Kaloega-Oblast: Federale deelgebied van Rusland

Kaloega-oblast (Russies: Калу́жская о́бласть, Kaloezjskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland.

Dit lê in die Sentrale Federale Distrik en die hoofstad is Kaloega. Die bevolking in 2010 was 1 010 930.

Kaloega-oblast
Калужская область
Die ligging van Kaloega-oblast in Rusland.
Die ligging van Kaloega-oblast in Rusland.
Politieke status
Land Kaloega-Oblast: Geskiedenis, Geografie, Demografie Russiese Federasie
Federale distrik Sentrale
Ekonomiese streek Sentrale
Stigting 5 Julie 1944
Regering
Hoofstad Kaloega
Leier Anatoli Artamonof
Amp Goewerneur
Wetgewer Wetgewende Vergadering
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 1 010 930
Volgorde 51ste
Digtheid 33,92/km2
Stedelik 76,3%
Plattelands 23,7%
Statistiek
Oppervlakte 29 800 km2
Volgorde 64ste
Tydsone UTC+04:00
Registrasienommer 40
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://www.admobl.kaluga.ru/
Wapen en vlag
Kaloega-Oblast: Geskiedenis, Geografie, Demografie

Kaloega-Oblast: Geskiedenis, Geografie, Demografie
Portaal  Portaalicoon   Rusland

Geskiedenis

Die gebied word sedert antieke tye bewoon; argeologiese vondste dateer uit die Mesolitikum (10 000 tot 6 000 v.C.). Die oblast se stede is in die 12de eeu die eerste keer genoem. In die 14de eeu was dit die verhoog vir konfrontasies tussen Litaue en Moskou.

Op 24 Augustus 1776 het Katharina die Grote Kaluga en die Toela-goewernement verenig om die Kaloega-onderkoningskap te vorm. Dié is in 1795 onder keiser Paul in die Kaloega-goewernement omskep.

Die moderne oblast is op 5 Julie 1944 gestig.

Geografie

Kaloega-Oblast: Geskiedenis, Geografie, Demografie 
Die Protwarivier vloei deur die oblast.

Kaloega-oblast lê in die sentrale deel van die Oos-Europese Vlakte. Die grootste deel bestaan uit vlaktes, grasvelde en woude, en daar is talle valleie. Dit word aan ander Oos-Europese stede verbind deur ’n groot netwerk van paaie en spoorlyne.

Dit grens in die weste aan Brjansk-oblast, in die suidweste aan Orjol-oblast, in die suidooste aan Toela-oblast, in die ooste aan Moskou-oblast en in die noorde aan Smolensk-oblast.

Die klimaat is gematig-kontinentaal met lang en koue winters en kort en warm somers. Die gemiddelde temperatuur in Julie is 18 ºC in die noorde en 20 ºC in die suide, en in Januarie -11 ºC in die noordooste en -8 ºC in die suidweste. Die noorde van die streek is die koudste en die suide, waar die woudsteppe voorkom, is relatief warm. Reënval wissel in die oblast, met sowat 780 tot 826 mm per jaar in die noorde en 690 tot 760 mm in die suide.

Die oblast het 2 043 riviere met ’n gesamentlike lengte van 11 670 km. Die belangrikste rivier is die Oka. Daar is net ’n paar mere.

Demografie

Bevolking: 1 010 930 (in 2010)

Etniese groepe:

Ekonomie

Van die belangrikste hulpbronne is fosforiet, bruinkool, bouklippe, klei, tripoliet, sand-en-gruismengsels en mineraalwater.

Die belankrikse nywerheidsektore is masjienbou, metaalwerk, tekstiel, voedsel en farmaseutiese middels.

Wat landbou betref, word veral graan, aartappels en groente verbou. Die belangrikste vee is beeste, varke en pluimvee.

Verwysings

Eksterne skakels

35°26′O / 54.433°N 35.433°O / 54.433; 35.433

Tags:

Kaloega-Oblast GeskiedenisKaloega-Oblast GeografieKaloega-Oblast DemografieKaloega-Oblast EkonomieKaloega-Oblast VerwysingsKaloega-Oblast Eksterne skakelsKaloega-OblastDeelgebiede van RuslandKaloegaRuslandRussiesSentrale Federale Distrik

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gewone breukeKwaggaKragopwekkingLigjaarKindersiektesErfenisLys van Afrikaanse rolprenteBedreigde spesieDick KingElandréSpelerposisies in rugbyBek-en-klouseerAprilGriekse mitologieOtterMuskeljaatkatKlimaatBloedgroepLianie MayGrondbesoedelingAleksander KudrjašovsKinderregteDroogteCristiano RonaldoDermpoliepGewone mossieBlourokkePoesNagapieVliegtuigRugbySonSekelbosQR-kodeVoorspelCharles III van die Verenigde KoninkrykWerkersdagAnimeIP-adresPegasus-projekMiltNonnetjie-uil2023 Monaco Grand PrixSonnestelselGeskiedenis van AfrikaansCleopatra VIIBorste7de LaanRooikophoutkapperGenesisBreingewasLys van kinderspeletjiesHernubare energieHannes van WykDie Real Housewives van die WynlandeSoedanArmoedeverligtingKirsten NeuschäferPornografieVoorsetselDoelwitDomineeLys van lande volgens bevolkingSendelingposisieToekoms van die AardeSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeKoggelmanderSenuweestelselSex (toneelstuk)KrimpvarkieHerfsHondKatoenGod🡆 More