Himalaja

Die Himalaja (Sanskrit: हिमालय; Nepalees: हिमालय; Oerdoe: ہمالیہ‎; van Sanskrit hima (sneeu) en ālaya (woning), letterlik tuiste van die sneeu) is 'n bergreeks in Suid-Asië, wat die Indo-Ganges-plein van die Tibetaanse plato skei.

Dit lê uitgestrek van Pakistan oor Indië, Nepal, Tibet (Volksrepubliek China) en Bhoetan.

Himalaja
Ligging van die Himalajagebergte
Himalaja
Kaart van die Himalajagebergte
Himalaja
Lugfoto van die Himalajagebergte
Himalaja
Nasa-Satellietbeeld van die bergreeks

Pieke

Die Himalajaberge is 2 400 km lank en tussen 150 en 280 km breed. Veertien van sy pieke rys tot 'n hoogte van meer as 8 000 m bo seevlak: Berg Everest, K2, Kangchenjunga, Lhotse, Makalu, Cho Oyu, Dhaulagiri, Manaslu, Nanga Parbat, Annapurna, Gasherbrum I, Broad Peak, Gasherbrum II en Shishapangma. Berg Everest is die hoogste bergtop op aarde met 'n hoogte van 8 848 meter.

In werklikheid bestaan die bergreeks uit drie hoofreekse wat soos 'n magtige vesting oor Noord-Indië troon. Die bewoners van die streek noem die berge "die tuiste van die sneeu", want die meeste van die berge is hoër as 5 400 m en dus dwarsdeur die jaar met sneeu bedek. Meer as 100 van die pieke is hoër as 6 000 m, meer as 30 is hoër as 7 000 m en veertien is hoër as 8 000 m.

Riviere

Drie van die wêreld se grootste riviere ontspring in die Himalaja: Brahmaputra, Ganges en Indus. Die massiewe Himalaja-bergreeks strek in 'n halfmaan oor 'n gebied van 3 250 km tussen die bolope van die Indus- en Brahmaputrariviere in Indië.

Die Himalaja het ontstaan deur die botsing van die Indiese subkontinent met die Eurasiese plat. Die Himalaja-bergreeks vorm deel van die "Dak van die Wêreld", die reusagtige hooglandgebied wat die Karakoram- en Pamir-bergreekse insluit.

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

82°0′0″O / 28.00000°N 82.00000°O / 28.00000; 82.00000

Tags:

Himalaja PiekeHimalaja RiviereHimalaja VerwysingsHimalaja BronnelysHimalaja Eksterne skakelsHimalajaBhoetanIndiëNepalNepaleesOerdoePakistanSanskritSuid-AsiëTibetVolksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JapanEkostelselFinlandLily CarterInternetAndré SchwartzFamilie (verwantskap)NederlandsPenisverlengingPG du PlessisGesinsdagCristiano RonaldoVratPornografiese akteurOnderwys (geskiedenis)HomoniemBybelMenseregtedagGeorgiëDonker materieRugbywêreldbeker 1987HadjWallisGordelroosHeilige SaterdagPapegaaieLys van Suid-Afrikaanse skrywersAfrikaanse naguilGrysstofMiddelmisbruikPornografiese subgenresWortelkanaalCarles PuigdemontBernice WestErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2VyfsterGebande muishondHartWhitey BassonCSSPoesEuropaPerdRussiese inval in Oekraïne sedert 2022WiskundeSlag van BloedrivierSlaapapneeStrandbeestWikimaniaKasterolieMusieksimboleVerkleurmannetjieSendelingposisieVolksrepubliek ChinaJeuksiekteTrigeminale neuralgieJohan StemmetSmaakKoppeltekenRacheltjie de BeerHondsdolheidSally EsterhuizenUniversiteit StellenboschGalblaasHoofpynAsiëSuid-Afrikaanse InkomstediensNieuwoudtvilleProstaatklierBoeberVaginale kanker🡆 More