rusland

Wiki-portale: Musiek · Letterkunde · Sport · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Fisika · Chemie · Biologie · Sterrekunde · Krieket · Rugby · Vlae en wapens

rusland

rusland
Welkom by die Rusland-portaal
ruslandruslandruslandrusland

Привет!

rusland

Die Russiese Federasie (Russies: Российская Федерация) lê gedeeltelik in Europa en gedeeltelik in Asië. Die land se geskiedenis begin - net soos dié van Oekraïne en Wit-Rusland - in die 9de eeu met die stigting van die eerste Oos-Slawiese ryk, Kiëf-Roes. Dié het later verbrokkel en in talle klein feodale state verdeel. Die belangrikste hiervan was die Groothertogdom van Moskou, of Moskowië – dit het mettertyd die omringende Russiese prinsdomme herenig en die plek van Kiëf-Roes ingeneem. Teen die 18de eeu het die land uitgebrei tot die groot Russiese Ryk, wat gestrek het van Pole tot die Stille Oseaan. In die 20ste eeu het Rusland as die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek (RSFSR) die kern gevorm van die Sowjetunie, wat saam met die Verenigde State van Amerika een van die wêreld se twee supermoondhede was. Toe die Sowjetunie in 1991 verbrokkel, is die Russiese Federasie gestig. Met sy oppervlakte van 17 098 242 km² is dit die grootste land ter wêreld.

rusland

rusland
Sterartikel
Baba Jaga, 'n bekende karakter uit die Russiese folklore.

Russiese folklore is folklore van die Russe en ander etniese groepe van die land. Dit het sy wortels in die heidense geloofsoortuigings van die antieke Slawiërs en kom nou voor in Russiese sprokies. Epiese Russiese bilinas is ook 'n belangrike deel van die Slawiese heidendom. Die oudste bilinas (Russies: bilini) van die Kiëfse siklus is in die Russiese Noorde aangeteken, veral in Karelië, waar ook die grootste deel van die Finse nasionale epos Kalevala aangeteken is.

In die laat 19de eeu is Russiese sprokies in Engels begin vertaal, met Russian Folk Tales (1873) deur William Ralston en Tales and Legends from the Land of the Tzar (1890) deur Edith Hodgetts. Baie Russiese sprokies en bilinas is vir animasieprente verwerk, of selfs vir rolprente deur bekende regisseurs soos Aleksandr Ptoesjko (Ilja Moeromets, Sadko) en Aleksandr Rou (Morozko, Wasilisa die Skone).

Sommige Russiese digters, soos Pjotr Jersjof en Leonid Filatof, het verskeie digterlike vertolkings van die klassieke Russiese sprokies gepubliseer, en in sommige gevalle oorspronklike, gewilde sprokiegedigte geskryf, soos Aleksander Poesjkin.

rusland

rusland
Beroemde Russe
Rusland

Aleksander Nefski • Aleksander Poesjkin (regs) • Anna Achmatowa • Anna Politkofskaja • Boris Godoenof • Boris Jeltsin • Dmitri Pozjarski • Patriarg Filaret • Fjodor Dostojefski • Grigori Potjomkin • Grigori Raspoetin • Ilja Repin • Tsaar Iwan III • Tsaar Iwan IV • Iwan Bilibin • Jermak • Joeri Gagarin • Josef Stalin • Keiserin Katharina II • Koezma Minin • Tsaar Michail • Michail Gorbatsjof • Tsaar Nikolaas I • Tsaar Nikolaas II • Patriarg Nikon • Tsaar Pieter I • Pjotr Tsjaikofski • Rjoerik • Vaslav Nijinsky • Wiktor Wasnetsof • Grootprins Wladimir I • Wladimir Lenin • Wladimir Poetin

rusland

rusland
85 federale deelgebiede
Rusland

Die Russiese Federasie bestaan vanaf 18 Maart 2014 uit 22 republieke, 9 krais, 46 oblaste, 1 outonome oblast, 4 outonome okroegs en 3 federale stede.

Republieke: Adigea • Altai • Basjkortostan (Basjkirië) • Boerjatië • Chakassië • Dagestan • Ingoesjetië • Jakoetië • Kabardino-Balkarië • Kalmikië • Karatsjai-Tsjerkessië • Karelië • Komi • Krim • Mari El • Mordowië • Noord-Ossetië • Oedmoertië • Tartarstan • Tsjetsjnië • Tsjoewasjië • Tiwa. Krais: Altai • Chabarofsk • Kamtsjatka • Krasnodar • Krasnojarsk • Perm • Primorski • Stawropol • Zabaikalski. Oblaste: Amoer • Archangelsk • Astrachan • Belgorod • Brjansk • Irkoetsk • Iwanowo • Jaroslawl • Kaliningrad • Kaloega • Kemerowo • Kirof • Koergan • Koersk • Kostroma • Leningrad • Lipetsk • Magadan • Moermansk • Moskou • Nizjni Nowgorod • Nowgorod • Nowosibirsk • Oeljanofsk • Omsk • Orenburg • Orjol • Penza • Pskof • Rjazan • Rostof • Sachalin • Samara • Saratof • Smolensk • Swerdlofsk • Tambof • Tjoemen • Toela • Tomsk • Tsjeljabinsk • Twer • Wladimir • Wologda • Woronezj • Wolgograd. Outonome oblast: Joodse Outonome Oblast. Outonome okroegs: Chanto-Mansië • Jamalië • Nenetsië • Tsjoekotka. Federale stede: Moskou • Sewastopol • Sint Petersburg.

rusland

rusland
Het jy geweet?
Rusland
  • Die eerste satelliet om die aarde, Spoetnik, se naam beteken bloot "satelliet" in Russies. Dit is saamgestel uit woorddele wat ’n woord soortgelyk aan "medereisiger" vorm.
  • Die slengtaal Nadsat wat Anthony Burgess in sy boek A Clockwork Orange gebruik het, was grotendeels geskoei op Russies.
  • Die Russiese mafia is nie net een bende nie, maar verskillende, uiteenlopende georganiseerde-misdaad-sindikate wat in die voormalige Sowjetunie ontstaan het.

rusland

rusland
Plekke om te verken

Amoer • Anzjoe-eilande • Astrachan • Baikalmeer • Beloselski-Belozerski-paleis • Beslan • Chabarofsk • Dnjepr • Drie-eenheid-klooster van Sint Sergei • Hermitage • Jaroslawl • Jekaterinburg • Kaliningrad • Kazan • Kemerowo • Kerk van die Verlosser op Bloed • Kizji • Koerile • Koerse Skoorwal • Krasnodar • Krasnojarsk • Mariinski-paleis • Moskou • Newarivier • Nieu-Siberiese Eilande • Nizjni Nowgorod • Nowosibirsk • Omsk • Perm • Petropawlofsk-Kamtsjatski • Poesjkin • Rostof aan die Don • Russiese Verre-Ooste • See van Azof • See van Ochotsk • Sewe Susters van Moskou • Siberië • Sint Basilius-katedraal • Sint Petersburg • Smolensk • Solowjetski-eilande • Sotsji • Swartsee • Tjoemen • Tobolsk • Tsarskoje Selo • Weliki Nowgorod • Wladiwostok • Wolga • Wolgograd

rusland

rusland
Sterfoto
Rusland

'n Lugfoto van Peterhof, of Petergof, naby Sint Petersburg, Rusland. Dit is deur Pieter die Grote laat bou en word soms die "Russiese Versailles" genoem.

Meer oor Peterhof . . .

Vir meer oor die Cyrilliese alfabet en transliterasie in Afrikaans, klik hier.

rusland

rusland
Aanhaling
Rusland
rusland Ons waardeer nie wat ons het nie tot dit weg is. Vryheid is so. Dis soos lug. As jy dit het, kom jy dit nie agter nie.
rusland
Boris Jeltsin

rusland

rusland
Hoogtepunte uit die geskiedenis
Rusland

Aurora (kruiser) • Baardbelasting • Beslanskool-gyselaardrama • Chodinka-tragedie • Dekabriste-opstand • Elisabethaanse Bybel • Fabergé-eier • Idool van Sjigir • Goelag • Goue Horde • K-141 Koersk • Kiëf-Roes • Kosakië • Kosakke • Koue Oorlog • Krimoorlog • Kronstadt-rebellie • Moskowië • Olimpiese Somerspele 1980 • Olimpiese Winterspele 2014 • Ougelowiges • Opritsjnina • Potjomkindorp • Primêre Kronieke • Roes (volk) • Russiese anneksasie van Suid- en Oos-Oekraïne • Russiese Rewolusie • Russiese Ryk • Siberiese geskiedenis • Slawiese mitologie • Sowjetunie en Ontbinding van die Sowjetunie • Toengoeska-voorval • Slag van Tsoesjima • Lys van tsaars van Rusland • Tyd van Beroeringe • Winteroorlog

rusland

rusland
Rusland-kategorieë

Adel • Argitektuur • Dorpe en stede • Federale deelgebiede • Geografie • Geskiedenis • Godsdiens • Heiliges • Instellings • Kultuur • Maatskappye • Mense • Oosters-Ortodokse Kerk • Politiek • Sowjetunie • Sport • Tale • Wapentuig • Wêrelderfenisgebiede

Tags:

Portaal:BiologiePortaal:ChemiePortaal:FisikaPortaal:GeografiePortaal:GeologiePortaal:GeskiedenisPortaal:KrieketPortaal:LetterkundePortaal:MusiekPortaal:RugbyPortaal:SportPortaal:SterrekundePortaal:Vlae en wapens

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RomanPriemgetalDiarreeVingerseksPornografiese subgenresCounter-Strike 2Geskiedenis van die BoererepubliekeKrampVerkleinwoordRooibokYsterDikdermVryheidsmanifesEllipstekenBrandmondsindroomAgtervoegselJan van RiebeeckPriemfaktorStikstofReg tot ‘n gesonde omgewingBosluisbytkoors7de LaanBeaufortskaalTierToringAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidCovid-19-pandemieKoolstofdioksiedVoedingErfenisdag (Suid-Afrika)Spoorvervoer in Suid-AfrikaLabia (geslagsdele)HartHoofpynLugbesoedelingSikloonPseudowetenskapLys van Suid-Afrikaanse musikanteCleopatra VIIDiamantYstertydperk1913Verenigde State van AmerikaArabies-Israeliese konflikBateSuid-Afrika-WetSpeelkaartElon MuskKaliumSneeuInfeksieWithaaiDoelwitKarooHipoteseJan van TonderAbsolute monargieKatoenGrondGroepsgebiedewetLys van nedersettings in Suid-AfrikaOopbroninhoudAfkortingSeevlakstygingMane van GalileiGrondbesoedelingBruin menseMielieLys van Suider-Afrikaanse soogdiereDomkragPussy RiotSamestellingGasSeekatVersoeningsdag🡆 More