Hemelliggaam

’n Hemelliggaam is ’n natuurlike voorwerp of struktuur wat in die sigbare ruimte voorkom.

Dit sluit in die sterre, planete, mane, asteroïdes en komete. Hulle kan ook bestaan uit talle afhanklike voorwerpe wat saam sterreswerms, newels en sterrestelsels vorm.

Asteroid Ida with its own moon Mimas, a natural satellite of Saturn
Planet Jupiter, a gas giant Hemelliggaam
Planet Neptune, a ice giant Planet Uranus, a ice giant
Hemelliggaam Star Sirius A with white dwarf companion Sirius B Hemelliggaam
Black hole (artist's animation) Vela pulsar, a rotating neutron star
Globular star cluster Pleiades, an open star cluster
The Whirlpool galaxy Abel 2744, Galaxy cluster
The Hubble Ultra-Deep Field 2014 image with an estimated 10,000 galaxies Map of galaxy superclusters and filaments
'n Versameling van hemelliggame.
Hemelliggaam
'n Saamgestelde foto van die ronde dwergplaneet Ceres; die effens kleiner, amper ronde Vesta; en die veel kleiner, onreëlmatige Eros. Dit illustreer hoe groter hemelliggame deur hulle swaartekrag rond gedruk word.

Die grootste hemelliggame wat voorkom, is sterrestelsels, wat uit dwergsterrestelsels bestaan. Die sterrestelsels word gegroepeer in sterrestelselswerms, wat dikwels weer in groter superswerms lê wat in groot filamente tussen byna leë holtes voorkom. Dit alles vorm ’n web wat die sigbare heelal genoem word. Sterre- en dwergsterrestelsels het ’n verskeidenheid vorms, wat bepaal word deur hul evolusiegeskiedenis, wat interaksies met ander sterrestelsels insluit. Na gelang van die soort sterrestelsel kan dit spesifieke kenmerke hê soos spiraalarms, halo's en ’n kern. In die middel van die meeste sterrestelsels kom ’n swartkolk voor. Hulle het ook satelliete in die vorm van dwergsterrestelsels en bolswerms.

Die groot verskeidenheid van stervorms word feitlik geheel en al bepaal deur die massa, samestelling en evolusiefase van ’n ster. Hulle kan voorkom in veelvoudige stelsels wat om mekaar wentel, soos dubbelsterre en veelvoudige sterre.

Die verskillende soorte sterre kan gesien word in die Hertzsprung-Russell-diagram – ’n grafiek wat sterre se ligsterkte stel teenoor hul oppervlaktemperatuur. Elke ster volg ’n evolusiebaan deur die grafiek. Na gelang van die aanvanklike massa van ’n ster en die teenwoordigheid of afwesigheid van ’n metgesel, kan ’n ster die laaste fase van sy bestaan deurbring as ’n kompakte ster – óf ’n witdwerg óf ’n neutronster óf ’n swartkolk.

Kategorieë

Die tabel lys die mees algemene hemelliggame in die heelal na gelang van hul ligging.

Sonnestelsel Ekso-voorwerpe
Eenvoudige voorwerpe Saamgestelde voorwerpe Uitgebreide voorwerpe

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AsteroïdeKomeetMaanNewelPlaneetRuimteSterSterrestelselSterreswerm

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RymTweede Nuwe JaarHartaanvalSimboolWeerfrontGianna MichaelsRefentse MorakeLeonardo da VinciSeevlakstygingVolstruisLys van bekende Suid-AfrikanersKunsmatige intelligensieHernubare energiePornhubAluminiumMiljardByPeriodieke tabelNedersettingKrieketHerfsWithaaiEkonomie van Suid-AfrikaAfrikanerweerstandsbewegingNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaPseudowetenskapSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeBreinkaartWaatlemoenSeksposisieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalMenseregtedagRookgewoonteKonjunktivitisKlimaatsverandering in AfrikaGlobaliseringEerste WêreldoorlogEskomWoordSkaapFilistyneTermiese geleidingsvermoëKolorektale kankerBosluisbytkoorsYouTubeEngelsSeksueel oordraagbare infeksieVoedingAnglo-BoereoorlogNag van die lang messeCovid-19-pandemieBeesLenteLys van politieke partye in Suid-AfrikaTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)VigsLys van musiekinstrumentePlantluisVrouJode in Suid-AfrikaThe CranberriesMonoloogReënspinnekopWater (molekuul)HibernasieTierInentingEienaamNatuurMiddeloorontstekingVryheidsmanifesMorfologie (taalkunde)KapitalismeWaterbesoedelingPubiese hareLewerIronie🡆 More