Stille Nag, Heilige Nag: Die Afrikaanse weergawe van een van die bekendste en mees geliefde Kersliedere

Stille Nag, Heilige Nag is die Afrikaanse weergawe van een van die bekendste en mees geliefde Kersliedere ter wêreld.

Die oorspronklike Duitse lied, "Stille Nacht, Heilige Nacht", is in 1818 in Opper-Oostenryk deur Franz Xaver Gruber gekomponeer op woorde deur Joseph Mohr. Dit is in 2011 deur Unesco tot ’n ontasbare kultuurerfenis van Oostenryk verklaar.

"Stille Nag, Heilige Nag"
Die Stille Nag-kapel.
Die Stille Nag-kapel.
Genre  Afrikaanse Kerslied
Woorde  J. Mohr (Duits)
Melodie  Franz Xaver Gruber
Uitgereik  1818
Oorsprong 
Taal/land  Oostenryk
Titel  "Stille Nacht, Heilige Nacht"
Portaal  Portaalicoon   Musiek

Talle kunstenaars uit verskeie genres het die lied al opgeneem. Die weergawe deur Bing Crosby is die derde beste enkelsnitverkoper van alle tye.

Afrikaanse woorde

Hierdie is die oorspronlike Afrikaanse vertaling, alhoewel nuwer vertalings meer bekend is:

Stille nag, heilige nag.
Alles rus; eensaam wag
slegs Maria, geseënde vrou,
by haar Kindjie met Josef so trou:
Soete, hemelse rus!
Soete, hemelse rus!

Stille nag, heilige nag.
Oor die veld, lief en sag,
klink die lied van die engelekoor,
eers deur herders, dan verder gehoor:
Juig die Redder is daar!
Juig die Redder is daar!

Stille nag, heilige nag.
Jesuskind, vriend'lik lag
liefde teer uit u god'like mond;
tans daag heerlik die vrywordingstond:
Heer gebore vir ons!
Heer gebore vir ons!

Geskiedenis

Die lied is op Oukersaand 1818 die eerste keer in Oberndorf, Oostenryk, uitgevoer. ’n Jong priester, vader Joseph Mohr, het net die vorige jaar na Oberndorf gekom. Hy het die lied in 1816 in Duits geskryf. Dit is getoonset deur Franz Xaver Gruber, ’n skoolmeester en orrelspeler van die naburige dorp Arnsdorf nadat Mohr hom gevra het. Saam het hulle die nuwe Kerslied op die aand van 24 Desember tydens die mis in die dorp se Sint Nikolaas-kerk uitgevoer. Die kerk is vandag bekend as die Stille Nag-kapel.

Melodie

Stille Nag, Heilige Nag: Afrikaanse woorde, Geskiedenis, DuitsEngels 
Franz Xaver Gruber.
Stille Nag, Heilige Nag: Afrikaanse woorde, Geskiedenis, DuitsEngels d16 b8 | c4. (e4) r8 | c8. [g16] e8 g8. f16 d8 | c4.~ c4 r8 \bar "|." } " data-width="763" data-height="153"> 

Die moderne weergawe is:

Stille Nag, Heilige Nag: Afrikaanse woorde, Geskiedenis, DuitsEngels [d16] b8 | c4. (e4) r8 | c8. [g16] e8 g8. [f16] d8 | c4.~ c4 r8 \bar "|." } " data-width="763" data-height="153"> 

Duits/Engels

Koorweergawe deur die VSA-weermagkoor.
Sopraan-solo deur Ernestine Schumann-Heink.
Instrumentale weergawe deur Kevin MacLeod.
Mohr se Duitse woorde Engelse liriek

Stille Nacht, heilige Nacht,
Alles schläft; einsam wacht
Nur das traute hochheilige Paar.
Holder Knabe im lockigen Haar,
Schlaf in himmlischer Ruh!
Schlaf in himmlischer Ruh!

Stille Nacht, heilige Nacht,
Hirten erst kundgemacht
Durch der Engel Halleluja,
Tönt es laut von fern und nah:
Christ, der Retter ist da!
Christ, der Retter ist da!

Stille Nacht, heilige Nacht,
Gottes Sohn, o wie lacht
Lieb' aus deinem göttlichen Mund,
Da uns schlägt die rettende Stund'.
Christ, in deiner Geburt!
Christ, in deiner Geburt!

Silent night, holy night,
All is calm, all is bright
Round yon virgin mother and child.
Holy infant, so tender and mild,
Sleep in heavenly peace,
Sleep in heavenly peace.

Silent night, holy night,
Shepherds quake at the sight;
Glories stream from heaven afar,
Heavenly hosts sing Alleluia!
Christ the Savior is born,
Christ the Savior is born!

Silent night, holy night,
Son of God, love's pure light;
Radiant beams from thy holy face
With the dawn of redeeming grace,
Jesus, Lord, at thy birth,
Jesus, Lord, at thy birth.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Stille Nag, Heilige Nag Afrikaanse woordeStille Nag, Heilige Nag GeskiedenisStille Nag, Heilige Nag DuitsEngelsStille Nag, Heilige Nag VerwysingsStille Nag, Heilige Nag Eksterne skakelsStille Nag, Heilige NagAfrikaansDuitsOpper-OostenrykUnesco

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-SothoSonnestelselOnderwerp (taalkunde)BrongitisSimboolOorstromingSkildklierWitbloedselCradock-4Kaapstadse waterkrisis 2015-2018WhatsAppOntdekking van die chemiese elementeBronsErfenisdag (Suid-Afrika)EkonomieNiersteenVryheidsmanifesKarooAardeKapitaal (ekonomie)MeervoudBoelieryEwenaarPad na jou hartKultuurVerantwoordelikheidSpelerposisies in rugbyKameelperdLongontstekingVaginale kankerSlag van BloedrivierGeweldSamestellende afleidingN.P. van Wyk LouwAngolese BurgeroorlogJodeWoestynBruin huisslangBloedvergiftigingLys van Afrikaanse skrywersTsongaAborsieMorfeemMetafoorBesproeiingLys van NG gemeentesVormDubbelpuntGroot vyfSkaapGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaVerenigde KoninkrykUnited Democratic FrontNierDurbanHeuningbyRob Hersov7de LaanKlitorisJazzMusiekUniversele Verklaring van MenseregteKolonoskopieWikimedia-stigtingGroot GatMadison IvyKolitisKletsrymDigitale en analogiese tydSoweto-opstandBrandmondsindroomKunsmatige intelligensieGrondsoorteWater🡆 More