Doodstraf

Die term doodstraf verwys na die wettige teregstelling van 'n mens as die swaarste straf vir 'n misdaad.

Verskeie lande, soos die Verenigde State van Amerika, pas nog die doodstraf toe. Die meeste lande het egter die doodstraf afgeskaf of vir jare geen teregstellings uitgevoer nie. Vir duisende jare is teregstellings as die straf vir die swaarste misdade toegepas. Met die begin van die humanisme in Europa word die doodstraf vir die eerste keer krities gesien. Tot vandag is die status daarvan in terme van menseregte nog nie uitgeklaar nie. Die eerste land wat die doodstraf afgeskaf het, was die Groothertogdom Toskana in 1786.

Doodstraf

   Handhaaf die doodstraf in beide die wet en praktyk (53 lande)

   In die praktyk afgeskaf (geen teregstellings in meer as tien jaar en onder 'n moratorium nie, 24 lande)

   In die wet afgeskaf, behalwe onder buitengewone omstandighede soos tydens oorlog (sewe lande)

   Volledig afgeskaf (111 lande)

Geskiedenis

Doodstraf 
Uitvoering deur ophang in 'n galg (1946).

Die doodstraf bestaan al vir duisende jare. Historiese bronne dui aan dat hierdie soort straf reeds deel van die regstelsel was in die tyd toe mense nog in stamme gewoon het. Oor die algemeen kon 'n misdaad in daardie tyd gestraf word deur die oortreder die slagoffer te laat vergoed, lyfstraf, verbanning of teregstelling. Dit is egter redelik waarskynlik dat omdat gemeenskappe destyds baie klein was, daar min misdade binne die gemeenskap gepleeg is en daar ook 'n groot mate van onwilligheid was om 'n lid van die gemeenskap te verban of dood te maak. Dit was egter nie van toepassing op misdade wat deur mense buite hul eie gemeenskap gepleeg is nie. Selfs relatief geringe misdade, soos diefstal deur iemand van buite hul eie gemeenskap, is as 'n aanval op die hele gemeenskap beskou en is soms swaar gestraf. Misdade wat deur iemand van 'n naburige stam gepleeg is, kon lei tot vetes wat vir geslagte geduur het, maar is ook dikwels met amptelike verskonings en vergoeding hanteer. Hierdie vergoeding kon wesenlik wees (bv. betaal vir die skade met vee of slawe), die uitruil van bruide of bruidegoms, maar daar kon ook besluit word dat terugbetalings met bloed gedoen moes word. Soms is dierebloed aanvaar, wat mensebloed kon vervang, maar soms is iemand uit die oortreder se stam ook vir teregstelling aangebied. Dit hoef nie noodwendig die oortreder self te gewees het nie: die konflik was tussen twee gemeenskappe en nie tussen individue nie.

Later het stamme geleidelik in nasies verenig. Deur nabygeleë lande en stamme te verower, het bevolkings ook vermeng. ’n Hoërklas het ontwikkel op grond van godsdiens, rykdom of mag en minder op grond van die stam waaruit ’n persoon oorspronklik gekom het. Dit het gelei tot 'n toenemende behoefte om 'n eenvormige regstelsel in te stel, waarin verhoudinge tussen sosiale klasse formeel gevestig is.

Een van die oudste en bekendste regstelsels is die Kode van Hammurabi. Strawwe is in hierdie kode ingesluit vir verskeie misdade, waarvan die erns van die sosiale klas van die oortreder en dié van die slagoffer afgehang het. Die Kode van Hammurabi het die doodstraf ingesluit vir die vals beskuldiging van iemand van moord, owerspel en die verkragting van 'n maagd.

Die Joodse Torah (wat glo van ongeveer 750 v.C. dateer) het voorsiening gemaak vir die doodstraf vir moord, ontvoering, toorkuns, sabbatsverbreking, godslastering en 'n wye verskeidenheid seksmisdade. Vandag word geglo dat teregstellings in Israel en Juda skaars was omdat die bewyslas moeilik was.

In Antieke Griekeland is die eerste wet omstreeks 621 v.C. deur Draco geskryf. Die doodstraf is vir 'n groot aantal misdade gebruik en die uitdrukking drakoniese maatreëls kom hieruit.

In Europa gedurende die Middeleeue en daarna was die doodstraf 'n algemene straf vir 'n wye verskeidenheid misdade. Byvoorbeeld was in Brittanje in die 18de eeu nie minder as 222 misdade met die dood strafbaar nie, insluitend die ongemagtigde afkap van 'n boom of die steel van 'n dier. Gedurende hierdie tydperk is die doodstraf dikwels in ballingskap na een van die nuwe kolonies verander.

Liechtenstein was die eerste land ter wêreld wat die doodstraf in 1798 afgeskaf het. 'n Toenemende aantal lande het sedertdien die doodstraf heeltemal afgeskaf of nie meer toegepas nie. Die afskaffing van die doodstraf is een van die voorwaardes verbonde aan lidmaatskap van die Europese Unie.

State sonder doodstraf

Hierdie 111 lande en gebiede het die doodstraf afgeskaf (siviel/militêr):

Doodstraf  Albanië 2007
Doodstraf  Argentinië 2009
Doodstraf  Andorra 1990
Doodstraf  Angola 1992
Doodstraf  Armenië 2003
Doodstraf  Australië 1985
Doodstraf  Azerbeidjan 1998
Doodstraf  België 1996
Doodstraf  Benin 2016
Doodstraf  Bhoetan 2004
Doodstraf  Bolivië 2009
Doodstraf  Bosnië en Herzegowina 2019
Doodstraf  Bulgarye 1998
Doodstraf  Burundi 2009
Doodstraf  Colombia 1910
Doodstraf  Costa Rica 1877
Doodstraf  Denemarke 1978
Doodstraf  Djiboeti 1995
Doodstraf  Dominikaanse Republiek 1966
Doodstraf  Duitsland 1949 (Wes) 1987 (Oos)
Doodstraf  Ecuador 1906
Doodstraf  Ekwatoriaal-Guinee 2022
Doodstraf  Estland 1998
Doodstraf  Fidji 2015
Doodstraf  Filippyne 2006
Doodstraf  Finland 1972
Doodstraf  Frankryk 1981
Doodstraf  Gaboen 2010
Doodstraf  Georgië 2006
Doodstraf  Griekeland 2004
Doodstraf  Guinee 2017
Doodstraf  Guinee-Bissau 1993
Doodstraf  Haïti 1987
Doodstraf  Honduras 1956
Doodstraf  Republiek Ierland 1990
Doodstraf  Italië 1948/1994
Doodstraf  Ivoorkus 2000
Doodstraf  Kaap Verde 1981
Doodstraf  Kambodja 1989
Doodstraf  Kanada 1976/1998
Doodstraf  Kasakstan 2021
Doodstraf  Kirgisië 2007
Doodstraf  Kiribati 1979
Doodstraf  Kongo 2015
Doodstraf  Kroasië 1990
Doodstraf  Letland 2012
Doodstraf  Liberië 2005
Doodstraf  Liechtenstein 1987
Doodstraf  Litaue 1998
Doodstraf  Luxemburg 1979
Doodstraf  Madagaskar 2014
Doodstraf  Malta 2000
Doodstraf  Marshalleilande 1986
Doodstraf  Mauritius 1995
Doodstraf  Meksiko 2005
Doodstraf  Gefedereerde State van Mikronesië 1986
Doodstraf  Moldowa 2005
Doodstraf  Monaco 1962
Doodstraf  Mongolië 2012
Doodstraf  Montenegro 1995
Doodstraf  Mosambiek 1990
Doodstraf  Namibië 1990
Doodstraf  Nauru 2016
Doodstraf  Nederland 1982
Doodstraf  Nepal 1997
Doodstraf  Nicaragua 1979
Doodstraf  Nieu-Seeland 1989
Doodstraf  Niue 2004
Doodstraf  Noord-Masedonië 1991
Doodstraf  Noorweë 1979
Doodstraf  Oekraïne 2000
Doodstraf  Oesbekistan 2008
Doodstraf  Oostenryk 1950/1968
Doodstraf  Oos-Timor 1999
Doodstraf  Palau 1994
Doodstraf  Panama 1903
Doodstraf  Papoea-Nieu-Guinee 2022
Doodstraf  Paraguay 1992
Doodstraf  Pole 1997
Doodstraf  Portugal 1976 (1867)
Doodstraf  Roemenië 1990
Doodstraf  Rwanda 2007
Doodstraf  Salomonseilande 1978
Doodstraf  Samoa 2004
Doodstraf  San Marino 1865
Doodstraf  São Tomé en Príncipe 1990
Doodstraf  Senegal 2004
Doodstraf  Sentraal-Afrikaanse Republiek 2022
Doodstraf  Serwië 1995
Doodstraf  Seychelle 1993
Doodstraf  Sierra Leone 2021
Doodstraf  Siprus 2002
Doodstraf  Slowakye 1990
Doodstraf  Slowenië 1989
Doodstraf  Spanje 1995
Doodstraf  Suid-Afrika 1997
Doodstraf  Suriname 2015
Doodstraf  Swede 1972
Doodstraf  Switserland 1942/1992
Doodstraf  Togo 2009
Doodstraf  Tsjad 2020
Doodstraf  Tsjeggië 1990
Doodstraf  Turkmenistan 1999
Doodstraf  Turkye 2006
Doodstraf  Tuvalu 1978
Doodstraf  Uruguay 1907
Doodstraf  Vanuatu 1980
Doodstraf  Vatikaanstad 1969
Doodstraf  Venezuela 1863
Doodstraf  Verenigde Koninkryk 1969
Doodstraf  Ysland 1944
Doodstraf  Zambië 2022

In hierdie sewe lande is die doodstraf in die siviele reg afgeskaf (maar die doodstraf bestaan in die militêre reg):

Doodstraf  Brasilië 1979 (1891)
Doodstraf  Burkina Faso 2018
Doodstraf  Chili 2001
Doodstraf  Cookeilande n.v.t.
Doodstraf  El Salvador 1983
Doodstraf  Guatemala 2017
Doodstraf  Israel 1954
Doodstraf  Peru 1979

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Doodstraf GeskiedenisDoodstraf State sonder doodstrafDoodstraf VerwysingsDoodstraf Eksterne skakelsDoodstrafHumanismeLandMenseregteMisdaadVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KimberleyJodeWaatlemoenHemelvaartsdagBoomslangVigsWesterse filosofieKappie (skryfteken)Leah van NiekerkProteïenKindermishandelingRooikatVingerseksEkologieRassismeWêreldwye webSan Andreas-breukEkotoerismeSiya KolisiLys van politieke partye in Suid-AfrikaChristendomResensieMosambiekkanaalDikdermAarverkalkingPussy RiotRugbyMiltUKhahlamba-DrakensbergparkKasterolieCorioliskragLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierKoorsblaarVoorvoegselHigiëneWet op BevolkingsregistrasieRekeningkundeAlliterasieSeevlakstygingTelwoordSneeuAnglo-BoereoorlogTermiese geleidingsvermoëEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaAnglisismeDirekte en Indirekte redeVarkIngenieursweseGlobaliseringBesoedelingWerkersdagWinnie Madikizela-MandelaNierversakingNicole StraussWright-broersKolitisPornografieJacques LootsGriekwa-AfrikaansHartseerMobutu Sese SekoAnneli van RooyenMadison IvyTydsoneGordelroosGalileo GalileiDemokrasieBelastingMorfologie (taalkunde)MantisWolf🡆 More