Die nege federale distrikte (Russies: федера́льные округа́, federalnije okroega) is ’n indeling van die federale deelgebiede van Rusland om administrasie te vergemaklik.
Elke distrik bestaan uit verskeie federale deelgebiede en elk het ’n presidensiële afgevaardigde.
Die voormalige Russiese president Wladimir Poetin het die federale distrikte in Mei 2000 gestig as deel van ’n groter program om federale mag te versprei. Daar was aanvanklik sewe distrikte, maar op 19 Januarie 2010 het die agtste een, die Federale Distrik Noord-Kaukasus, ontstaan uit die Suidelike Federale Distrik en op 21 Maart 2014 is die Federale Distrik Krim gestig ná die betwiste anneksasie van die Krim deur Rusland.
Vir ekonomiese en statistieke doeleindes word die federale deelgebiede ook gegroepeer in twaalf ekonomiese distrikte, wat ’n aparte indeling is.
Hier volg ’n lys van die federale distrikte met hulle deelgebiede.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Federale distrikte van Rusland, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.