Kleurindeks

Die kleurindeks in sterrekunde is ’n eenvoudige numeriese uitdrukking wat die kleur van ’n voorwerp aandui, en in die geval van ’n ster sy temperatuur.

’n Voorbeeld van kleurindekse
Sterklas B-V U-B Temp. (K)
O5V -0,33 -1,19 42 000
B0V -0,30 -1,08 30 000
A0V -0,02 -0,02 9 790
F0V 0,30 0,03 7 300
G0V 0,58 0,06 5 940
K0V 0,81 0,45 5 150
M0V 1,40 1,22 3 840

Hoe kleiner die kleurindeks, hoe blouer (en dus warmer) is die voorwerp. Hoe groter die kleurindeks, hoe rooier (en kouer) is die voorwerp. Dit is ’n gevolg van die logaritmiese magnitudeskaal, waarvolgens helderder voorwerpe kleiner (meer negatiewe) magnitudes as dowwe voorwerpe het.

Om die indeks te meet, word die magnitude van ’n voorwerp deur twee verskillende filters waargeneem, soos U en B, of B en V. U is sensitief vir ultravioletlig, B vir blou lig en V vir sigbare (groen-geel) lig. Die stel filters word ’n fotometriese stelsel genoem. Die verskil in magnitudes wat met die filters gemeet word, word onderskeidelik die U-B- en die B-V-kleurindeks genoem. Laasgenoemde word dikwels in sterkatalogusse aangegee.

Voorbeelde

Die gelerige Son het ’n B-V-indeks van 0,656 en die wit ster Deneb s’n is 0,09, terwyl die blouerige Rigel ’n B-V van -0,03 het (sy B-magnitude is 0,09 en sy V-magnitude 0,12; B – V = -0,03).

Verwysings

Tags:

BlouRooiSterSterrekundeTemperatuur

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KoerantBelgiëDermpoliepGeweldMuishondHoofkarakterPerdTaalfossielWaterkringloopMeettegniekBloedsomloopstelselOssewaSkoenlapperKaapstadKoorsSwartrenosterFacebookParkinson se siekteCorioliskragGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondVormAkroniemOrthopteraGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaWet op Bantoe-onderwysAfrikaanse TaalmonumentGeskiedenis van Suid-AfrikaKunstenaarLOligopolieSkarlakenkoorsMenseregtedagSokkerTradisionele Afrika-medisyneStilleweVisLarry PageDemokrasieMisdaadromanFamilie (verwantskap)OnderhoudLidwoordRudi ClaaseTegnologieSikloonWaterbesparing in Suid-AfrikaAfrikaanse taalleerKinderregteSonnestelselMantisVerkragtingKwaZulu-NatalSosiale ordeDieregeluideNetbalVryheidsmanifesKasterolieWikiquoteKlein-KarooGasHeidelberg, GautengVulvaDeelteken en umlautDriedimensioneelJansenvilleDonkieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Sosiale mediaGevolge van aardverwarming op oseaneEiffeltoringGeldSelfieRooibokHorlosieJo BlackMeervoudTelevisieYstervark🡆 More