Facebook

Wêreld se grootste en aktiefste sosiale netwerkwebwerf

Facebook is die wêreld se grootste en aktiefste sosiale netwerkwebwerf.[3] Teen Oktober 2012 het dit meer as een miljard gebruikers gehad, en meer as die helfte van hulle gebruik die mobiele weergawe van die webblad.[4] Facebook is in meer as twintig tale beskikbaar, waaronder Afrikaans. Die gebruik van Facebook is gratis. Nadat 'n gebruiker geregistreer is mag hy 'n persoonlike profiel skep, ander mense bevriend en boodskappe uitwissel. Daar is ook 'n reeks toepassings, soos byvoorbeeld speletjies of nuusartikels, waarvoor 'n gebruiker kan inteken. Facebook het beweer dat dit meer as 2,3 miljard maandelikse aktiewe gebruikers teen Desember 2018 gehad het. [5]

Facebook
Facebook F icon.svg
TipeAandelemaatskappy
Gestig4 Februarie 2004
HoofkantoorMenlo Park, KaliforniëVerenigde State
SleutelpersoneMark Zuckerberg (Voorsitter en uitvoerende hoof)
Sheryl Sandberg (hoofbedryfsbeampte)
Gebied bedienWêreldwyd, behalwe vir afkeurende lande (2005–hede)
IndustrieInternet
ProdukteGemeenskapswebwerf
InkomsteGreen Arrow Up Darker.svg $27,638 miljard (2016)[1]
BedryfsinkomsteGreen Arrow Up Darker.svg $12,427 miljard (2016)[1]
Netto inkomsteGreen Arrow Up Darker.svg $10,217 miljard (2016)[1]
Werknemers17 048 (2016)[2]
Dogter-
maatskappye
Instagram
Messenger
WhatsApp
Oculus VR
Webwerfwww.facebook.com
Mark Zuckerberg in 2005
Facebook se hoofkantoor in Palo Alto, Kalifornië.

Geskiedenis

Facebook
 
 
Tipe webbladSosialenetwerkdiens
Taal(e)Veeltalig
RegistrasieVereis
EienaarFacebook, Inc.
Opgerig4 Februarie 2004
Huidige statusAktief
URLFacebook

Die eerste weergawe van Facebook was bekend as The Facebook en is op 4 Februarie 2004 van stapel gestuur. Die huidige uitvoerende direkteur van Facebook is Mark Zuckerberg en hy was destyds een van die medestigters gewees.

Aanvanklik was lidmaatskap tot slegs studente aan die Harvard-universiteit beskikbaar. Binne die eerste twee maande nadat die projek begin is, is die lidmaatskap tot ander universiteite, soos die Boston College, Boston Universiteit en die MIT, in die Boston-area, uitgebrei. Alle Ivy League-universiteite het terselfdertyd ook toegang tot lidmaatskap verkry.

Gedurende die daaropvolgende jaar is verskeie indiwiduele universiteite ook toegang tot die netwerk gebied. Langsamerhand was dit vir enige persoon wat 'n Amerikaanse kollege of universiteit .edu e-posadres gehad het, moontlik om by die netwerk aan te sluit. Daar was ook 'n aparte netwerk wat spesifiek vir Amerikaanse hoërskole geskep is.

Sedert 11 September 2006 kan enigiemand met 'n geldige e-posadres by Facebook aansluit,[6] solank die persoon aan die ouderdomsvoorskrifte van die webwerf voldoen. Gebruikers van die diens kan kies om by een of meer subnetwerke aan te sluit, soos 'n hoërskool, werk, of geografiese gebied.

Groei

 
Toename in Facebook-gebruikers (2004–2013)
 
Die mees gewilde gemeenskapswebwerwe volgens lande: ██ Facebook ██ Twitter ██ VKontakte ██ Qzone ██ Odnoklassniki ██ Facenama ██ geen data nie
DatumAantal aktiewe gebruikers
Desember 20041 miljoen
Desember 20055,5 miljoen
Desember 200612 miljoen
April 200720 miljoen
Oktober 200750 miljoen
Augustus 2008100 miljoen
Januarie 2009150 miljoen
Februarie 2009175 miljoen
April 2009200 miljoen
Julie 2009250 miljoen
September 2009300 miljoen
Desember 2009350 miljoen
Februarie 2010400 miljoen
Julie 2010500 miljoen
Desember 2010600 miljoen
Januarie 2011650 miljoen
Februarie 2011680 miljoen[7]
April 2011700 miljoen
Julie 2011750 miljoen
Januarie 2012900 miljoen
4 Oktober 20121 miljard

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 "10-K Annual Report". SEC Filings (in Engels). Google. 28 Januarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 September 2017. Besoek op 19 April 2017.
  2. (en) "Company Info | Facebook Newsroom". Facebook. 2 Februarie 2017. Besoek op 19 April 2017.
  3. Kazeniac, Andy (9 Februarie 2009). "Social Networks: Facebook Takes Over Top Spot, Twitter Climbs". Compete Pulse blog (in Japannees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2020. Besoek op 17 Februarie 2009.
  4. Sengupta, Somini (14 Mei 2012). "Facebook's Prospects May Rest on Trove of Data". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 15 Mei 2012.
  5. Gebel, Meira. "In 15 years Facebook has amassed 2.3 billion users — more than followers of Christianity". Business Insider (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
  6. "Facebook: The Newest Fad in Marketing". Thinkubator: Facebook, the latest fad in marketing. Geargiveer vanaf die oorspronklike (HTML) op 2012-07-15. Besoek op 2007-07-25.
  7. Facebook krijgt elke dag 700.000 nieuwe profielen bij, hln.be

Eksterne skakels