuhamedow Eksterne skakelsGurbanguly Berdimuhamedow195729 JunieAsjchabatSowjetunieTurkmeense Sosialistiese SowjetrepubliekTurkmenistan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Geskiedenis van erotiese afbeeldingsMoedersdagVerkragtingKriekGordelroosRooikophoutkapperNonnetjie-uilVoorvoegselEikelOttomaanse RykOutismeSuider-Afrikaanse ietermagogApartheidPlaasjapieFiskaallaksmanAkroniemNatriumVulkaanSwangerskapEkonomieTBruin huisslangRobert SobukweTasché BurgerRichard van der WesthuizenLasse Lindtner7de LaanOnse VaderMetamfetamienEgipteEskomMondBloedsomloopstelselGewone breukeTini VorsterDuitse maselsSelfstandige naamwoordLuiaardSoedanLieweheersbesieKlitorisBloedvergiftigingKamphoerElizabeth II van die Verenigde KoninkrykGesonde dieetJonathan JansenLangste woordLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaVergelykings (taalkunde)EuropaAntieke EgipteWaterbesparing in Suid-AfrikaGravis-aksenttekenEerste WêreldoorlogStephanus Jacobus du ToitWoordeboek van die Afrikaanse TaalDie GelofteBeenbreuke en ontwrigtingsGriepStilleweSkarlakenkoorsDaggaVoorspelNeels van JaarsveldRooihartbeesEkonomie van Suid-AfrikaSwartbewussynsbewegingNasionale lied van Suid-AfrikaPlastiekPlaasmoorde in Suid-AfrikaMiljardGawes van die Heilige GeesAalwynSarah Baartman-distriksmunisipaliteitJudaïsme🡆 More