Kasjoebies

Kasjoebies (kaszëbsczi jãzëk, pòmòrsczi jãzëk, kaszëbskò-słowińskô mòwa; Pools: język kaszubski, język pomorski, język kaszubsko-słowiński) is 'n Wes-Slawiese taal, wat in die ooste van Pommere (Kasjoebies: Pòmòrskô, Pòmòrze), tussen Słupsk en Gdańsk in Noord-Pole gepraat word.

Hulle taal is die voortsetting van die Elbe- en Oosseeslawies, wat vroeër tot in Nedersakse gepraat is, maar waarvan die westelike variant, Polabies in die sewentiende eeu uitgesterf het.

Kasjoebies
Kaszëbsczi
Gepraat in: Vlag van Pole Pole 
Gebied: Pommere
Totale sprekers: 50 000
Taalfamilie: Indo-Europees
 Slawies
  Wes-Slawies
   Lechities
    Kasjoebies 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:
Gereguleer deur: Instituut vir Kasjoebies
Taalkodes
ISO 639-1: csb
ISO 639-2: csb
ISO 639-3: csb 
Verspreiding van Kasjoebies

Die aantal mense, wat Kasjoebies as omgangstaal gebruik, word op sowat 50 000 beraam, tog beskou meer as 100 000 inwoners van Oos-Pommere hulself as etniese Kasjoebe. Die oorgrote meerderheid praat 'n Poolse dialek en glad nie Kasjoebies nie. Die meeste sprekers van Kasjoebies woon op die platteland, maar die belangrikste kulturele instellings van die Kasjoebiese gemeenskap bevind hulle in Gdańsk (Duits Danzig). Daar is 'n Kasjoebiese emigrantegemeenskap in Kanada.

Vanweë sy nou verwantskap met Pools is Kasjoebies van Poolse kant af tot onlangs as Poolse dialek beskou. Eers met die Poolse Wet oor Minderhede is Kasjoebies in 2005 amptelik as minderheidstaal erken. Nogtans word Kasjoebies volgens die Endangered Languages of Europe Report met uitsterwing gedreig.

Sedert April 2004 bestaan daar 'n Kasjoebiese Wiki.

Verwysings

Eksterne skakels

Kasjoebies 
Wiki
Sien gerus Wiki se uitgawe in Kasjoebies


Indo-Europese tale: Satem-tale: Slawiese tale
Wes-Slawiese tale:
Kasjoebies | Polabies (†) | Pools | Slowaaks | Silesies | Sorbies (Neder-Sorbies, Opper-Sorbies) | Rusyn (Rusnak) | Tsjeggies
Oos-Slawiese tale:
Oud-Oos-Slawies (†) | Oekraïens | Russies | Rusyn (Roeteens) | Belarussies
Suid-Slawiese tale:
Bulgaars | Masedonies | Sloweens | Serwo-Kroaties (Bosnies, Kroaties, Montenegryns, Serwies)
Kunsmatige tale:
Protoslawies | Kerkslawies (Ou Kerkslawies) | Interslawies

Tags:

GdańskNedersaksePolabiesPolePommerePoolsSłupskWes-Slawiese tale

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nelson MandelaEkostelselItaliëJan van RiebeeckRoofvoëlBTWAtoomDemokrasieHindoeïsmePrimêre sektor van die ekonomieKarlien van JaarsveldOrthopteraAfkortingDikdermJuan Antonio VillacañasLys van Afrikaanse rolprenteWetenskaplike metodePersentasieRumatoïede artritisLeonardo da VinciBrasiliëKatoenDoopSelfmoordKompasLys van Afrikaanse televisiereekseLys van elemente volgens simboolDeelwoordDuitslandByvoeglike naamwoordKaliumRussiese inval in Oekraïne sedert 2022RieldansTradisionele Afrika-medisyneWeeluisPuberteitDuitsNaaldekokerSkoenlapperPeter SnydersWetenskaplike klassifikasieN.P. van Wyk LouwChloorJo BlackVrouLeierWebwerfAnale kankerLys van Joodse feeste en herdenkingsGeografie van Suid-AfrikaInentingAardedagMaselsSwawelTsoenamiVoortrekkermonumentPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKunsmisAgtergrond (narratief)SpysverteringstelselLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaHeupVarkgriepMonopolyYstervarkWitbloedselViëtnamRekenaarAfrikaanse woordelys en spelreëlsMonopolieSeekoeiMeningsverskil oor aardverwarmingTuberkuloseSwart nasionalismeMondBiologieThys die BosveldklongHemelBesemNeurenberg-verhore🡆 More