Masedonies (македонски јазик, makedonski jazik, luister (hulp·inligting)) is 'n taal uit die Suid-Slawiese taalfamilie wat deur sowat 1,5 miljoen mense in Noord-Masedonië, Griekeland, Bulgarye en Albanië gepraat word, asook in lande met Masedoniessprekende immigrante, soos Serwië en Montenegro.
Masedonies was vroeër saam met Serwies (as Serwo-Kroaties) en Sloweens die ampstale van die voormalige Joego-Slawië en is nou die amptelike taal van die Republiek Masedonië.
Masedonies македонски / makedonski | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Noord-Masedonië Griekeland Albanië Serwië Roemenië Bulgarye Montenegro Kosovo | |
Gebied: | Balkan | |
Totale sprekers: | 1,5 miljoen | |
Rang: | 180 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Slawies Suid-Slawies Suidoos-Slawies Masedonies | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Noord-Masedonië | |
Gereguleer deur: | Instituut van Masedonies | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | mk | |
ISO 639-2: | mkd | |
ISO 639-3: | mkd | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Masedonies is nou verwant aan Bulgaars en word deur taalkundiges dikwels as 'n dialek daarvan beskou. Die Masedoniese dialekte vorm deel van 'n dialekketting wat sowel in die Bulgaarse as die Serwiese taalgebied strek. Masedonies word in 'n variant van die Cyrilliese alfabet geskryf.
Moderne Masedonies is nie dieselfde as die Masedonies uit die oudheid, 'n Indo-Europese taal wat slegs bekend is uit eiename en 'n paar afsonderlike woorde, nie. Dié taal is moontlik nou verwant aan Grieks.
Sien Macedonies in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Masedonies, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.