Kemerowo-Oblast: Federale deelgebied van Rusland

Kemerowo-oblast (Russies: Ке́меровская о́бласть, Kemerofskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland.

Dit lê in die Siberiese Federale Distrik en die hoofstad is Kemerowo.

Kemerowo-oblast
Кемеровская область
Die ligging van Kemerowo-oblast in Rusland.
Die ligging van Kemerowo-oblast in Rusland.
Politieke status
Land Kemerowo-Oblast: Geskiedenis, Klimaat, Kleinplaneet Russiese Federasie
Federale distrik Siberiese
Ekonomiese streek Wes-Siberiese
Stigting 26 Januarie 1943
Regering
Hoofstad Kemerowo
Leier Aman Toelejef
Amp Goewerneur
Wetgewer Raad van Volksafgevaardigdes
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 2 763 135
Volgorde 15de
Digtheid 28,93/km2
Stedelik 85,4%
Plattelands 14,6%
Statistiek
Oppervlakte 95 500 km2
Volgorde 34ste
Tydsone UTC+07:00
Registrasienommer 42
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://www.ako.ru/
Wapen en vlag
Kemerowo-Oblast: Geskiedenis, Klimaat, Kleinplaneet

Kemerowo-Oblast: Geskiedenis, Klimaat, Kleinplaneet
Portaal  Portaalicoon   Rusland

Die oblast, wat ’n gebied van 95 500 km2 beslaan, grens aan Tomsk-oblast in die noorde, Krasnojarsk-krai en Chakassië in die ooste, die Republiek Altai in die suide en Nowosibirsk-oblast en Altai-krai in die weste. Hoewel Kemerowo die hoofstad is, is Nowokoeznetsk die oblast se grootste stad. Kemerowo-oblast is een van Rusland se mees verstedelikte streke, met meer as 70% van die bevolking wat in sy nege grootste stede woon. Die bewoners is hoofsaaklik Russies, maar Oekraïners, Tatare en Tsjoewasjiërs kom ook voor.

Geskiedenis

Die oblast is op 26 Januarie 1943 gestig, maar is lank voor dit bewoon. Die oudste stad in die streek is Nowokoeznetsk, wat in 1618 gestig is, kort nadat die Kosak-ataman Jermak in Siberië aangeland het.

Die gebied wat die moderne Kemerowo-oblast beslaan, is verskeie duisende jare lank bewoon. In 1618 is die Koeznetsk-fort in die suide van die streek opgerig om dit teen Russiese en Mongoolse invalle te beskerm.

Sowjet-tydperk

Ná die Oktober-rewolusie het die streek deel van die Wes-Siberiese Krai geword, en daarna van die Nowosibirsk-oblast. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die streek ’n groot verskaffer van steenkool en metaal geword.

Op 26 Januarie 1943 is die Kemerowo-oblast gestig met Kemerowo as hoofstad. Dit het 17,5% van die Nowosibirsk-oblast ingesluit.

Klimaat

Die klimaat van die oblast is kontinentaal: die winters is lank en koud en die somers kort en warm. Die gemiddelde temperatuur in Januarie is -17 tot -20 ºC, en in Julie 17 tot 18 ºC.

Die gemiddelde jaarlikse reënval wissel tussen 300 mm op die vlaktes en voetheuwels tot 1 000 mm of meer in berggebiede.

Kleinplaneet

’n Kleinplaneet, 2140 Kemerovo, wat in 1970 deur die Sowjet-sterrekundige Tamara Smirnowa ontdek is, is na die Kemerowo-oblast genoem.

Etniese samestelling

Die etniese samestelling is:

Verwysings

87°14′O / 54.933°N 87.233°O / 54.933; 87.233

Tags:

Kemerowo-Oblast GeskiedenisKemerowo-Oblast KlimaatKemerowo-Oblast KleinplaneetKemerowo-Oblast Etniese samestellingKemerowo-Oblast VerwysingsKemerowo-OblastDeelgebiede van RuslandKemerowoRuslandRussiesSiberiese Federale Distrik

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ToerismeCradock-4Klimaatsverandering in AfrikaMeningsverskil oor aardverwarmingMonopolyAborsieSteve HofmeyrAntisemitismeHipoteseDrinkwatervoorsieningSwemSinoniemWiskundeStam (taalkunde)GeslagsgelykheidOmtrek, oppervlakte en volumeDachshundArabiesLionel MessiLiefdeBelastingDigvormWetenskapGriepVleilandKultuurLys van kinderspeletjiesJeugdagSeksuele penetrasieMenslike seksuele gedragMagnetismeNiemetaalMickey MuisTienie HollowayHemelvaartPretoriaDuitslandRooibloedselBuffelBraaiVolstruisElana AfrikaKalsiumStedelike hitte-eilandEuropaJohan VorsterKlereHeupHector PietersonRugbyGraaff-ReinetKernoorlogDieremishandelingSebraFotosinteseOseanografieKasteel die Goeie HoopKlimaatveranderingSeksueel oordraagbare infeksieVoortrekkersRenaissanceBywoordKarooNamibiëSias ReineckeAfvalbestuurJan van RiebeeckLimpopo (rivier)FrankrykWetenskaplike klassifikasieSlag van Cuito CuanavaleTransatlantiese slawehandelGrootste rampe in Suid-AfrikaSuikersiekte🡆 More