Richard Van Der Westhuizen

Richard van der Westhuizen (* 1953 te Nababeep, Namakwaland) is 'n Suid-Afrikaanse musiekkunstenaar en akteur.

Na sy laerskooljare in Nababeep matrikuleer hy aan St. Joseph's College in Rondebosch. Hy behaal die graad B.Sc. (Boukunde) aan die Universiteit van Pretoria. Hy werk 'n ruk lank vir 'n boekie in Pretoria en toe 'n jaar lank as kroegman in die Okiep Hotel. Hierna begin hy met toneelspel.

Richard van der Westhuizen
Gebore1953
Nababeep, Namakwaland
GenresLigte Afrikaanse musiek
Beroep(e)Sanger, akteur

Verhoogoptredes

Van der Westhuizen se verhoogoptredes sluit in:

  • Die van Aardes van Grootoor, deur Pieter-Dirk Uys, 1979, Markteater, Johannesburg.
  • Die Staatsgetuie, deur Agatha Christie, 1979, Windhoekteater.
  • Plaston DNS-kind, deur P.G. du Plessis, 1981, Stadskouburg, Bloemfontein.
  • Die Goue Kring, deur Uys Krige, 1982, Stadskouburg, Bloemfontein.
  • Die Potlooddief en die Engel, deur Ampie van Straten, 1985, Staatsteater, Pretoria.
  • The Time of the Hyena, deur Mitzi Booysen, 1986, Windybrowteater, Johannesburg.
  • Hamlet, deur William Shakespeare, 1987, Staatsteater, Pretoria.
  • Panorama, deur Pieter-Dirk Uys, 1987, Grahamstadfees.
  • Minnaar onder die Wapen (Arms and the Man), deur George Bernard Shaw, 1987, Windhoekteater.
  • Die Laaste Strooi, saamgestel deur Ilse van Hemert uit die werke van C.J. Langenhoven, 1998, 1999, Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Aardklop Kunstefees, Durban, Bloemfontein, Pretoria, Stellenbosch.

Televisieoptredes

Van der Westhuizen se televisieoptredes sluit in:

  • 1945, deur Chris Barnard, 1983, vervaardig deur Sonneblom Films onder regie van Nic de Jager.
  • Die Meisie van Suidwes, 1984, vervaardig deur Elmo de Witt Films, regie deur Reghardt van den Bergh.
  • Die Mannheim Sage, deur Lerina Erasmus, 1986, regie: Koos Roets.
  • Agter Elke Man, deur Franz Marx, 1988, regie: Franz Marx en Laurence Lurie.
  • Ballade vir 'n Enkeling, deur Leon van Nierop, 1991, vervaardig deur die SAUK onder regie van Henry Milne.
  • Death in the Family, 1994, vervaardig deur Waterfront Productions onder regie van Annie Basson.
  • Honeytown I & II, 1995,1997 onder regie van Ian Roberts en Etienne de Villiers.
  • Arsenaal, deur Jan Scholtz, 2002, vervaardig deur Scholtz Films.
  • Paradys, deur Paul C. Venter, 1998, vervaardig deur Eklips.
  • Onder Draai die Duiwel Rond, deur Chris Barnard, 1998, vervaardig deur Sonneblom Films onder spelleiding van Katinka Heyns.
  • Samaritaan, deur Paul C. Venter, 1999, vervaardig deur Eklips.
  • Plek van die Vleisvreters, 2004, vervaardig vir Kyknet.
  • Hart van Staal, 2005, vervaardig deur Westel vir Kyknet.
  • 7de Laan as Tokkie (Emma se Pa), deur Danie Odendaal, 2005 en 2006.
  • Dryfsand, deur P.G du Plessis, 2007, vervaardig deur Krisan produksies onder regie van Koos Roets.
  • Andries Plak, deur P.G. du Plessis, 2007 vir SABC2, regie Koos Roets.
  • Riemvasmaak, deur Peter en Margaret Goldsmid, 2008, vir SABC2, onder regie van Peter Goldsmid.

Rolprente

Van die rolprente waarin Richard verskyn het sluit in:

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Richard Van Der Westhuizen VerhoogoptredesRichard Van Der Westhuizen TelevisieoptredesRichard Van Der Westhuizen RolprenteRichard Van Der Westhuizen Sien ookRichard Van Der Westhuizen Eksterne skakelsRichard Van Der Westhuizen1953AkteurNababeepNamakwalandRondeboschSuid-AfrikaUniversiteit van Pretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Cheslin KolbeAngssteuringLys van nedersettings in Suid-AfrikaMark (ekonomie)WikipediaSinoniemVars waterSpinnekopKunselementeKaapstadse waterkrisis 2015-2018MierOm-te-infinitiefkonstruksieFranse RewolusieHeuningbySeptimius AwardsDemokrasieOmtrek, oppervlakte en volumeSwaweldioksiedProvinsies van Suid-AfrikaKultuurEreksieToestand van materieWeervoorspellingSpelerposisies in rugbyVingerseksByvoeglike naamwoordProteïenWoordeskatApokriewe boekeAarverkalkingLongLetterlike en figuurlike taalgebruikTierWaterpokkiesSmaakEugenetikaHibernasieWieg van die MensdomResensieKolorektale kankerVoorsetselHoofstadAnglisismeAnale seksAluminiumVormAsemhalingGesonde dieetPaddaKlinkerKnieGenadedoodHomoniemBysteekAfrikaanse WikipediaLTamatieMandalaMiddelmisbruikItaliëGalblaasSosiale mediaMoslemLys van Afrikaanse rolprenteCholeraVoedselkettingLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsGestremdheidDansGasWoestynNicole StraussBruin menseDieregeluideMielieVerkleinwoord🡆 More