Altai-Krai: Federale deelgebied van Rusland

Altai-krai (Russies: Алта́йский край, Altaiski krai) is ’n deelgebied van Rusland.

Dit lê in die Siberiese Federale Distrik en die hoofstad is Barnaoel. Die krai grens aan Kazachstan, Nowosibirsk-oblast, Kemerowo-oblast en die Republiek van Altai.

Altai-krai
Алтайский край
Die ligging van Altai-krai in Rusland.
Die ligging van Altai-krai in Rusland.
Politieke status
Land Altai-Krai: Geskiedenis, Geografie, Ekonomie Russiese Federasie
Federale distrik Siberië
Ekonomiese streek Wes-Siberië
Stigting 28 September 1937
Regering
Hoofstad Barnaoel
Leier Aleksander Karlin
Amp Goewerneur
Wetgewer Wetgewende Raad
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 2 419 755
Volgorde 21ste
Digtheid 14,31/km²
Stedelik 54,7%
Plattelands 45,3%
Statistiek
Oppervlakte 169 100 km²
Volgorde 22ste
Tydsone UTC+07:00
Registrasienommer 22
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://www.altairegion22.ru/
Wapen en vlag
Altai-Krai: Geskiedenis, Geografie, Ekonomie
Altai-Krai: Geskiedenis, Geografie, Ekonomie
Portaal  Portaalicoon   Rusland

Geskiedenis

Beenstukke van die Denisova-hominien is in die Denisova-grot in Altai-krai ontdek.

Die gebied was deel van ’n groot kruispad in die antieke wêreld. Verskeie nomadiese stamme het tydens tydperke van migrasie deur die gebied getrek en tekens is op argeologiese terreine gevind dat antieke mense hier gewoon het. Die Altaivolk is ’n Turkse volk wat aanvanklik nomadies was en tot die 2de millennium v.C. terugstrek, en waarvan sommige lede hier kom woon het.

Die gebied is beheer deur die Xiongnu-ryk (209 v.C. - 93 n.C.), Rouran-khaganaat (330-555), Mongoolse Ryk (1206-1368), Goue Horde, Noord-Yuan (1368-1691) en Zunghar-khanaat (1634-1758).

Ná die Russiese Rewolusie en die opkoms van die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek het die beleid van oorlogskommunisme ook in die Altai-krai gegeld en die inkomste van baie boere geraak. In reaksie hierop het die Sorokino-rebellie in 1921 uitgebreek; dit is gou deur die Rooi Leër onderdruk. Baie plaaslike inwoners wat aan die rebellie deelgeneem het, is later verhoor en hulle is óf gevonnis tot dwangarbeid óf die doodstraf opgelê.

In die tydperk tussen die twee wêreldoorloë het die Sowjetunie die vee en landboubedrywighede van die Altai gekolletiviseer; dit het tot teenstand gelei en ’n deel van die volk het met hulle kuddes na China en Mongolië getrek.

In Junie 1942 was die Altai-krai een van die gebiede waarheen die gesinne gestuur is van mans wat uit Oos-Europa verban en in strafkampe beland het – veral "buitelanders" en "ander etniese groepe" soos uit Litaue en Letland.

Geografie

Altai-Krai: Geskiedenis, Geografie, Ekonomie 
Duiwelsberg in Altai-krai.
Altai-Krai: Geskiedenis, Geografie, Ekonomie 
Die Koeloenda-steppe. Die skerp punte wat van wes na oos loop, is sagte voue in die oppervlak van die rotse; hulle lê effens laer as die omringende, ligter landbougrond. Die donker dele is naaldwoude met soutryke mere. Barnaoel is regs in die middel, aan die Obrivier.

Altai-krai bestaan uit heuwels, graslande, mere, riviere en berge. Die winters is lank en koud en die somers warm en gewoonlik droog. Die grootste rivier is die Ob en die grootste mere die Koeloendinskoje, Koetsjoekskoje en Michailofskoje.

Altai-krai het ryk natuurlike hulpbronne, insluitende hout, sowel as aansienlike minerale bronne. Dit sluit in lood, mangaan, wolfram, molibdeen, goud en ysterserts. Woude bedek sowat 60 000 km2 van die gebied.

Hierdie streek van Siberië is uiters belangrik vanweë sy biodiversiteit; ’n gebied van meer as 16 000 km2 word deur Unesco as ’n wêrelderfenisgebied erken. Verskeie seldsame diere kom hier voor, onder meer die bedreigde sneeuluiperd.

Ekonomie

Die krai het groot hoeveelhede ru materiaal, veral boumateriaal, en aansienlike mineraalneerslae soos lood- en ystererts, wolfram, molibdeen en goud. Woude beslaan sowat 60 000 km² van die grondgebied.

Altai-krai is een van Rusland se belangrikste landboustreke. Landerye beslaan sowat 110 000 km² van die streek. Lentekoring, bokwiet, mannakoring, ertjies, gort, hawermout, aartappels en ander groente word verbou. Dis die enigste streek in Siberië waar sonneblomme, sojabone en sekere soorte vrugte groei.

Veeteelt is hoofsaaklik vir die vervaardiging van melk, vleis, kaas en eiers. Dis ook ’n belangrike streek vir skaapboerdery en wolproduksie.

Demografie

Volgens die 2002-sensus maak Russe 92% van die bevolking uit, Duitsers 3% en Oekraïners 2%. Daar is ook ander groepe wat minder as 1% elk uitmaak, soos Kasakke, Tartare, Wit-Russe en Armeniërs.

Stede en dorpe

Verwysings

Skakels

  • Altai-Krai: Geskiedenis, Geografie, Ekonomie  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Altai-Krai GeskiedenisAltai-Krai GeografieAltai-Krai EkonomieAltai-Krai DemografieAltai-Krai VerwysingsAltai-Krai SkakelsAltai-KraiAltaiBarnaoelDeelgebiede van RuslandKazachstanKemerowo-oblastKraiNowosibirsk-oblastRuslandRussiesSiberiese Federale Distrik

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VryheidsdagDagboekSelfieVulkanismeAkkedisMaanKunselementeHipoteseLys van Joodse feeste en herdenkingsMensOnderwysMonopolyGroot-VisrivierHeuningbyLys van Kaapstad se voorstedeNiersteenShakaAgtervoegselIntensiewe vormDonkieMaatskaplike verantwoordelikheidRivierDigtheidMarsHector PietersonSuider-AfrikaSeksuele opwekkingDroomAdolf HitlerSeksismeLongKleurJohan VorsterIngrid JonkerHartaanvalEierstokTransatlantiese slawehandelAntieke EgipteKapitaal (ekonomie)BynierRookgewoonteDesimale breukeLys van Suider-Afrikaanse soogdiereDie Stem van Suid-AfrikaHernubare energieOnbemande vliegtuigSeksuele stimulasieTuberkuloseVlieënde HollanderThys die BosveldklongAngolaHoofkarakterMaatskappyDigitale en analogiese tydLeestekenSwawelRekeningkundeDemokrasieFluoorDarwinismeOmtrek, oppervlakte en volumeMond24 AprilGeografie van Suid-AfrikaRenteLys van bekende Suid-AfrikanersKriekCorioliskragLewerKolorektale kankerMusieksimboleBorsteSkildklier🡆 More