Irkoetsk-Oblast: Federale deelgebied van Rusland

Irkoetsk-oblast (Russies: Ирку́тская о́бласть, Irkoetskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland.

Dit lê in die Siberiese Federale Distrik in die stroomgebied van die Angara-, Lena- en Nizjnjaja Toengoeskarivier. Die hoofstad is Irkoetsk. Die oblast het in 2010 ’n bevolking van 2 428 750 gehad.

Irkoetsk-oblast
Иркутская область
Die ligging van Irkoetsk-oblast in Rusland.
Die ligging van Irkoetsk-oblast in Rusland.
Politieke status
Land Irkoetsk-Oblast: Geskiedenis, Geografie, Ekonomie Russiese Federasie
Federale distrik Siberiese
Ekonomiese streek Oos-Siberiese
Stigting 26 September 1937
Regering
Hoofstad Irkoetsk
Leier Sergei Jerosjtsjenko
Amp Goewerneur
Wetgewer Wetgewende Vergadering
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 2 428 750
Volgorde 20ste
Digtheid 3,16/km²
Stedelik 79,6%
Plattelands 20,4%
Statistiek
Oppervlakte 767 900 km²
Volgorde 5de
Tydsone UTC+09:00
Registrasienommer 38
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://www.govirk.ru/
Wapen en vlag
Irkoetsk-Oblast: Geskiedenis, Geografie, Ekonomie
Irkoetsk-Oblast: Geskiedenis, Geografie, Ekonomie
Portaal  Portaalicoon   Rusland

Geskiedenis

Platsteengraf-monumente is in Noord-, Midde- en Oos-Mongolië, Binne-Mongolië, Noordwes-China, en dele van die Baikalmeergebied gevind. Dié kultuur was eie aan die Mongole van destyds. Die Xiongnu-ryk (209 v.C. tot 93 n.C.) het oor die gebied van die suidelike Irkoetsk-oblast regeer en Mongoolse geleerdes glo die Xiongnu was ’n Mongoolse staat, maar sommige ander dink dit was ’n Turkse staat.

Irkoetsk-Oblast: Geskiedenis, Geografie, Ekonomie 
Die Transsiberiese Spoorlyn aan die suideroewer van die Baikalmeer.

Van die begin van die 9de eeu tot die 13de eeu het die Khori-Tümed-Mongole naby die westelike oewer van die Baikal gewoon. Hulle was die belangrikste inwoners van Suid-Irkoetsk en Suidwes-Boerjatië. In 1207 het Djengis Khan die Khori-Tümed verower en van die volke suid geskuif; van hulle het hulle gevestig in wat nou Binne-Mongolië is. Daarna het Mongoolse woudstamme in dié gebied gewoon.

In die 13de eeu het die Mongoolse Ryk die Baikalmeer en Irkoetsk verower. Die Russiese Keiserryk het sedert die 17de eeu suid na dié gebied uitgebrei. Teen die einde van dié eeu is kloosters by Irkoetsk, toe nog ’n klein dorp, gebou en voorstede en landbounedersettings is gestig.

Toe Rusland in die 18de eeu oos uitbrei, het Irkoetsk die hoofstad van groot gebiede van die Jeniseirivier tot by die Stille Oseaan geword en ’n belangrike rol gespeel in die verkenning en verowering van die uitgestrekte Oos-Siberiese en Verre-Oostelike gebiede van Rusland. Irkoetsk het toe ’n belangrike vervoer- en handelstad geword, asook die hoofstad van ’n vyfde van die provinsies van Siberië.

In 1898 is die eerste spoorlyn (deel van die Transsiberiese Spoorlyn) in die oblast gebou an dit het verder bygedra tot die stad se uitbreiding.

Irkoetsk is beskadig en beïnvloed deur die groot politieke gebeurtenisse van die 20ste eeu – die Russiese Rewolusie van 1917, die Russiese Burgeroorlog en die Tweede Wêreldoorlog. Die industrialisasie van die stad het in die 1930's begin. Talle fabrieke en ’n universiteit is onder meer gebou.

Geografie

Irkoetsk-oblast grens in die suide en suiweste aan Boerjatië en Tiwa, in die weste aan Krasnojarsk-krai, in die noordooste aan Sacha en in die ooste aan Zabaikalski-krai.

Irkoetsk-oblast bestaan hoofsaaklik uit die heuwels en breë valleie van die Sentraal-Siberiese Plato. Die beroemde Baikalmeer is in die suidooste van die oblast geleë. Die Angararivier loop uit die meer en van daar noord deur die gebied. Die Lenarivier loop ok uit die Baikal en vloei noordoos na die naburige Sacha.

Die klimaat wissel van warmsomer-kontinentaal in die suide tot kontinentaal-subarkties in die noorde. Vir feitlik die helfte van die jaar, van middel Oktober tot begin April, is die gemiddelde temperatuur onder vriespunt. Die winters is baie koud, met ’n gemiddelde hoogste temperatuur in Januarie in Irkoetsk van -14,9 °C en ’n gemiddelde lae temperatuur van -25,3 °C. Die somers is warm, maar kort: die gemiddelde hoë temperatuur in Julie is 24,5 °C en die gemiddelde laagste temperatuur 11,2 °C. Julie is die natste maand van die jaar, met sowat 96,2 mm reën.

Ekonomie

Irkoetsk-Oblast: Geskiedenis, Geografie, Ekonomie 
Die Oest-Ilimsk-dam.

Die hoofnywerhede van die oblast is metale, energie, hout, olie, brandstof, masjienbou, chemikalieë, voedsel en hidroëlektrisiteit.

Demografie

Die oblast is baie yl bevolk, met ’n bevolkingsdigtheid van 3,5 mense per vierkante kilometer, in vergelyking met die nasionale gemiddeld van 8,7.

Bevolking: 2 428 750

Etnisiteit:

  • Russe 93,5%
  • Boerjate 3,3%
  • Ander 3,2%

Verwysings

Eksterne skakels

106°00′O / 57.367°N 106.000°O / 57.367; 106.000

Tags:

Irkoetsk-Oblast GeskiedenisIrkoetsk-Oblast GeografieIrkoetsk-Oblast EkonomieIrkoetsk-Oblast DemografieIrkoetsk-Oblast VerwysingsIrkoetsk-Oblast Eksterne skakelsIrkoetsk-OblastDeelgebiede van RuslandIrkoetskLenaRuslandRussiesSiberiese Federale Distrik

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EngelsMarkus JoosteSkilpadOlimpiese godeRepubliek ArtsachMagda van BiljonAleksei NawalniEerste WêreldoorlogLys van Suid-Afrikaanse musikanteInligtingLys van lande volgens bevolkingKriekMartin BesterPalmsondagDieregeluideFinlandGriekelandAsmaAustraliëEpilepsieEDemensieMenslike seksuele gedragArabiesLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierOutismeHolocaustBloemfonteinGeboorteDemokrasieSlukdermVoornaamwoordOsoonlaagErektiele disfunksieVulvaAfrikaanse woordelys en spelreëlsGewone luislangOntlastingRussiesAllergieGroot TrekKarakteriseringEuropaNatuurlike satelliete van kleinplaneteLewerLiewe HeksieMondBySlaapapneeWikiquoteSpelerposisies in rugbyHeupLys van Suid-Afrikaanse skrywersKoppeltekenGodKoningDulcie van den BerghPenisLetterlike en figuurlike taalgebruikBrasiliaanse nasionale rugbyspanErica RhodesPenisverlenging🡆 More