Grootkolmuskeljaatkat

Die grootkolmuskeljaatkat (Genetta tigrina) kom voor aan die suidelike en oostelike kusgebiede van Suid-Afrika.

Grootkolmuskeljaatkat
Grootkolmuskeljaatkat
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Viverridae
Genus:
Spesie:
G. tigrina
Binomiale naam
Genetta tigrina
(Schreber, 1776)
Grootkolmuskeljaatkat
Verspreiding
Grootkolmuskeljaatkat
'n Muskeljaatkat in Botswana. Foto geneem deur Hp.Baumeler van Switserland

Bou en kleur

Die soogdier kan tot 3.2 kg swaar word en is wit of gryswit met swart kolle, ringe en strepe. Die stert is donker met wit ringe. Van die skouers, al op die ruggraat langs tot by die stertbasis, is 'n strook donker hare. Daar is wit kolle onder die oë en die wange is ook wit; dit word geskei deur donkerbruin strepe vanuit die hoeke van die oë. Die ore is rond en regop. Die stert eindig in 'n swart punt en die ken is wit. Daar is geen verskil tussen die geslagte nie.

Habitat

Die diere verkies waterryke gebiede met genoeg onderbos en hulle eet: rotte, muise, sprinkane, kewers, voëls, spinnekoppe, krieke en paddas.

Gewoontes

Hulle is naglewend en kom na sononder uit. Hulle slaap bedags in ou erdvark- of springhaasgate of hol boomstamme. Hulle beweeg merendeels op die grond maar kan ook boomklim. Die dier kom nog buite bewaringsgebiede voor. Twee tot vyf kleintjies word na 'n dratyd van ±2 maande tussen Augustus en Maart gebore. Die lewensduur is ±13 jaar. Hulle natuurlike vyande is die luiperd, leeu en die luislang.

Sien ook

Grootkolmuskeljaatkat 
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Grootkolmuskeljaatkat

Bron

Verwysings

Tags:

Grootkolmuskeljaatkat Bou en kleurGrootkolmuskeljaatkat HabitatGrootkolmuskeljaatkat GewoontesGrootkolmuskeljaatkat Sien ookGrootkolmuskeljaatkat BronGrootkolmuskeljaatkat VerwysingsGrootkolmuskeljaatkat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MaselsSenuweestelselKoppeltekenSuiwelprodukWiki CommonsIndo-Europese taleOnomatopeeGrondwet van Suid-AfrikaBatePinksterHibernasieParlement van Suid-AfrikaSteve BikoAkkedisJeugdagTuisbladVlinderMineraalTransatlantiese slawehandelKwikLandbouKlem-in-die-kaakAfrikaansPersentasieMark (ekonomie)Angolese Oorlog vir OnafhanklikheidKontinentAntisemitismeWikimedia-stigtingTussenwerpselTobie CronjéAuschwitz-konsentrasiekampKoekie (rekenaarwetenskap)KondensasieEnkelvoudige sinAngolese BurgeroorlogVerkoueStadMieliestronkSatanismeKlimaatveranderingLys van Afrikaanse skrywersWeefselSaartjie BaartmanDemografie van Suid-AfrikaKindermishandelingPersoon (taalkunde)MiltAfrikaanse woordelys en spelreëlsKoringVerdampingSlangOseaanbesoedelingBreinvliesontstekingBotswanaWaterbesparing in Suid-AfrikaSeevlakDuitslandSonpaneelBurgerregteNederlandsEskomSonenergieHernubare energieGolf (fisika)GroepsgebiedewetBloemfonteinMobutu Sese SekoHoofletterE-posPersoonlikheid🡆 More