Tini Vorster

Tini Vorster (née Malan; soms gespel Tienie Vorster; 21 Augustus 1917 - 14 September 2000) was die eggenote van voormalige staatspresident John Vorster en was gevolglik van 10 Oktober 1978 tot 4 Junie 1979 die eerste dame van Suid-Afrika.

Tini Vorster

Presidentsvrou van Suid-Afrika
Ampstermyn
10 Oktober 1978 – 4 Junie 1979
President John Vorster
Voorafgegaan deur Margaretha Jacoba Diederichs (née Potgieter)
Opgevolg deur Marietjie Viljoen

Persoonlike besonderhede
Gebore 21 Oktober 1917
Worcester, Suid-Afrika
Sterf 14 September 2000 (op 82)
Strand, Wes-Kaap
Politieke party Nasionale Party
Eggenoot/-note John Vorster (1915 – 1983)
Kind(ers) 3
Alma mater Potchefstroomse Universiteit
Tini Vorster
Vier premiersvroue by die 20-jarige feeskongres van die Nasionale Party in Parow: Betsie Verwoerd, Susan Strijdom, Tini Vorster en Maria Malan.

Martini Steyn Malan is op Worcester gebore en trou in 1941 met die latere pres. John Vorster. Drie kinders is uit die huwelik gebore, 'n dogter Elsa, en twee seuns, Willem en Pieter. Pieter is op die ouderdom van 31 aan waterpokkies oorlede.

Mev. Vorster was Suid-Afrika se eerste geregistreerde vroulike maatskaplike werker. In 1978 ontvang sy 'n eredoktorsgraad van die Potchefstroomse Universiteit vir haar maatskaplike diens en geskiedenisnavorsing oor die presidentslandgoed Groote Schuur.

In 1990 ontvang sy die D.F. Malanmedalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap, Kuns en Kultuur vir werk van die hoogste gehalte ter bevordering van die Afrikaanse kultuur. 'n Britse koerant het by geleentheid geskryf dat, as sy in 'n later geslag gebore was, sy self die eerste minister sou kon wees.

Sy was ook 'n ereburger van Kareedouw, waar die egpaar ná hulle aftrede gewoon het. In 1987 het oudpres. P.W. Botha die Orde vir Voortreflike Diens aan haar toegeken.

Sy is op 14 September 2000 na 'n siekbed van 6 maande in 'n aftreeoord in die Strand oorlede. Sy was 83 jaar oud en is deur haar seun Willem, dogter Elsa, 10 kleinkinders en 5 agterkleinkinders oorleef.

Die Afrikaans-medium Laerskool Tini Vorster in Nigel is na haar vernoem en die Zanele Mbeki-tehuis by Dunnottar het vantevore haar naam gedra (as die Tienie Vorster-tehuis).

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

14 September1917200021 AugustusEerste DameJohn VorsterSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JudaïsmeGeelsugAardkorsMynbouLongSlag van BloedrivierIronieMangelSwart menseGoudkus (streek)TaalItaliëWoordeskatDuitse maselsSebraRosa ParksMenseregtedagWesterse filosofieBruin mense1990Verenigde KoninkrykEjakulasieLeestekenInfeksieAborsie in Suid-AfrikaPriemgetalSlawernyNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaDomkragPlastiekMenseregteRooikatKankerWaterbesparing in Suid-AfrikaLodewyk XVI van FrankrykLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)GroepsdrukTrekarbeidMeeueNasionalismeHoenderApostoliese GeloofsbelydenisVakbondSuid-AfrikaPaddaHulpwerkwoordTegnologieBeaufortskaalDiatomiese molekuulDriehoekKoolhidraatBlomOos-KaapSiya KolisiMielieBesoedelingKleurNazi-DuitslandPoesZack du PlessisLys van musiekinstrumenteKaliumWes-KaapLeonardo da VinciRelatiwiteitsteorieWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaLys van chemiese elemente volgens atoomgetalGenadedoodKlimaatveranderingLionel MessiEllipstekenVlekvrye staalKolitisWisselkoersReënspinnekopMonopolieEngeland🡆 More