Catharanthus

Catharanthus is ’n genus blomplante in die familie Apocynaceae.

Hulle is algemeen bekend as kanniedoods. Daar is agt bekende spesies, waarvan sewe endemies op Madagaskar is. Een spesie, C. roseus, kom egter wydverspreid oor die wêreld voor. Die agtste spesie, C. pusillus, is inheems aan Indië en Sri Lanka. Die naam Catharanthus kom uit Grieks en beteken "suiwer blom".

Catharanthus
Catharanthus
Catharanthus roseus.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Catharanthus

G.Don
Tipespesie
Catharanthus roseus
(L.) G. Don.
Sinonieme
  • Ammocallis Small

Beskrywing

Hulle is meerjarige kruie met blare wat teenoor of amper teenoor mekaar geleë is. Die plante dra gewoonlik enkelvoudige blomme. Elk het ’n blomkelk met vyf, lang, smal lobbe en ’n kroon met ’n buisvormige keel en vyf lobbe.

Catharanthus roseus word as ’n sierplant in tuine gegroei. Verskeie kultivars is al gekweek vir blomme van baie skakerings van pienk, rooi, pers en wit, of in ligte skakerings met donker kele.

Spesies

  1. Catharanthus coriaceus Markgr. – Madagaskar
  2. Catharanthus lanceus (Bojer ex A.DC.) Pichon – Madagaskar
  3. Catharanthus longifolius (Pichon) Pichon – Madagaskar
  4. Catharanthus ovalis Markgr. – Madagaskar
  5. Catharanthus pusillus (Murray) G.Don. – Indië, Sri Lanka, Wes-Himalaja
  6. Catharanthus roseus (L.) G.Don. – wydverspreid
  7. Catharanthus scitulus (Pichon) Pichon – Madagaskar
  8. Catharanthus trichophyllus (Baker) Pichon – Madagaskar

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Catharanthus BeskrywingCatharanthus SpesiesCatharanthus VerwysingsCatharanthus Eksterne skakelsCatharanthus

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Volksrepubliek ChinaVoyeurismeKunsmatige intelligensieAnette EngelbrechtUrineAfrikaanse WikipediaRooibokGeweldRassisme in AfrikaFamilie (verwantskap)Robert SobukweKangaroeIslamitiese kalenderGeldNasionale VrouedagAtoomFiskaallaksmanRuslandInflasieLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)SkilpadOrale seksMaanVan Breda-moordeSiener van RensburgLys van Suid-Afrikaanse musikanteAfrikaanse woordelys en spelreëlsBlouwildebeesStaalEuropaPreseminale vloeistofSteve BikoIP-adresMasturbasieVryheidsdagAborsieBlouCristiano RonaldoHipoteseAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidMiG-29GrootrietrotKatMuishondProstaatklierVlag van Suid-AfrikaHeupvervangingVryheid van spraakGeorge Ballot1986Zirk BerghAkuut-aksenttekenVigsByPeach van Pletzen1945TongaatDoziAluminiumBedreigde spesieBeenbreuke en ontwrigtingsSnaarinstrumentMenseregtedagC.J. LangenhovenAfro-AmerikanersLetterlike en figuurlike taalgebruikGrootkolmuskeljaatkatHerpes simplexBruto binnelandse produkKarlien van JaarsveldRefentse MorakeKoorsblaarGeelstert2023 Azerbeidjanse Grand PrixMieliestronkTurksvyAfghanistan🡆 More