Ky Cygni

KY Cygni is ’n rooisuperreus van spektraaltipe M3.5Ia in die sterrebeeld Swaan.

Dit is een van die grootste sterre bekend, met ’n geraamde radius van 1 420 R (sonradiusse). Dit is ook een van die helderstes: sowat 300 000 of meer keer so helder as die Son. Dit is sowat 5 000 ligjare van die Aarde af.

KY Cygni
KY Cygni se grootte in vergelyking met dié van Betelgeuse.
KY Cygni se grootte in vergelyking met dié van Betelgeuse.
Sterrebeeld Swaan
Spektraaltipe M3-4I (M3,5Ia)
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 20h 25m 58.05s
Deklinasie +38° 21′ 07.6″
Skynmagnitude (m) 11,14 (10,60 – 11,74)
Absolute magnitude (M) -8,18
B-V-kleurindeks  3,39
U-B-kleurindeks  2,91
Besonderhede
Radius (R) 1 420 (2 850?)
Ligsterkte (L) 138 000 - 270 000
Temperatuur (K) 3 500
Afstand (ligjaar) ~5 000
Eienskappe
Veranderlikheid Stadig, onreëlmatig
Ander name
KY Cyg, GSC 03152-01140, IRAS 20241+3811, IRC+40415, TYC 3152-1140-1, RAFGL 2575, UCAC2 45230193, 2MASS J20255805+3821076
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Waarnemings

KY Cyg lê naby die helder oop sterreswerm NGC 6913, maar behoort waarskynlik nie daartoe nie. Sy ligging is naby dié van die helder ster γ Cygni. Dit is in 1930 as ’n veranderlike ster geïdentifiseer en hernoem tot KY Cygni (sien Benaming van veranderlike sterre). Die spektraaltipe is vasgestel op M3Ia, met klein aanpassings sedertdien.

Die ster is baie rooi omdat dit sowat 7,75 magnitudes teen sigbare golflengtes verloor.

Eienskappe

KY Cygni is ’n groot, helder superreus met ’n sterk sterwind. Dit verloor massa teen ’n enorme tempo, hoër as die meeste ander rooisuperreuse, en word soms beskryf as ’n koel hiperreus. Sy eienskappe is onseker, maar sy temperatuur is sowat 3 500 K en sy ligsterkte meer as 100 000 L.

KY Cygni is ’n veranderlike ster, maar met geen duidelike periodisiteit nie. Soms wissel dit vinnig, en ander kere is dit vir lang tye taamlik konstant.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

20h 25m 58.05s, +38° 21′ 07.6″

Tags:

Ky Cygni WaarnemingsKy Cygni EienskappeKy Cygni Sien ookKy Cygni VerwysingsKy Cygni Eksterne skakelsKy CygniAardeLigjareLys van grootste sterreRadiusSonSonradiusSpektraaltipeSterrebeeldSuperreusSwaan (sterrebeeld)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ramsar-vleilande in Suid-AfrikaBek-en-klouseerEmfiseemPomeloLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Slag van Cuito CuanavaleAktuarisMoslemRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Persoon (taalkunde)KilometerMetaalnywerheidSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024VloeistofWaterpokkiesGesonde dieetKommunismePretoriaWynKernoorlogKolonoskopieLieweheersbesieOogproblemeKatoenLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameKnieHerpes simplexKoringCorioliskragKasteel die Goeie HoopMalariaTrappe van vergelykingMisdaadromanAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeVarkgriepNaeltjiesVersamelnaamOsoonuitputtingProvinsies van Suid-AfrikaSwangerskapMenseregtedagSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMikro-ekonomieBosluisbytkoorsTaalCovid-19-pandemieAngssteuringTsongaLys van Afrika-landeCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaVulvaSpinnekopAlliterasieVormBerilliumAardbewingGroepsdrukLenteAntjie SomersMoskouHoofpynPseudowetenskapVennootskapVolhoubare ontwikkelingSportAngolese BurgeroorlogGeelsugAlkoholismeWeer (meteorologie)KoedoeWerkwoordVrymesselarySinoniemNaaldekokerNatrium🡆 More