Moskou-oblast (Russies: Моско́вская о́бласть, Moskofskaja oblast) of Podmoskowje (Подмоско́вье) is ’n oblast (deelgebied) van Rusland.
Dit lê in die Sentrale Federale Distrik en die administratiewe hoofstad is Moskou.
Moskou-oblast Московская область | ||||
Die ligging van Moskou-oblast in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Sentrale | |||
Ekonomiese streek | Sentrale | |||
Stigting | 14 Januarie 1929 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Moskou | |||
Leier | Andrei Worobjof | |||
Amp | Goewerneur | |||
Wetgewer | Wetgewende Raad | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 7 095 120 | |||
Volgorde | 2de | |||
Digtheid | 154,58/km2 | |||
Stedelik | 80,1% | |||
Plattelands | 19,9% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 45 900 km2 | |||
Volgorde | 54ste | |||
Tydsone | UTC+04:00 | |||
Registrasienommer | 50, 90, 150, 190 | |||
Amptelike tale | Russies | |||
Webtuiste | http://mosreg.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
|
Sy oppervlakte, 45 900 km², is redelik klein in vergelyking met ander deelgebiede s'n, maar dit is die tweede digs bevolkte deelgebied in die land naas die Federale Stad Moskou wat, hoewel dit in die oblast lê, nie deel daarvan is nie.
Moskou-oblast is hoogs geïndustrialiseerd, met die vernaamste sektore metallurgie, olieraffinadery en meganiese ingenieurswese.
Die oblast is op 14 Januarie 1929 binne die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek gestig as die Sentraal-industriële Oblast (Центральнопромышленная область, Tsentralnopromisjlennaja oblast) uit die goewerneurskappe van Moskou, Rjazan, Toela en Twer. Dit het op 3 Junie 1929 sy huidige naam gekry.
In September 1937 is die oblast verdeel in Moskou-, Rjazan- en Toela-oblast en is sy huidige grense vasgelê.
Moskou-oblast grens aan Twer-, Jaroslawl-, Wladimir-, Rjazan-, Toela-, Kaloega- en Smolensk-oblast. Dit omring ook die Federale Stad Moskou, wat nie deel van die oblast is nie, maar ’n deelgebied uit eie reg.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Moskou-oblast, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.