Biologie Klas

Klas is deel van die wetenskaplike klassifikasiesisteem, sedert die vroegste werk deur Carolus Linnaeus, om alle biologiese wesens te kan klassifiseer volgens gemeenskaplike kenmerke.

Klas is 'n rangorde tussen filum en orde. Daar is 'n gebruik om ook subklasse te skep, veral in die dierkunde, wanneer dit soms nodig is om 'n ekstra takson in te plaas (met ander woorde, die klas het soveel onderskeidende kenmerke dat daar te veel ordes sal wees, as daar nie 'n paar subklasse geskep word nie).

Biologie KlasLeweDomeinKoninkrykFilumKlasOrdeFamilieGenusSpesie

'n Voorbeeld van klasse in 'n filum

Biologie Klas 
'n Slymprik op die kusbodem van Oregon

Daar is sewe klasse van die gewerweldes ('n subfilum van die Chordata). Die klasse word van mekaar onderskei grootliks op die basis van die dier se skelet, die algemene aanpassing by die dier se omgewing, en verskille tussen die klasse se voortplantingsisteem:

  • Agnatha -- van die Griekse woord vir geen kake, is kaaklose en skublose visse. Dié klas is die mees primitiewe van die gewerweldes. Voorbeelde van hierdie klas is die slymprik en die lamprei.
  • Chondrichthyes -- van die Griekse woord vir kraakbeenvisse. Visse in dié groep het harde rubberagtige kraakbeenskelette. Die haai en die pylvis is voorbeelde van hierdie groep.
  • Osteichthyes -- 'n mengwoord van Latyn en Grieks vir beenvisse. Al die ander vissoorte val onder hierdie klas.
  • Amphibia -- van die Griekse woord vir beide lewens, is 'n klas gewerweldes waar die dier 'n gedeelte van sy lewe in die water deurbring en 'n ander gedeelte op land. Voorbeelde van hierdie klas is die padda en die salmander. Hierdie klas het 'n wateromgewing nodig om te kan voortplant, veral omdat die eiers sal uitdroog op land.
  • Reptilia -- van die Latynse woord vir kriewelendes, wat al die slange, krokodille, skilpaaie en akkedisse insluit. Dié klas se eiers het 'n harde, leeragtige dop wat dit teen uitdroging beskerm.
  • Aves -- van die Latynse woord vir voël, sluit al die voëls in.
  • Mammalia -- van die Latynse woord vir van die bors, sluit al die diere in waar verwekking binne die moeder plaasvind, en waar, ná geboorte, die kleintjie met melk van die moeder se melkkliere gevoer word.

Agtervoegsel van klasname

In die geval van die filums plante, alge en swamme, het die klasnaam 'n tipiese agtervoegsel wat aandui dat dit 'n klasnaam van daardie filum is:

Filum Plante Alge Swamme
Klas -opsida -phyceae -mycetes

Sien ook

  • Binominale nomenklatuur
  • Trinominale nomenklatuur
  • Lys van Latynse en Griekse woorde algemeen gebruik in sisteemname
  • Virusklassifikasie

Eksterne skakels

Bron

'n Klein gedeelte van die Engelse artikel Scientific classification is gebruik. (Die Engelse soekfrase class (biology) stuur aan na daardie artikel). Gedeeltes van die Duitse artikel Klasse (Biologie) is ook gebruik. Die res is die oorspronklike bydraer se eie werk.

Tags:

Biologie Klas n Voorbeeld van klasse in n filumBiologie Klas Agtervoegsel van klasnameBiologie Klas Sien ookBiologie Klas Eksterne skakelsBiologie Klas BronBiologie KlasBiologieCarolus LinnaeusDierkundeWetenskaplike klassifikasie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Menslike seksuele gedragTransatlantiese slawehandelBronadresLys van chemiese elemente volgens atoomgetalBurgerregteEiffeltoringOseaanVoorvoegselTuisbladAppel (sanger)HondSenuweestelselIndiëMynbouSwartrenosterBerghaanLongontstekingEthiopiëBorsteHoofletterRooikatBladwisselendChroniese siekteWilna SnymanSkarlakenkoorsKernkragSelfmoordLübeckMigrasie van voëlsProteaNeurenberg-verhoreStaalLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaSharpeville-slagtingKinkhoesBek-en-klouseerDiepaartromboseToestand van materieKrokodilSweedsNierTafelsoutChatGPTAngina pectorisNiersteenAnale seksVaste stofKhoikhoiMeeueVerkleinwoordKindersiektesReënspinnekopSwedeMisdaadromanElektrodeMonopolyVeelvoudige sinHorlosieAluminiumSonnestelselKappie (skryfteken)SkilpadShakaDemi Lee MooreLewerVolhoubare ontwikkelingTelevisieLondenLys van Suid-Afrikaanse skrywersHaasAtoomVoegwoordLys van bekende Suid-Afrikaners🡆 More