'n IP-adres is 'n unieke nommer, soortgelyk aan 'n telefoonnommer, wat deur masjiene (gewoonlik rekenaars) gebruik word om na ander masjiene te verwys wanneer inligting oor die Internet versend moet word; die Internetprotokol bestuur hierdie kommunikasie.
'n Voorbeeld van 'n IP-adres is 207.142.131.236. Omdat mense moeilik sulke nommers onthou, is 'n gepaardgaande stelsel ontwerp om name (soos www.wikipedia.org) na hierdie nommers om te skakel, bekend as die DNS (Domain Name System).
Daar is twee weergawes van die Internet Protokol wat hoofsaaklik in gebruik is, elk met sy eie definisie en voorstelling van 'n IP-adres.
IPv4 (Internet Protokol weergawe 4) gebruik 32 bisse (4 grepe) om die adres te stoor, wat 'n totaal van 4 294 967 296 (232) verskillende adresse gee. 'n Aantal van hierdie adresse word egter gereserveer vir ander doeleindes, soos by voorbeeld, vir gebruik in privaat netwerke.
Voorbeeld: 207.142.131.236
IPv6 (Internet Protokol weergawe 6) gebruik 128 bisse (16 grepe) om die adres te stoor, wat, teoreties, 'n totaal van 2128 unieke adresse kan voorsien.
Voorbeeld: 2001:0db8:85a3:08d3:1319:8a2e:0370:7334
Vanaf Maart 2020, is net 371 van die top 1000 webwerwe op die internet beskikbaar deur IPv6. Hulle is meestal Google webwerwe en volgens Google se statistiek, is omtrent 30% van alle verkeer op hulle netwerk IPv6.
Volgens 'n Internet Society verslag in 2018:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article IP-adres, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.