Springbok

Die springbok (Antidorcas marsupialis) is 'n klein, bruin-en-wit wildsbok wat in die westelike dele van Suider-Afrika aangetref word.

Springbok
Springbok
Springbokram in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië
Springbok
Springbokooi in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Antilopinae
Genus:
Antidorcas

Sundevall, 1847
Spesie:
A. marsupialis
Binomiale naam
Antidorcas marsupialis
(Zimmermann, 1780)
Springbok
Verspreiding in Suider-Afrika

Volwasse springbokke het 'n gemiddelde hoogte van 75 cm. Springbokramme weeg 33–56 kg, terwyl ooie 'n gewig van 25–40 kg kan bereik. Die ram het horings wat tot 48 cm lank kan wees. Springbokke bereik 'n spoed van 80–90 km/h, terwyl hul naam op hul springvermoë dui: hulle kan 3,5 m hoog en tot 15 m ver spring.

Springbokke kom voor in die droë binnelandse gebiede van Suider-Afrika en was eens op 'n tyd volop hier. Weens die jag op hulle en die menslike besetting van hul woongebied is daar egter vandag aansienlik minder oor.

Die ooi is tussen 5,5 en 6 maande dragtig, waarna 'n enkele lammetjie gewoonlik in November gebore word. Springbokke het 'n moontlike lewensduur van tien jaar.

Nasionale embleem

Springbok 
Posseël van die Unie van Suid-Afrika, 1923

Die springbok was vroeër die nasionale sportembleem van Suid-Afrika. Die tradisie het sy oorsprong in die 1906–1907-rugbytoetsreeks in Engeland. Ná die afskaffing van apartheid is die embleem ook afgeskaf omdat dit vir baie 'n simbool van onderdrukking is. Danksy die ingryping van Nelson Mandela is die embleem egter behou vir die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan, terwyl die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan se bynaam in Proteas verander is en nou dié blom as sy embleem gebruik. Dit is die nasionale soogdier van Suid-Afrika.

In 1997 het die Suid-Afrikaanse Lugdiens weggedoen met die springbok as sy embleem; springbok is egter steeds dié lugredery se roepsein.

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Amptelike simbole van Suid-Afrika
Blom: Boom: Voël: Dier: Vis:
Springbok  Springbok  Springbok  Springbok  Springbok 
die koningsprotea die geelhout die bloukraanvoël die springbok die galjoen
Protea cynaroides Podocarpus latifolius Grus paradisius Damaliscus pygarus Distichius capensis


Tags:

Springbok Nasionale embleemSpringbok FotogalerySpringbok Sien ookSpringbok VerwysingsSpringbok BronneSpringbok Eksterne skakelsSpringbok

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Griekse mitologiese figureLys van Suid-Afrikaanse musikanteShakaHomoniemDiarreeXhosaPaasfeesWillie JoubertOrthopteraJazzHaaieEiffeltoringBloeddrukWolkN.P. van Wyk LouwPropagandaRuan PienaarPotchefstroomPretoriaSebraAprilXhosas20ste eeuGeelslangWiskundeUniversele Verklaring van MenseregteRookgewoonteBesoedelingKevin RuddStadEkonomiese sektorElandréPuntWaterbesparing in Suid-AfrikaElektrisiteitEierstokOlimpiese Somerspele 2024Duitse maselsJohn Brown (aktivis)Lys van Joodse feeste en herdenkingsLimfvatstelselSeekoeiGriekse teaterImpakte van toerismeMateriaalJeuksiekteEkonomieSteve BikoZack du PlessisAngolaFrankrykBalletGoogle TranslateAtleetvoetAfrikanersSowjetunieKletsrymLyfstraf in skoleLys van chemiese elemente volgens atoomgetalLys van Kaapstad se voorstedeTrigeminale neuralgieBuffelUnited Democratic FrontSinsbouStruktuur van die AardeVerkragtingMenstruasieVerkoueTswanaIroniePankreasSanskritAnale seksBeroerteCristiano RonaldoWetenskaplike klassifikasieOnderwerp (taalkunde)Tuisblad🡆 More