Basjkiers (Башҡорт теле, Basjkort tele, باشقۇرت تئلئ, luister (hulp·inligting)) is ’n Turkiese taal wat deur die Basjkiriërs gepraat word.
Dit is saam met Russies die amptelike taal van die Republiek van Basjkortostan.
Basjkiers Башҡорт теле, Başqort tele, باشقۇرت تئلئ | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [baʂ.ˌqʊ̞rt.tɪ̞.ˈlɪ̞] | |
Gepraat in: | Rusland Kasakstan | |
Gebied: | Basjkortostan | |
Totale sprekers: | 1,3 miljoen | |
Taalfamilie: | Altaïes Turkies Kiptsjak Noord-Kiptsjak Basjkiers | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Rusland | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ba | |
ISO 639-2: | bak | |
ISO 639-3: | bak | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die meeste sprekers van Basjkiers woon in Basjkortostan, of in die Tsjeljabinsk-, Orenburg-, Swerdlofsk-, Samara- en Koergan-oblast, die Chanto-Mansië-Outonome Okroeg, Tatarstan en Oedmoertië. Groot Basjkierssprekende minderhede kom ook voor in Kasakstan en Oesbekistan.
Ná die Mongoolse inval van Rusland het die taal Kiptsjak al hoe meer algemeen geraak aangesien dit die taal van die meerderheid van die Goue Horde was. Moderne Basjkiers is deel van die Kiptsjak-groep van Turkiese tale. Dit het vandag baie dialekte, waarvan sommige baie soos Tataars is.
In 1923 is ’n skryfstelsel wat op die Arabiese alfabet gebaseer is, spesiaal vir Basjkiers geskep. Terselfdertyd is die Basjkierse letterkundige taal geskep, wat wegbeweeg het van die ouer Turkse invloede. Sedert 1930 is dit in die Latynse alfabet geskryf en sedert 1938 in die Cyrilliese alfabet, met die bykomense letters Ә ә [æ], Ө ө [œ], Ү ү [y], Ғ ғ [ɣ], Ҡ ҡ [q], Ң ң [ŋ], Ҙ ҙ [ð], Ҫ ҫ [θ], Һ һ [h].
Аа (а) | [a] | Бб (бэ) | [b] | Вв (вэ) | [w],[v] |
Гг (гэ) | [g] | Ғғ (ғы) | [ɣ] | Дд (дэ) | [d] |
Ҙҙ (ҙ) | [ð] | Ее (йе) | [e], [je] | Ёё (йо) | [jo] |
Жж (жэ) | [ʒ] | Зз (зэ) | [z] | Ии (и) | [i] |
Йй (ҡыҫҡа и) | [j] | Кк (ка) | [k] | Ҡҡ (ҡы) | [q] |
Лл (эль) | [l] | Мм (эм) | [m] | Нн (эн) | [n] |
Ңң (эң) | [ŋ] | Оо (о) | [ụ] | Өө (ө) | [ỵ] |
Пп (пэ) | [p] | Рр (эр) | [r] | Сс (эс) | [s] |
Ҫҫ (ҫэ) | [θ] | Тт (тэ) | [t] | Уу (у) | [u] |
Үү (ү) | [y] | Фф (эф) | [f] | Хх (ха) | [x] |
Һһ (һа) | [h] | Цц (цэ) | [ts] | Чч (чэ) | [tʃ] |
Шш (ша) | [ʃ] | Щщ (ща) | [ɕ] | Ъъ (ҡатылыҡ билдәһе) | [ʔ] |
Ыы (ы) | [ɯ] | Ьь (йомшаҡлыҡ билдәһе) | [ʲ] | Ээ (э) | [e] |
Әә (ә) | [æ] | Юю (йу) | [ju] | Яя (йа) | [ja] |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Basjkiers, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.