Bok: Lid van die spesies van beesagtige diere wat die subfamilie Caprinae vorm

'n Bok is enige lid van die spesies van beesagtige diere wat die subfamilie Caprinae vorm, maar sluit ook die enkele spesie in die subfamilie Pantholopinae in.

    Hierdie artikel is gemoeid met die bok as lid van die familie Caprinae (Engels goat); vir ander gebruike van die woord sien bok (dubbelsinnig).

Die skaapgroepe en die boerbok is ook deel van hierdie groep diere. Die familie waaraan hulle almal behoort sluit op ander takke die wildsbokke en beeste in.

Bokke
Bok: Kapater, Klassifikasie, Sien ook
'n Bok
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Caprinae
Gray, 1821
Pantholopinae

Die meeste ontwikkeling van die groep het plaasgevind ten tye van die laaste ystydperke, toe baie van die lede gespesialiseerd begin raak het vir oorlewing in gemarginaliseerde, onherbergsame omstandighede, soos berghange, woestyne en die sub-Arktiese gebied. Daarom vorm die meeste bokke troppe en is hulle stewiggeboude diere.

Daar is 'n groot grootteverskil onder lede van die groep, vanaf net langer as 'n meter in die geval van die volgroeide grysgoral, Nemorhaedus goral, tot omtrent 2,5 m in die geval van 'n muskusos.

Die diere word in twee groot groepe verdeel op grond van hul gewoontes, die hulpbronverdedigers en die weiers. Eersgenoemde is gebiedsgebonde en verdedig hul klein, voedselryke area teen ander diere van dieselfde spesie, en laasgenoemde wei vrylik in groot troppe oor 'n groter, relatief meer onvrugbare gebied.

Kapater

'n Bokkapater is 'n manlike gekastreerde bok. Die woord "kapater" is afkomstig vanaf die Portugese woord capado wat "ontman" beteken.

Klassifikasie

Bok: Kapater, Klassifikasie, Sien ook 
'n Rotsgebergte-bok, Oreamnos americanus
Bok: Kapater, Klassifikasie, Sien ook 
Turkse skape (Ammotragus Lervia)

FAMILIE BOVIDAE

  • Subfamilie Bovinae: die beeste, die buffels en die wildsbokke met spiraalhorings; 24 spesies in nege genera
  • Subfamilie Cephalophinae: die duikers; 19 spesies in twee genera
  • Subfamilie Hippotraginae: die weiende wildsbokke; 23 spesies in 11 genera
  • Subfamilie Antilopinae: die gaselle, die dwergwildsbokke en die saiga; 38 spesies in 14 genera
  • Subfamilie Caprinae
    • Genus Ammotragus
      • Turkse skaap, Ammotragus lervia
    • Genus Budorcas
      • Takin, Budorcas taxicolor
    • Genus Capra
      • Wilde bok, Capra aegagrus
      • Wes-Kaukasiese tur, Capra caucasia
      • Oos-Kaukasiese tur, Capra cylindricornis
      • Markhor, Capra falconeri
      • Alpynse steenbok, Capra ibex
      • Nubiese steenbok, Capra nubiana
      • Spaanse steenbok, Capra pyrenaica
      • Siberiese steenbok, Capra sibirica
      • Waliese steenbok, Capra walie
    • Genus Hemitragus
      • Nilgiriaanse tahr, Hemitragus hylocrius
      • Arabiese tahr, Hemitragus jayakari
      • Himalaja-tahr, Hemitragus jemlahicus
    • Genus Nemorhaedus
      • Rooigoral, Nemorhaedus baileyi
      • Sjinese goral, Nemorhaedus caudatus
      • Japannese serou, Nemorhaedus crispus
      • grysgoral, Nemorhaedus goral
      • kontinentale serou, Nemorhaedus sumatraensis
      • Taiwan-serou, Nemorhaedus swinhoei
    • Genus Oreamnos
      • Rotsgebergte-bok, Oreamnos americanus
    • Genus Ovibos
      • Muskusbees, Ovibos moschatus
    • Genus Ovis
      • Argalie, Ovis ammon
      • Skaap, Ovis aries
      • Dikhoringskaap, Ovis canadensis
      • Dall se skaap, Ovis dalli
      • Moeflon, Ovis musimon
      • Sneeuskaap, Ovis nivicola
      • Oerial, Ovis orientalis
    • Genus Pseudois
      • Himalaja-blouskaap, Pseudois nayaur
      • dwergblouskaap, Pseudois schaeferi
    • Genus Rupicapra
      • Pirenese gems, Rupicapra pyrenaica
      • gems, Rupicapra rupicapra
  • Subfamilie Pantholopinae
    • Genus Pantholops
      • Tibetaanse wildsbok, Pantholops hodgsoni

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Bok KapaterBok KlassifikasieBok Sien ookBok Eksterne skakelsBok

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoorvoegselKongo-krisisMaselsBevolkingsafnameHaelWet op Bantoe-onderwysLidwoordMusiekCorioliskragDroogteKewerAngina pectorisHemelvaartHannes van WykBeroerteMenstruasieSpysverteringstelselDansKlimaatsverandering in AfrikaKnopiespinnekopSeksismePubliekAnilingusGeprosesseerde kosBeaufortskaalSeksuele penetrasieKatoenTeam Fortress 2DiepaartrombosePaddaKlereEerste WêreldoorlogLys van politieke partye in Suid-AfrikaKartografieLongontstekingJudaïsmeJan van TonderPinksterHondWikipediaChristiane JaccottetDierDiskriminasieLys van Suid-Afrikaanse digtersGasVormSlawernyOseaanReënVigsWaterstofSpringbokkeMaanOlimpiese Somerspele 2024Mynbedryf van Suid-AfrikaLeesElandréNatuurrampMagsverheffingMuskietDistrik SesWêreld- Ekonomiese ForumLiewe HeksieAnneli van RooyenVingerseksVerenigde State van AmerikaSuid-EuropaAtlantis, Wes-KaapLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Swart menseKoolstofdioksiedKameelperdCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaSimon PetrusSlag van Cuito CuanavaleAngolese Oorlog vir Onafhanklikheid🡆 More