Bergville is 'n dorp in die weste van KwaZulu-Natal, in Suid-Afrika.
Die dorp lê op die R74 hoofpad net onder die Drakensberge tussen die Woodstock- en Spioenkopdamme. Die Tugelarivier vloei ook langs Bergville verby. Die Oliviershoekpas is naby die dorp.
Bergville | |
---|---|
Blokhuis uit die Tweede Vryheidsoorlog in Bergville | |
Koördinate: 28°44′S 29°22′O / 28.733°S 29.367°O 29°22′O / 28.733°S 29.367°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | uThukela |
Munisipaliteit | Okhahlamba |
Stigting | 1897 |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,74 km2 (1,06 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 1 173 |
• Digtheid | 428/km2 (1 110/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 20.0% |
• Indiërs/Asiërs | 14.6% |
• Bruin mense | 1.3% |
• Swart mense | 60.4% |
• Ander | 3.8% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 39.4% |
• Engels | 26.1% |
• Afrikaans | 16.0% |
• Gebaretaal | 3.7% |
• Ander | 14.8% |
Poskode (strate) | 3350 |
Skakelkode | 036 |
Piet Retief het die eerste keer die Oliviershoekpasroete gebruik toe hy oor die Drakensberg getrek het. Die eerste setlaars was die Berlynse Sendinggenootskap wat 'n sendingstasie in 1847 by Emmaus gestig het. Die dorp is in 1897 uitgelê op die plaas Kleine Waterval wat aan 'n afgetrede skeepskaptein, ene Wales behoort het. Die naam Bergville is eers in 1903 toegeken. 'n Takspoorlyn het die dorp vanaf Estcourt in 1914 bereik.
Die distrik is 2 600 km² groot. Vee en suiwelprodukte is van die belangrikste ekonomiese aktiwiteite wat beoefen word. Daar is ook baie forelle om te hengel in die riviere van die omgewing.
Daar is 'n historiese blokhuis, die enigste in KwaZulu-Natal wat behoue gebly het. Dit is nou 'n nasionale museum. Die dorp bied toegang tot verskeie oorde in die omgewing, en daar is ook 'n natuurreservaat van 4 400 ha by die Spioenkopdam.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bergville, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.