Hemichordata

Die Hemichordata is 'n klein dierefilum binne die Deuterostomia.

Hulle is verwantes van die Chordata. DNS-navorsing wys nogtans uit dat hulle dalk nouer aan die Echinodermata verwant is.

Hemichordata
Tydperk: Kambriumtans, 510–0 m. jaar gelede
Hemichordata
Eikelwurms
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Hemichordata
Klasse
Deuterostomia


Echinodermata



Hemichordata




Chordata



Die Hemichordata het 'n kermerkende liggaamsindeling in drie dele: 'n voorste lob, 'n kraag en 'n romp. Van hierdie spesies het kenmerke wat ook by rugstringdiere aangetref word soos kieusplete en 'n stomochord in die kraag wat soos die notochord (rugstring) lyk. Nie alle spesies het nogtans hierdie kenmerke nie.

Vandag is daar net 'n paar honderd spesies, wat in see voorkom. Die Hemichordata kan in drie klasse verdeel word:

  1. Die Enteropneusta of eikelwurms
  2. Die Pterobranchia
  3. Die Graptolithina † of graptoliete

Die eikelwurms het talle kieu-openings. Hulle graaf hulle in in die sediment met hul voorste lob, wat soos 'n slurp lyk. Die meeste is klein, maar van hulle kan 2,5 m lank word.

Daar is net ongeveer 20 lewende Pterobranchia, wat baie van die eikelwurms verskil. Hulle vorm kolonies van indiwiduele soöiede wat dikwels net 1 mm lank word en in netwerk van buise woon, die coenecium. Die voorste lob is nie 'n verlengde slurp nie, maar is skildvormig. Daar word gedink dat hulle die naaste verwante van die graptoliete is, wat ook kolonies gevorm het, maar vry in of op die water gedryf het.

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EuropaVerlede tydVoortrekkermonumentVryheidsdagSlangGedigAlkoholismeFranse RewolusieWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse GrensoorlogHannes van WykJapanKewerMangelontstekingBruto binnelandse produkSuid-SothoDonkieBoerboelPinksterIngrid JonkerSwart nasionalismeFiela se kindBelastingNagmaalMantisHaasBeurtkragKappie (skryfteken)SowjetunieSinoniemSinsbouAvbobKleurHakerVulkaanSonja HerholdtLys van Suider-Afrikaanse soogdiereGetalHibernasieGroepsgebiedewetHage GeingobCeresAnrich HerbstTafelbergBruin huisslangWetenskapEnkelvoudige sinVarkgriepAB de VilliersHartaanvalKrugerwildtuinHipoteseUitwerking van klimaatsveranderingTweede WêreldoorlogEnsiklopedieWiki CommonsVierde Industriële RevolusieThys die BosveldklongMusieksimboleRosa ParksBorskankerLys van nedersettings in Suid-AfrikaSekondêre sektor van die ekonomieSwaziHeelgetalVulkanismeXhosasChemiese elementMenslike skeletRegverdige handelSpysverteringstelselAngssteuringBedryfstelsel (inligtingstegnologie)HerfsSkerpioenKlem-in-die-kaakLiewe Heksie🡆 More