Mari El: Federale deelgebied van Rusland

Mari El (Russies: Республика Марий Эл; Respoeblika Mari El) is ’n outonome republiek in die Russiese Federasie.

Republiek van Mari El
Марий Эл Республик
Die ligging van Mari El in Rusland.
Die ligging van Mari El in Rusland.
Politieke status
Land Mari El: Geskiedenis, Geografie, Bevolking Russiese Federasie
Federale distrik Wolga
Ekonomiese streek Wolga-Wjatka
Stigting 4 November 1920
Regering
Hoofstad Josjkar-Ola
Leier Leonid Markelof
Amp President
Wetgewer Staatsraad
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 696 459
Volgorde 56ste
Digtheid 30/km2
Stedelik 63,1%
Plattelands 36,9%
Statistiek
Oppervlakte 23 200 km2
Volgorde 72ste
Tydsone UTC+04:00
Registrasienommer 12
Amptelike tale Russies, Mari
Webtuiste http://gov.mari.ru/
Wapen en vlag
Mari El: Geskiedenis, Geografie, Bevolking

Mari El: Geskiedenis, Geografie, Bevolking
Portaal  Portaalicoon   Rusland
Mari El: Geskiedenis, Geografie, Bevolking

Geskiedenis

Die outonome oblast Mari ontstaan op 4 November 1920 en word op 5 Desember 1936 herorganiseer in die Mari-OSSR. Die outonome republiek Mari El in sy huidige vorm ontstaan op 22 Desember 1990.

Geografie

Mari El is in die oostelike deel van die Oos-Europese Vlakte, langs die Wolga, geleë. Die moerasagtige Mari-laagvlakte lê in die weste van die republiek. 57% van die republiek is bedek met bosse. Die hoogste punt is 278 meter.

Daar is 476 rivere en meer as 200 mere in Mari El. Die meeste is maar klein en gewoonlik bevrore van die helfte van November tot die helfte van April. Groot, bevaarbare riviere is die Wetloega in die uiterste weste en die Wolga langs die suidgrens.

Die republiek grens in die noorde aan die oblast Nizjni Nowgorod, in die ooste aan die oblast Kirof, in die suide aan Tartarië en in die weste aan Tsjoewasjië.

Klimaat

Mari El het ’n gematigde landklimaat. Die winters is gematig koud met sneeu. Die somers is warm en dikwels vogtig (reën).

  • Gemiddelde temperatuur Januarie: −13 °C
  • Gemiddelde temperatuur Julie: +19 °C
  • Gemiddelde jaarlikse neerslag: 450-500 mm

Bevolking

Die belangrikste bevolkingsgroepe is Mari's en Russe. Die Mari's praat ’n Finoegriese taal. Die standaardtaal is die oostelike variant, die Weide-Mari (марий йылме). Die westelike Berg-Mari (мары йлмы) het minder sprekers en word as ’n variant beskou.

Die Mari's het voor die Russiese Rewolusie van 1917 geen toegewese gebied gehad nie. Nou woon net 48,3% van die volk in Mari El. Die meeste woon in ander dele van Rusland; 4,1% woon buite Rusland. Russe vorm 47,5% van die bevolking, gevolg deur die Mari's (42,9%) en Tartare (6%).

Politiek

Die hoof van die regering is die president. In 2004 was Leonid Igorewitsj Markelof die president. Hy is verkies in Januarie 2001.

Ekonomie

Die republiek het feitlik geen grondstowwe wat van nywerheidsbelang is nie. Ander natuurlike bronne is: turf, bronwater en kalksteen.

Die mees ontwikkelde nywerhede is masjienbou, metaal- en houtbewerking en voedsel. Die meeste ondernemings is in die hoofstad, Josjkar-Ola.

Verwysings

  • Mari El. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.

Tags:

Mari El GeskiedenisMari El GeografieMari El BevolkingMari El PolitiekMari El EkonomieMari El VerwysingsMari ElRuslandRussies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LeeuWelwitschiaWaterkringloopSteenkoolHartversakingAtoomFamilie (verwantskap)HefboomKonjunktivitisFiksieWaterbesoedelingVulkaanAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeMateriaalEkonomiese sektorKlinkerLoftus MaraisDemokrasieJohannes MeintjesCleopatra VIIKoperVaste stofMikro-ekonomieKaapstadMiddelmisbruikWisselkoersGroepsdrukSeksKoorsblaarRacheltjie de BeerWatersuiweringBeaufortskaalPersoonlike voornaamwoordKunselementeTafelbergTatoeëermerkDemokratiese Republiek die KongoSwaweldioksiedDomineePubiese hareGedigBeleggingLys van Suider-Afrikaanse soogdiereMark (ekonomie)BoelieryPampoentjiesChemiese verbindingLys van nedersettings in Suid-AfrikaRussiese inval in Oekraïne sedert 2022BreinkaartEmfiseemMenslike seksuele gedragJudaïsmeVars waterTelkomGewasboerdery in Suid-AfrikaMeeueKindermishandelingKinderregteJak de PriesterMona LisaLionel PetersonJaco JacobsAfrikanerweerstandsbewegingDesimale breukeVigsArmoedeverligtingKasteel die Goeie HoopSwangerskapMorfologie (taalkunde)Vlekvrye staalMIV/vigs in Suid-AfrikaElon MuskRobbeneilandNatuurrampLys van Afrikaanse rolprenteSublimasieNasionale Party🡆 More